Moet nou nie opgewonde raak nie. Bly kalm en gaan haal vir jou 'n skryfblok en 'n potlood met 'n rubber in sy steel. Kry ook sommer 'n glas Oros, want jou keel gaan toetrek. Ons praat nie hier van daai snert wat die Afrikanerbeeste so op hol het nie. Dis veel, veel erger en moet baie ernstig opgevat word. Zombies, ou tjom. Die dag as die zombies jou kom haal beter jy fokken reg wees…
Ek kan sien die piepie loop al klaar teen jou been af by jou Grasshoppers in. Moenie komkommer nie – as jy grifF se guidelines volg mag jy en so paar van jou uitverkorene cronies dit dalk net maak. Jy mag nou 'n sluk Oros vat as jy wil. Watch net jou blaas.
Voor jy jouself kan verdedig, moet jy eerstens weet waarmee jy te doen het. Moet nou nie jou ouma en oupa 'n hartaanval gaan staan en gee nie. Ek wil nou nie wilde aksioma's en kak hier uitruk nie, maar onthou daai les in Filosofie 101: Alle zombies is krimpies, maar nie alle krimpies is zombies nie. Teken maar vir jouself 'n Venn-diagram as jy nie kop nie. Punt is, los die krimpies uit.
- Zombies smaak heavy van mensvleis en as hulle jou eers gebyt het is daar kak in Kanaan. Jy join hulle zombie-gang en loop aimlessly deur jou dorpie se strate saam met hulle om kak en verwoesting te saai.
- Die enigste manier hoe zombies gewone mense van zombies onderskei is bloot deur hulle swak sig. So as jy deur 'n zombie betrap word op jou roete terwyl jy Huisgenote aflewer, beter jy soos 'n zombie act anders is zombie-zaber jou voorland.
- Zombies val mekaar gewoonlik nie aan nie, maar daar is al gevalle aangeteken waar zombies mekaar biksem oor kos. In die geval waar twee zombies op jou afkom, is dit raadsaam om hulle met kos te traai bliksem. As jou pel se arm langs jou afgekou is, kan jy hulle met die arm moer. Jou pel sal tien teen een opstaan as 'n zombie en die drie sal mekaar dan begin bliksem vir die versnappering. Hardloop. Hardloop en moenie omkyk nie.
- Negentig persent van zombies kan nie oordentlik praat of sinne vorm nie en hulle kan jou tien teen een ook nie verstaan nie. Amper soos die LO meneer. Moenie traai om hulle te vloek nie, tensy jy dit doen terwyl jy weghardloop van hulle af (vir special effects). Vloekwoorde maak net sensitiewe mense seer, nie zombies nie. Zombie gee nie 'n fok om wat jy van zombie se ma sê nie.
- Al hoe jy 'n zombie in sy moer in kan stuur is deur sy brein faktap te skiet, slaan, skop, impale of toast met 'n flame thrower of jou Katana 1100 se kazospyp (as hy warm genoeg is).
Nou is jy gewapen met genoeg basic kennis om virre rukkie te oorleef, sou 'n swerm zombies jou town vir geen apparent rede aanval. Ons kan dalk net deur so paar regte-lewe gevalle draf en miskien so paar wapens mention wat dalk net jou punk-ass kan red.
Raait! Benoni word aangeval deur 'n eskader Zombies wat uit Benoni Lake aangestrompel kom na die main deel van die town toe. Mense slat panic (en mekaar), vertrap alles en almal voor hulle en dis een groot fokop. Daar gryp een van die zombies 'n spietkop wat 'n kaartjie uitskryf en byt die helfte van sy skouer af. Daar is nou een ekstra zombie. O gods, wat nou? Daar gryp die spietkop die posman van sy bike af en ruk sy hol uit. Rrrrttt! O kak!
Jy en jou pelle moet nou die town red. Fok dit! Jy en jou pelle moet sorg dat julle fokken oorleef! Tyd om wapens te kry. Dis jammer Charlize het nie haar Oscar in Benoni gelos nie. Jy sal 'n zombie nogal oor die kop kon klits met daai outjie. Gelukkig is daar baie zef posbusse in die valley. Jy kan daai wat soos golfballe lyk net na hulle koppe toe lob. Head shot! Gebruik jou omgewing. Ruk stopstraat signs uit, BMX'e se handle bars, skateboards, daai metal kosblik van jou met die Marmite zaams en die Melrose kasies. Whatever jy kan vasvat. Julle moet dit maak tot by die gunshop vir proper ammo.
Oppad gunshop toe kom jy op 'n paar decapitated security guards af. So paar van die ouens ruk nog so bietjie. Gryp hulle gunholsters en knuppels in een vinnige move en jaag koeëls deur al die borskaste. Jy wil nie kanse vat nie, hulle mag dalk binnekort draai. Onthou om alle wapens mooi gelykop te deel met jou tjommies. Daar's nie tyd vir baklei nie en niemand like 'n rammetjie-uitnek-smart-ass-motherfucker nie.
By die gunshop aangekom sal die oom julle onmiddelik toerus met heavy skietgoed omdat hy tog te dankbaar is om vars recruits te kry. Jy kan aan die vrees in sy oë sien dat hy die volgende een is wat dit gaan kry, maar jy mention dit nie hardop nie. Jy wil hom nie onnodig uitfreak nie. Daar is nie tyd om te re-load nie. Jy skiet net guns leeg op die zombies en gooi neer. Die oom sal herlaai. Dis ook die main rede hoekom die zombie hom van agter af gryp en sy kop afruk. Blam! Daar trek die zombie se kop ook sommer. Nice shot. Enia, poes! Kyk hoe pers is jou skouer nou. Dubbelloop haelgewere is niemand se speelmaat nie.
Tyd om te move. Gryp kevlar baadjies vir extra armour. Los die swaar flack jackets vir ouens wat gechow wil word. Onthou ook dat jy ten alle tye fokken cool moet lyk. Dis 'n feit dat mense met kak dress sense altyd eerste afkak. Nie net in regte lewe nie, maar partykeer in flieks ook. Meestal zombie flieks. Paisley hemde, vellies en Gypsy tekkies sal jou jou lewe kos. Trust my.
OK, vat gou nog 'n sluk Oros (nie terwyl jy fight nie jou fokken aap. Terwyl jy hierdie kak lees).
Jy moet 'n nuwe base secure. Jy kan nie vir ewig in die gunshop bly nie. Langs die pad kry jy nog so paar uitgefreakte mense met simpel wapens soos grawe, tuinvurke, pikstele en baseball bats. Laat hulle jou klein army join, maar laat hulle voor loop. Jy wil nie jou ammo mors nie. As hulle deur zombies gebyt word, maak hulle dadelik van die gras af, tensy dit 'n moerse fokken mooi chick is. Sy sal nog virre rukkie mooi wees voor sy draai. Dan moet jy laat waai.
Julle veg julle pad oop Spar toe om nog supplies te gaan kry. Good for you. Hou so aan. Moenie bederfbare goed vat nie. Kry stuff soos choklits, kondensmelk en ander blikkieskos wat jy later kan warm maak en tand. Gryp ook so paar Doom blikke, ligters en spirits. Jy kan lekker bomme maak later wat die zombies so laat ontplof en stuff. Lek-ker! As jy die spirits wil drink, onthou net om vadersnaam om 'n wit halfloaf ook te vat. Mens kap nie daai goed straight nie. Nie eers in 'n exreme case waar 'n trop zombies jou town aanval nie. Kry ook so paar cellphone starter packs en recharge vouchers. Vergeet van tiekiebokse. Die goed werk beswaarlik onder normale omstandighede. O ja, gryp ook 'n handvol Ithuba scratch-kaartjies. You never know.
Van hier af mosey julle na julle local hangout toe. Dis altyd cool om zombies vanuit 'n bar te fight. Chicks sal dit stukkend smaak as jy oorleef en hierie storie kan oorvertel van hoe jy en jou vier pelle… oops… jy en jou drie pelle die zombies vanuit 'n bar gefight het. Stroh Rum en daardie tipe van hard tack maak altyd lekker bomme. Druk servette in die nek van die bottel. Light. Gooi. Ka-blam! "Kyk hoe lyk jy nou, werfetter!", sê jy terwyl 'n Camel filter in jou mondhoek dangle. 'n Belangrike wenk hierso is om altyd 'n sluk uit said bottel te vat voor jy dit na die approaching zombie toe slinger. Ek kan nie genoeg beklemtoon dat mens altyd cool moet lyk en act terwyl mens zombies balkei nie! Dis baie belangrik vir jou oorlewing.
So karring julle aan deur die aand en die volgende oggend. Jy hoef nie te worry om al die zombies dood te maak nie. Jy het gedoen wat jy kan. Een van jou vriende reveal 'n bytwond op sy skouer en julle neem afskeid. Dramatiese musiek speel in die agtergrond tot jy die hi-fi faktap skiet. Jou pel verdwyn in n see van zombies by die bar se deur uit. Jy pluk die deur betyds toe en skiet voort.
In tagtig persent van alle gevalle (welke regte lewe en flieks), sal die regering net betyds aankom om jou sorry ass te red (onthou asseblief net om dan ook cool te lyk). Jy sal dalk net 'n rukkie moet wag tot die 55 biljoen Rand wapen transaskie fiasko uitgesort is, want dis daai tipe heavy skietgoed wat eventually die zombies finaal sal opfok. Although ek myself net kan indink hoe faktap 'n tien miljoen
Watkykjy staan op 3,116,896 post views in totaal sedert 1 November, 2019.