Alhoewel Afrikaners kwansuis plesierig is, is dit nie altyd lekker om Afrikaans te wees nie. Veral nie destyds in die ou Suid-Afrika nie. Ja sure, ons was heavy bevoordeel en kon lekker almal naai (streng figuurlik natuurlik) en goorwees en jobs kry so aan. Maar wat van die kinders? Hoekom moes hulle so suffer? En nee, ek praat nie van Mamma se perm en Pappa se safaripak nie. Ek praat van iets veel, veel ergers. Veel… veel… veel… ergers. Veel.
Ek praat van die Voortrekkers.
Check, kinders is moerse susceptible vir kak idees. Jy hype net iets goed genoeg op en gooi ‘n costume in dan soek hulle dit. So eendag is jy by die skool (laerskool hopelik) en jy chat met een van jou maatjies en hy mention dat jy hom moet join by Voortrekkers. Op hierdie stadium weet jy al van die Voortrekkers in general, want dis about al wat jy in die eighties op skool geleer is. Voortrekkers 1, Dingaan 0. Voortrekkers 0, Britte 1. Geloftedag, Sanna, kakebeenwa. Repeat ad nauseum.
Maar die maatjie vertel jou van iets heel anders een pouse terwyl julle argumenteer watse meneer die seerste met ‘n liniaal kan slaan. Tussenin eye jy sy Liqui-Fruit want jy’t net een van daai lame plastiek botteltjies wat so in die kosblik pas vol flou Clifton aanmaak-koeldrank. Nie eers ‘n Melrose kasie nie. So vind jy uit ‘n hele lot kinders gaan na-skool (ook genoem buitemuurs of ekstra-kurrikuler) na die paradegrond toe vir Voortrekkers. Mens kry so ‘n costume, en jy’s in ‘n span met ander kids en marsjeer en gaan op kampe en fokken als. Ja sure, mens moet ook ‘n lot kak leer en jou hemp insteek en in ‘n span wees met ‘n dierenaam – maar jy kry ‘n COSTUME!
Met drif join jy die linies van jong Suid-Afrika. Hierdie klink vir jou na die shit. Hulle lyf jou in en jy eindig op in ‘n span soos die Koedoes in my geval. Jou costume is cool want jy skiem op die stadium nog army is great. Lekker fokken bruin klere en ‘n oranje das met epilette en ‘n beret en sulke badges op die arms. Op jou beret pryk so fakkel met ‘n ossewawiel en die allemintige leuse: "Hou koers". Piele, skiem jy.
Dan begin als snuff draai. Hulle deel sulke vieslike oranje boeke uit. Binne-in is sulke lame prentjies van hoe om sewe soorte knope met sewe soorte tou (of tou substitutes) uit te voer. Hoe om in die veld te poep. Hoe om jou maatjie se been te spalk met ‘n eierklitser en hoe om ‘n vlag te stryk sonder dat dit die grond raak. Advanced ouens kon die vlag op sewe maniere opvou. Als was sewe. Die idee om op te sign begin nou al kakker lyk.
Die volgende wake-up call is as jy links en regs ge-Penkop word. Gewat? Ge-Penkop china. Seuns is mos Penkoppe en meisies is mos Drawwertjies. Mos. Die kleintjies nou. As jy hoërskool strike dan verander jou colour scheme van kots-oranje na kots-groen en jy word ‘n Verkenner. Dis nou as jy op hoërskool nog lame genoeg is om in die Voortrekkers te wees.
Elke week het jy klas by so oom se huis, gewoonlik een van die laaities in jou span se pa. Maar dan is dit ewe skielik nie meer ‘n oom nie, dis nou Kommandant Smit. Hahaha. Sure, ek is ook ‘n kommandant. Whatever.
Die purpose van die hele effort is om badges te kry. Dit gaan als oor die costume, jy check? Daar’s badges vir first aid, en voëls kyk en spoorsny en al sulke natuurprogram tipe crap. Ter wille van oorlewing. Lekker blind. Maar, ek’s nou onregverdig. Jy doen ook lekker goed. Soos om aan kaskarwedrenne deel te neem en as jy wen ‘n glasie louwarm Coke te kry. Darem kon ek bestuur na ek gemaak het of ek asma het. Maar maybe was dit net Vereeniging wat so lame was.
Dan begin jy op kampe gaan. Jou blikbord en blikbeker gaan in so fokken nerd-sakkie wat Mamma gemaak het van oorskietlap. Met jou span se badge op – natuurlik. Om die kampvuur ruk almal sulke pseudo-gesang boekies uit en Oom Danie… jammer, ek bedoel Kommandant Smit sit in: As ek saans met my maats om die kampvuur sit, kampvuur sit, klop my hart van puur genot. Uit die hoek van jou oog check jy die ander laaities uit. Is hierdie ouens for real? Op draks? ADD? Puur genot? What the fuck? En dis net die begin china. Hierna volg tone omkrul treffers soos die kwasi-atletiekliedjie “Rol die wiele” en crap sentimentele goed oor mense wat in die aand in die berge ry en about ‘n fokken heart attack kry oor hoe mooi die natuur is. Ook die immer-gewilde Afrikaner nasionalisme propaganda en daai liedjie oor die worsie bo-op ‘n snytjie botter en brood.
En dan’s jy vas.
Jy’s tien jaar oud, sit myle van jou ouers af en dit alles oor ‘n blerrie costume. Jy’s nog te jonk en stupid om die Drawwertjies se potensiaal te sien, en al wat jy kan doen is om al die aktiwiteite te doen wat hulle jou tune. Soos parade. Dis mos moer belangrik dat kinders kan marsjeer sodra hulle arms kan swaai. Reeegs-rig! "Daai Penkop, maak jou beret reg. Steek in jou hemp. In die Voortrekkers lyk ons netjies." Blerrie weirdo’s.
Ag en dan is jy nou op jou klein kursussie wat gaan oor iets profound soos potbrood bak uit modder en snot en jy karring aan om jou stupitte badge te kry. Badge of honour. Ha! Die ander badge wat jy kan losslaan is so ‘n goue jukskei affêre op jou bors vir elke jaar wat jy voor trek.
Moerse reward. Big. Huge.
Na die kamp skiem jy om te quit, maar dis nie so maklik nie. O nee. Ma het klaar betaal vir die kwartaal en dit gaan maar broekskeur tuis so jy bly 'n Koedoe of Renoster of whatever the hell Kommandant Pieter-se-pa besluit het. Sug. Dan’s dit nog ‘n paar klasse in tent opslaan na skool, 'n paar boring parades op stowwerige terreine, en kampe waar jy teen ander lame spanne in jou ouderdomsgroep meeding. Gewoonlik vir iets fantasties soos poeding na ete of ek dink ons het eenkeer ‘n sakboekie elkeen gewen.
As mens dan later in jou lewe universiteit toe gaan, check jy daar's beurse vir kinders wat verkenners was. Of selfs Presidentsverkenners. Nooit ouens. Kom nou. Maar ek guess hulle moet op een of ander manier beloon word vir so ‘n complete en utter mors van tyd.
Kommdandant, sit vir ons in… Rol die wiele, wiele, wiele Rol die wiele van die wa Rol die wiele, wiele, wiele Rol die wiele van die wa Kry koers Voortrekker dogters Kry koers Voortekker seuns, seuns, seuns!
Watkykjy staan op 3,124,118 post views in totaal sedert 1 November, 2019.