(deur meisie)
Die United Kingdom is ‘n klein eiland, noord van Afrika en so effe skuins links van die res van Europa. Die effe links maak op vir die aweregses onder die Engelse. Wag, ek stop eeder hier voor ons op ‘n tangent afgly, heeltemal koers verloor en dink dit gaan actually oor lelike uniforms en almal weer begin baklei. Tut tut tut. Die klein eiland right. (Or left? It’s like this right, you go left at the traffic lights, right, then right at the first right and Bob’s your uncle, innit?) Ek sal julle nie verder deurmekaar praat nie, maar glo my dit is baie meer entertaining as die “Budget Rationalisation Document” wat ek moet aanmekaar slaan. Vet fokken pret.
Anyway, terug op die klein eiland. So Suid-Afrika is 1,219,912 kubieke kilometers en die UK is ‘n pathetic 244,820 kubieke kilometers. Ek weet, want MapQuest sê so. Die populasie in Suid-Afrika is ‘n skamele 46,9 miljoen en die UK brag met 60,1 miljoen mense. en minste het Suid-Afrika plek vir al die mense, maar waar wil hulle nog sewe miljoen mense hier in die UK indruk voor 2050? Die klimaat in Suid-Afrika is befok en die UK kak weer met kak weer. Alhoewel, dit is nie so erg nie, want die somer maande hier is nogals lekker. Granted nie so cool soos ‘n ses maande somer en mild winters nie, maar moenie dat iemand jou vertel dit is altyd kak nie.
Maar dit is een van die punte waar ek wil uit kom: Die weer en die weersvoorspellings en patrone. Want wie sou nou kon gedink het dat ‘n land wat 20 keer in SA kan inpas so baie verskillende weerspatrone kan hê? Die weertannies staan voor die kamera, smile en ek sweer se elke liewe dag “It will mostly rain in the North, but the rest of the UK will experience a heatwave with some exceptionally hot temperatures in the South Eastern parts of Kent.” Wel, defintief die eerste deel, met so ‘n swift opwaartse beweging van die arm as hulle na The North verwys. Daar is ‘n kakhuis van bands wat in The North gevorm word omdat dit die heeltyd reën en daar nie veel anders is om te doen as bands begin en mekaar bliksem nie…
Ek het so paar teorieë oor hierdie vreemde The North verskynsel, een van die reken dat die weertannies amper net so goed getrain is soos die Trust Bank tannies destyds (vir die van julle wat nie weet nie, Trust Bank het net mooi tannies employ om seker te maak dat die manlike klandisie sal verkies om daar te bank – needless to say was hulle nie altyd die brightste nie en dit het nie so lekker gewerk nie.). ‘n Ander teorie het te doen met die feit dat dit bewys is dat mense in The North baie meer rook as The South en hulle miskien hulle eie klimaat geskep het.
En die weer is net een van die talle verskynsels wat die North-South divide aanmoedig. Want enige iets bo Watford Gap services wat net 90myl uit London uit is, word gesien as The North. Al die counties (provinsies/streke in UK) in die Noord word steeds na verwys soos die lae klas burgers in die 1800’s, jy weet die godvresende mense wat glo in hekse en shit. Hulle word verder gepatronise met allerrande verwysings, soos ‘n “professionele Yorkshireman”. Asof dit ‘n vreemde verskynsel is dat iemand van Yorkshire enige iets anders doen as boer or skaapskeer! Die aksent van enige iemand buite London word beskryf as “broad” en “flat”. En almal sukkel om hulle te verstaan. Dit is natuurlik nie eensydig nie. Om in London te bly word uitgespreek as “darhn sarhf” want vir een of ander rede is ‘n verskuilde “r” in elke woord.
Dan is daar natuurlik die verskillende dialekte wat al die mense praat. Almal praat Engels, maar party van hulle verstaan ek en ander nie. Alhoewel dit nie eintlik ‘n dialek is nie, is my favourites die Cockney Rhymes. Dit is wat hulle in Lock, Stock and Two Smoking Barrels gepraat het, so as jy nie altyd lekker by was nie, moenie worry nie – jy was definitief nie die enigste een nie. As jy dit begin verstaan is dit nie net amusant nie, maar jy kry eintlik respect vir die ouens wat dit gooi. (Amper soos Zef Slang)
Dit het sy oorsprong gehad in die 1850’s waar die East London dokke bouers ‘n geheime code spraak gehad het om polisie en spioene te confuse. Die taal maak van een woord twee en die twee rym gewoonlik. Om ‘n voorbeeld uit Lock, Stock te gebruik: “Alan Wicker“ meen eintlik “knickers“. In ‘n sin, “Keep your alan’s on…” Dan beteken “apples and pears” eintlik “stairs” en “dog and Bone” eintlik “phone”.
So kom ons doen ‘n oefening. “Berkely Hunt” word “berk” en “Charlie Hunt” word “Charlie” in ‘n sin, maar wat reken jy beteken dit?
Daar is ook die kos wat die mense eet in die verskillende streke. Hier is mos “chippies” (vis en chips winkels) en “kebab shops” wat tot 3-4 uur in die oggend oopbly om die dronk honger mense te voer. En daar is een op elke hoek en draai. Ek is nou nog nie seker wat presies in ‘n kebab se vleis is nie, maar het al vreeslike horror stories gehoor. Soos dat dit al die afval is wat compressed word en eeu eeu eeu, ek kan nie verder daar aan dink nie, ek gaan kots. Unlucky fried kitten.
Anyway, dit proe nog steeds lekker as jy dronk is. Daar is drie dinge wat jy moet weet as jy kebab eet though. Eerstens, jy gaan jouself fokken erg bemors met die storie. Dit drup orals, val uitmekaar uit en jou gesig gaan bevlek wees met die sous. Tweedens, as jy besluit om dit te hou vir more oggend en jy sit dit in die yskas kan jy verseker wees dat die HELE huis gaan mock sodra jy die volgende oggend die yskas oopmaak. Die stank gaan ook vir ten minste drie dae in die yskas linger. En derdens, die goed laat jou poep. Erg. En dit stink ook. Rrrttt!
Anyway, in Skotland kan jy vir jou ‘n hartaanval koop. Jy kan ‘n battered Mars Bar koop in ‘n “chippie”. Kom ek verduidelik verder. ‘n Battered Mars bar is ‘n Bar One Chocolate in deeg wat in deep fried oil gekook word. Cholesterol over the counter. Dit is fokken siek man, wat is fout met die mense? Maar dan weer, die Skotte eet haggis en ek gaan nie daar aan dink nie, want dit is net so kotswekkend.
Van vis en chips gepraat, jy eet nie gewone ertjies saam met dit nie, o nee. Jy kry mushy peas wat lyk soos groen kots of diaree op jou bord. En om dit meer suf te maak, sprinkel ‘n ordentlike hoeveelheid vinegar daaroor sodat dit so poefbruin raak. Dan is dit reg om te eet. Hulle het geregte wat “toad-in-a-hole”, “jellied eels” en “bubble & squeak” genoem word. En seker die mees gross-ste van gross is verseker black pudding. Die prentjie in my kop is dat jy ‘n dier se roffies eet. Dit is so gross.
Ek het wel so bietjie gedrift, maar ek is seker julle kry nou die prentjie. Die land mag miskien klein wees, maar hier is so baie kulture en stuff en goed. Dit maak vir entertaining living.
I’m going to hit the frog and toad (road) so goodbye all you merchant bankers (wankers)!
Watkykjy staan op 3,102,317 post views in totaal sedert 1 November, 2019.