In die wêreld van jol is Vrydagaande moerse overrated. Alles wat asem het peul orals uit en raak getrek en jol en moer mekaar en gooi in die straat en rev-rev poes-poes van robot tot robot. Ag nee jirre man, dis mos nie lekker nie. Kyk hoe lyk die fokken Palio se tekkies nou. Fok tog…
Tune ons mos 'n moerse jol op 'n Dinsdagaand nou onlangs. Ek en die Prinses. In Kaapstad. Op 'n koue, reënerige Dinsdagaand. En in die woorde van Frankie Valli en die Four Seasons: "Oh what a night." Vet pret pel. Bier. Pool. Wyn. Brannas. Coke. Cocktails. Brannas. Coke. Jive. Bier. Boerewors roll. Witbank. Gooi. Jy check?
As een van die mees onderskatte dae van die week het Dinsdae 'n hele paar voordele as 'n ou wil jol. Ons deel ’n paar van die vernaamstes met julle:
- TV is useless: Behalwe vir "Survivor" of "The Amazing Race" (wat ook nou nie juis award-winning entertainment is nie) gaan daar niks aan op TV nie. Fokkol. Hulle kan net sowel sneeu speel op al die kanale. Niemand sal notice nie.
- Fliek is uit: Soos pornkyk op die eerste date. Mos lekker special prys op Dinsdae so al die oulike jong paartjies wat dieselfde aantrek, en ancient krimpies wat uitgaan, en puisiegevrete wat net moet SMS as die fliek wys is daar in full force. Almal wil fliek net om weg te kom van die slegte TV programming af. Sit dit af, sit dit af!
- Dis anyway 'n kak dag: Wat doen jy gewoonlik op Dinsdae? Huh? Dink nou mooi. Kyk "Survivor", bad en slaap. Maybe bietjie lees en skommies maak. Of dalk die Mimo's pizza special en 'n DVD as jy bietjie out there is. Hoe gereeld verwys jy na iets amazing wat op 'n Dinsdag gebeur het, soos "Jirre jy moet check, laas Dinsdag nê…" I rest my case.
- Meer parking: Nie 'n issue as jy in Gauteng of Okiep bly nie, maar wel as jy in Longstraat wil loop holswaai. Op 'n Vrydag in die Kaap park jy basically in jou buurman se driveway en stap verder. Dinsdag? Fokken voor die plek pappa. Rol uit die rooi tapyt – die mense wil speel.
- Minder mense: OK, hierdie enetjie is goed en sleg. Dis obviously moer lame om die enigste groep mense in die bar te wees, veral as jy nog nie heeltemal oorstelp gesuip is nie. Maar dit is kwaai om nie vir ewig vir die barman hoef te wag terwyl 'n crowd suiplappe teen jou ass skuur nie. Of in 'n tou te wag om by 'n plek in te gaan nie. Of te staan en wag om te pis terwyl die honderde mense voor jou die toilies besmeer met allerhande eeeuuu goeters nie.
- Free entry: Clubs en bars is ook nie tickled met die feit dat meeste mense werk nie. Dit meen hulle het naweke 'n moerse toeloop mense wat als afbreek en dan 'n groot vet fokkol wat afspeel in die begin van die week. Om dit te counter probeer hulle allerhande tricks om 'n ou op ander dae daar te kry. Soos free entry by plekke wat op naweke cover vra vir simpel bands en DJs waarvan jy nog nie gehoor het nie.
- Hectic specials: Op Dinsdagaand het meeste jols ook een of ander fokken crazy special aan waar hulle jou practically betaal om te suip. Stones in Long straat, Kaapstad is 'n case in point – R5 vir brannas en Coke china. Sweer. Jy koop sommer 'n rondte vir die tafel met 'n twenny. Once. Ander jols het goed soos "Student Nights" of "Battle of the (kak) bands" op Dinsdae. Maak nie saak hoe jy vir hom opdress nie – dis goedkoop dop wat ons hier van praat. En daa's fokkol mee fout.
- Woensdag is mos klein Saterdag: So reken die ou toppies anyway. En alhoewel die werk nie officially "gesluit" is op Woensdae nie, is dit steeds toe in ons harte. Na jou Dinsdagaand sojourne is dit lekker om so mid-week break te vat. Plus niemand by die graft expect enige iets nie. "Niemand" gaan mos uit op 'n Dinsdag nie. Drop daai ooglede en skuif laer in jou stoel. So ja, dis beter…
- Meer pret: Party sou nou reken dat mens uitgaan mors as jy op 'n Dinsdagaand paartie. Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Jy gaan mos anyway Vrydag ook uit. En Saterdag. En Sondag "net vir 'n drink of twee". En Donderdag moet 'n ou enetjie kap net om die edge af te vat. Jy sien hoe werk hy?
Die ou swepe sê mense moet alles beproef en die goeie behou. Ek het dit beproef om R5 vir 'n brandy en Coke te betaal en dit was goed. So goed, in fact, dat ek dit 'n hele paar keer moes beproef net om seker te maak. En definitief gaan ek dit behou.
So kyk uit vir my as jy ook van nou af op Dinsdae begin uitgaan. Ek's die ou wat met 'n moerse smile die hele tafel se block en tackle sponsor.
Once.
Watkykjy staan op 3,073,920 post views in totaal sedert 1 November, 2019.