(deur Nak & Iceman)
Wat volg is sekerlik die mees hoë–intensiteit bewegings wat enige van die Lens crowd nog ooit gesien het. Dit is nie juis hoe Tiloshnee dit onthou soos in die fliek nie, maar die oomblik is so groot dat sy nie juis omgee nie. Dolf se bewegings is so ritmies en begeesterd, dat sy moet vasklou asof haar lewe daarvan afhang! Dit is ’n losse kombinasie van die moves van Kevin Bacon in “Footloose”, John Travolta in “Saturday Night Fever” en natuurlik Patrick Swayze se “Dirty Dancing” bewegings. Al sy haarstylhelde in een, pappie! Die skare het selfs ’n sirkel om die twee gevorm, en Dolf gee ’n bietjie ekstra gas met die pelvis! So ja…
Die nommertjie kom tot ’n einde, en ’n natgeswete Dolf lei ’n natgeswete Tilsohnee van die dansbaan. “Oh, Dolf, you are my hero!” swymel Tiloshnee. Dolf is bietjie oorbluf met die tentoonstelling van emosie, en rammel ’n vinnige verskoning af om gou ’n draai te gaan loop. Die aand is nou in volle swang, en hy moet gaan kyk waarmee Poen besig is…
Buite aangekom, kan hy skaars vir Soekie uitken tussen die bandrook wat swaar in die lug hang. Poen gooi kole met herhaaldelike doughnuts in die parkeerarea, met die Bad Boys Blue / House of Silence remix wat uit Soekie se klansisteem blêr, en ’n groot groep jeugdiges wat reeds ’n sirkel om die spektakel gevorm het. Ja-nee, die manne van Proklamsieheuwel het hul teenwoordigheid laat geld, my maat!
Dolf stap nader, en Poen besluit om vir eers die tekkies ’n ruskans te gee. Soos die rookwalms verdamp in die naglug, dryf daar meteens ’n nuwe aanspraakmaker die kring van mense binne, en Poen sluit Soekie se enjin af. Hy klim uit, en sê vir Dolf: “Ek het hierdie ou al vroegaand opgesize, hy’s myne!”
Die teenstander waarna Poen verwys is ’n 325iS BMW, van die Shadowline Evolution weergawe, die drie reeks van die 80’s, en ’n ou warmmaak gunsteling onder die Lens locals. Die dropped suspension, lae profiel bande en gechroomde mags kos sekerlik meer as wat die kar oorspronklik gekos het, maar “you gotta look the biz, cousin!”.
Die eienaar van die BMW rek sommer eerste bek: “Whatcho fuckin’ laanies doin’ here, and all, man? Me and my cousins are gonna fuck you up, one time, ek sê!” Poen wil eers die ou liberty met sy bedrieglike kopstamp, maar bedink homself blitsig. “Raait, oukei”, tune Poen. “Let us make ve cars do ve talking!”
Met dié sak hulle af na die stopstraat op die hoek van die stadsaal, ’n hele horde mense in tow. Hulle sal nou op die old school manier kragte meet, met ’n lekker warm poppie tussen die twee karre wat die wegspringteken sal gee. Tiloshnee is ook tussen die skare, en het vir Dolf opgespoor. Met ’n: “Don’t warrie, my tjommie’s a pro!”, stel hy haar gerus. Poen is omtrent begeester vir hierdie pak slae uitdeel sessie, en Dolf druk sy kop by Soekie se venster in: “Onthou Poen, die gas is nog nie getoets nie, moet nou nie kak aanjaag nie!”.
“Fok dit!” skel Poen met ’n wilde kyk in die oë. “Nou kak hierdie man!“
Die enjinrevolusies bereik kookpunt, en die koppelaars kreun teen die krag wat binnekort losgelaat gaan word! Die BMW druk so effens sy neus vorentoe, en met dié laat sak die poppie haar arms. “Tipies,” dink Poen by homself, maar hy gaan homself nie laat afsit deur hierdie kroekery nie! Hy het ’n perfekte launch en Soekie gaan sit so half voordat sy met ‘n gejuig wegtrek. Die BMW is ’n karlengte voor as gevolg van die wegspring, maar Poen is seker dat hy dit vinnig sal opmaak. Hy haak tweede, en daar is so ’n effense wieltol – groot perde is hier ter sprake! Sy vinger jeuk om die NOS knoppie op die stuurwiel te druk. “Nog nie,” maan hy homself.
Die BMW maak nou twee karlengtes oop, en die skare gaan mal! Poen haak derde en verloor nog ’n karlengte in die proses. “Nou!”, skree Poen, en druk die NOS knoppie. Dit is kompleet asof Soekie in ’n ander dimensie begin beweeg, amper soos in Poen se geliefde Star Trek, waar die Starship Enterprise in warp speed oorgaan! In ’n oogwink het Soekie die drie karlengtes opgemaak, en daar is nog baie on tap! Die torque steer is verskriklik, en Poen moet stoei om Soekie in die baan te hou, nou reeds drie karlengtes voor die Shadowline! “Vat so, katvis!” juig Poen, nou los voor!
Skielik is daar n helse vibrasie voor in die enjinkap! Poen weet dadelik dat daar kak is, maar die eindstreep is in sig, en hy is nog ver voor! Hy oorweeg dit vlugtig om vir Soekie in neutraal te sit en te kyk of hy nie oor die wenstreep kan free nie, maar daar is te veel op die spel. “Voet in die hoek, Soek!” Die vibrasie is nou oorverdowend, en met ’n moerse knal sien Poen die oliedrukliggie aankom op die dash. “O, fok!” dink ’n benoude Poen by homself, soos hy die Shadowline verby hom sien glip, net voor die wenstreep…
Anderkant die wenstreep prut-prut Soekie tot stilstand – moeg! ‘n Lang oliestreep lê agter Soekie se agterstewe uit oor die pad, die kenmerkende teken van ’n conrod wat deur die blok gejaag is. Poen klim met ’n swaar hart uit, en moet in die smalende, triomfantlike competitor se bakkies vasgluur.“Ek moes die donner geliberty het toe ek die kans gehad het,” verwyt Poen homself.
“I told you fuckin’ laanie, this is one ‘ot cab, ek sê!” spog die BMW bestuurder.
“But don’t worry, ek sê, my laanie, my cousin’s got a lekka spares shop and all, man. I’ll fix your cab, for special price, and all!”
Nou wil Poen hom eers moer, maar Dolf is darem daar om te keer…
Sonder ’n geleentheid terug, moes Dolf noodgedwonge vir Moonsamy bel om hulle te kom haal in sy ou Datsun Stanza SSS. Daar aangekom, roep Poen sommer ’n shotgun, en Dolf en Tiloshnee neem die agtersitplek in. “What ‘appened here, and all, my cousins?” wil Moonsamy weet soos hulle in die pad val.
“It’s a long story, Moonsamy”, mompel Poen. Tiloshnee voel nog steeds soos Aspoestertjie, en wil nie hê die aand moet einde kry nie. Sy neem haar kans waar en gly haar hand oor Dolf se been. Moonsamy knipoog in die truspieëltjie vir Dolf.
Dit gaan ’n lang rit terug Proklamsieheuwel toe wees…
Watkykjy staan op 3,073,864 post views in totaal sedert 1 November, 2019.