Sjampoe beteken nie dieselfde vir almal nie. Party ouens was sommer hulle bleskoppe met standard issue blouseep terwyl metro-males en girls oor die algemeen bietjie meer selective is. Dis sjampoe en conditioner en hot (air) treatment en buisies en pipette en fok weet wat nog.
Generally is sjampoe maar fokken weird. Die woord is so simpel om te spel met daai kak “sj” kombinasie soos party mense aandring om Sjina en goed te spel. Whatever dudes. Sjattap.
Miskien moet mens na die Engelse woord gaan kyk – shampoo. Die eerste deel van die woord is “sham” wat verwys na iets wat counterfeit of fake is. Die tweede deel is “poo” wat of na ‘n dom beer of na die bruin beer verwys. Losweg vertaal beteken “shampoo” dus fake kak. Nice.
Natuurlik het elke ou ook sy eie brand waaraan hy (of sy) true is. Meisies met lang blonde hare wat laaik van wit rokke en perde kies gewoonlik Timotei. Cowboys wat hulle hare in die stroom was like Head & Shoulders en so aan. Jy kry die idee…
Net so is elke sjampoe ook kamtig anders. Meeste van hulle dink een of ander tegniesklinkende naam uit en kry ‘n 3D designer om sulke molekules en deursnitte van haarfollikels te design en wys dan hoe jou hare basically uitmekaarval (elke dag!) en hulle sjampoe dit dan soos Superglue weer aanmekaar vasplak. Dankie sjampoe. Jy is my vriend.
Soos Pantene met hulle Pro-V complex en Revlon met hulle bio-ingredients. Aspris so vaag en opgemaak dat g’n mens weet waaroor hulle praat nie. “Pro-watdefokstaanhier? O, daar’s die 3D prentjie van die molekules en goed. Dit moet werk.”
Anders ouens kap ‘n ander route. Hulle neuk allerande natuurlike goeters in die sjampoe. Soos komkommer en jojoba en chamomile en heuning en melk en eiers. Imagine al daai kak op jou kop. Lekker fokken taai gemors. Jy kan net sowel manbotter op jou scalp smeer.
(Dis nie eintlik hoe dit werk nie. Dis nie regte melk of whatever wat daarin gaan nie. Hulle maak chemiese abstrakte wat soos melk lyk (deur hulle dik mikroskope) en dan’s dit melk-flavour. En dan gooi hulle daai hidroksie-pirouette-ingelyf gemors in die sjampoe.)
My favourite though is Body on Tap. Niks kos of lekkerruikgoed nie.Fokkol. Sommer fokken bier pappie. Straight. Goed genoeg vir jou keel is goed genoeg vir jou kop. Ek skiem bikers en metalheads en studente maak uit van Body on Tap: “Was jou hare die oggend na die tyd vir daai vorige aand se club reuk. Nou met meer Black Label. Once.”
Fokken weird. En ons almal val vir dit. Asof ons panties om ons enkels is. Die hele sales pitch wat op standerd drie level biologie die haar se lewensiklus verduidelik en al die opgemaakte pro-dit, anti-dit, super-dit en fokken great-dit. Ape. Dis wat ons is. En was. En weer sal wees. Groot fokken ape. Nou met minder hare.
Swing bietjie daai bottel sjampoe (of conditioner) om. Scroll verby al die kak oor dat hierdie outjie die beste werk saam met sy equally expensive boetie. Dis loutere kak, die laaste letter daarvan. Dan kom jy by ingredients. Nou volgens wet moet manufacturers als lys wat in produkte ingaan, met die ene wat die meeste volume het eerste. Wat staan daar?
Aqua.
Aqua? Ja pellie. Water. Wat jy daar in jou hand het is tap water met bietjie seep in. Jy was maw jou hare in water en apply dan nog bietjie water. Net om seker te wees, jy weet. Blind. En dan conditioner. Nog water. Amazing.
Tog is daar ‘n verskil. Met ‘n goedkoper produk sal jou hare skoon wees na die intense waterbehandeling (of anyway skoner as toe jy begin het). Maar jou mop gaan nie noodwendig sag wees nie. O nee. Of minder olierig nie. Hier dink ek aan daai afgryslike groen bottels Colgate appelsjampoe of daai Buy in Bulk No-Name No-Questions-Asked jumbo kanne. On par met paint stripper, party van daai goed.
‘n Meer expensive outjie het bietjie Sta-soft by sodat jy jou hare bietjie smooth en goed kan kry. Dit het egter nie regtig sulke oranje 3D balletjies of atome in wat om jou haarskagte draai en hulle vriende roep met sonar om die oneweredighede toe te smeer nie. Geensins nie. Enige iemand wat dit vir jou vertel praat kak. En sommer baie daarvan. Punt.
Watkykjy staan op 3,123,954 post views in totaal sedert 1 November, 2019.