Die Kaap is moerse out there. Nie net geografies nie, maar ook like far out jy check. Soos mind games china. Veral as jy van Gauteng af kom waar dinge hard and fast is, what the fuck are you looking at motherfucker? So na 'n jaar in my nuwe valley is dit dalk 'n goeie idee om insigte te deel met al die watkykertjies da'buite wat die Groot Reverse oorweeg.
Once.
Die berg: Bietjie weird en creepy, maar dis nou daar so wat nou? At least maak hy lekker skadu oor die city bowl in die laatmiddag, en dis befok vir navigation. So as jy erens heen ry, maak 'n nota van die berg se posisie. As jy verdwaal kyk dan waar's die berg. Nie op dieselfde plek nie, of hoe? Ja, check, jy het verdwaal jou poes.
Die bergies: Almal dink dis 'n moerse joke. "Hahaha, julle het mos bergies." Moerse. Bergies is nie dwergies wat in die berge bly nie bra. Hulle is actually homeless mense wat so min het om te verloor dat sommige rogue elemente onder hulle obnoxiously agressief begin raak het. Niks lekker nie. Gee maar 'n geldjie as jy kan (jirre die mense kry da'm swaar) en kap 'n wide berth as hulle jou begin vloek of skree of op jou kar se seats slaap.
Verkeer: K53 se moer china. Hier maak die bra's soos hulle smaak. Hier's niks parking nie so almal park innie straat. Dan is die strate about een standaard 30cm liniaal breed en draai op die weirdste styles of hou net op. In plaas van defensief, bestuur mense dus kreatief. Dis fokken nodig omdat die plek so weird uitgelê is.
En dan het jy natuurlik die fokken berge oral wat besluit het om hier te settle waar mense wou bly. Stupid berge. Wees reg om enige tyd te (nood)stop, uit te swaai, op te speed, uit te klim of enige iets wat nodig mag wees. Jy sal check, na 'n maand bestuur jy ook soos 'n maniac en niks stres jou meer uit nie. Jy's ook al so goed dat jou bier nie heeltyd op jou piep ommoer as jy ankers gooi vir 'n toothless bergie wat doodluiters met 'n trollie bokse oor die N2 stap nie.
Which brings me to my next point…
Die N2: Dis mos 'n highway nê? Ha! All is not as it seems. So jy klim op die N2 en kap 'n 140 af Suid-Kaap se kant toe. Dis weer vakansietyd en als is mos lekker naby nou dat jy in die Kaap bly. Ewe skielik strike jy bordjies wat tune 80km/h. Nie minimum spoed of roadworks bordjies nie. Gewone "dis hoeveel jy mag ry en fokken niks meer nie" bordjies. Jy trap briek. Dan 60km/h en jy check 'n robot voor. Maar is dit nie die N…2… highway nie? Watdefok? Stop. Ry. Nog 'n robot. Single lane. Trokke en donkiekarre en squatters pass jou in die geel lyn. Fokken naais. Nog ‘n vakansie in sy moer in.
Jy sien, soos met baie goed gebruik die Kaap die woord "highway" as 'n guideline. Dis naais as hy aan al die voorwaardes van 'n highway voldoen, maar dis nie moerse belangrik nie. No wakkas. Ons gooi 'n stopstraat of twee op. Enkellane ook. More is nog 'n dag… Wat? ‘n Donkiekar? Pick ‘em up!
Attitude: Hier's nie te veel pyne nie swaer. Ja sure, mens kry dieselfde spierbeertjie-bonehead element en rooigesig besigheidsmanne wat dink tyd is geld en so aan maar oor die algemeen is almal maar rustig. Chill uit. Sit terug. Kyk vir die berg. Kap 'n doobie. Huh? Voel mos beter. Wa's die wyn?
Repeat soos nodig.
Locals: Mail my dadelik as jy van iemand weet wat in Kaapstad gebore is. Jy ken? Maar ek soek ID pappa. Na 'n jaar se tyd is al die mense wat ek ontmoet het van ander plekke af. Een van die teorieë wat rondsluip is dat mens nooit die locals sien nie want hulle kyk eerder video by die huis as om uit te gaan en met die crowds en parking situasie te deal.
Watse crowds?
Toeriste: Fokken baie van hulle hier en hulle vervuil about die plek. Check maar net – die ouer toeriste het gewoonlik kort broeke en hemde en hoede aan met kameras om die nek en 'n groot opvoukaart. Hulle point so op na die lug toe en lyk baie impressed, uitgefreak en verdwaal op dieselfde tyd. Dis baie maklik om hulle kamera te steel of vir 'n ride te vat.
Partykeer ry hulle in so bus sonder 'n dak rond deur die stad. Dan word dit so 34 grade en dan brand hulle ou bles koppe sulke blase. Dis nie baie mooi om dan hulle goed te wil vat nie. Jirre ou, have a heart, hulle is oud en stuff.
Die jonger toeriste blend bietjie beter in maar het baiemaal 'n moerse Carrimor rugsak op waarmee hulle tien teen een van Europa af gestap het tot hier. "Mr Livingstone I presume?" Rolux Magnum. Hulle dra gewoonlik jeans en sulke Hi-Tech hiking boots en ook 'n hoedjie.
Die Afrika son van ons darem…
Seisoene: Weereens is goed soos somer en winter guidelines hier. Eers het dit in die winter gereën en nou reën dit glad nie meer nie. Winter is nie regtig koud nie. Dis maklik om in een dag jou kar te stamp in die mis, te bitch oor die Suidooster as jy by die werk op die balkon rook, te kak van die hitte op pad huis toe, en koud te kry as jy sundowners op Clifton drink na werk.
Dan natuurlik…
Die Wind: Ook weer een van daai passing comments deur die res van die land. "O ja, die wind waai mos partykeer so by julle." Hahaha. Jou fokken grapgat. Die wind is nie van daai weak outjies wat jy laat gly in die bed in die oggend onder die duvet nie. Hierdie is WIND pappie. Hy WAAI en jy moet maar katvoet loop want hy BLIKSEM sommer eendag jou kardeur teen jou been toe as jy try uitklim, of MOER 'n venster uit jou huis uit. Die wind is super-powerful en beat die berg hands-down. No contest, no stampies, and no erasies. Vra maar die mense in Woodstock of Vredehoek.
Die wind is darem nie net evil nie. In somer like die meisies in eKapa om sulke kort rokkies aan te trek. Al wat jy hoef te doen is om wyd te kyk. Dit vat partykeer 'n rukkie maar vroeër of later kom die wind op – seemingly out of nowhere – en daar het jy dit. 'n Moment frozen in time. Life's biggest mystery revealed.
Ass…
Dis nou fliek sonder kaartjies pappa. En dis mooi…
Meisies: Die Kaap het heelwat meer girls as laaities. Fokken mooies ook. Dan's 'n hele lot laaities gay, so jou ratio is pretty goed as jy wil score. 'n Hele lot modelle en aktrises koek saam, en omdat die Kaap langs die see is wil almal ook mooi lyk in bikini's. 'n Blinde man behoort teen die tyd al die prentjie te kry. Hier's mooi girls. Fokken baie van hulle. 'nuff said.
Geld: Uitgaan en dinge doen in die Kaap is lekker fokken duur. Ek praat van 'n R18 filter koffie in my office park, R26 'n glas huiswyn (basically asyn) in Kampsnaai, oor R50 vir 'n starter by 'n ander jol en dan natuurlik die fokken belaglike huispryse. Dis net hier waar dinge bietjie snuff draai, aangesien mense oor die algemeen minder verdien in die Kaap. Plus ek check die goewerment wil nou 'n ekstra levy charge op ons petrol en toerisme en kak.
Want ons is mos toeriste wat hier bly. Alhoewel ons in Kaapstad werk vir Kaapse salarisse en meer vir als betaal sal ons dan ook meer betaal vir petrol en so aan dat julle toerisme en goed kan beter maak. Sure, laat nog meer mense hiernatoe kom dan's daar nog minder parking en meer mense wat die karma upset. Charge sommer 'n algemene berg tax ook, net omdat dit so absolutely fucking amazing is om langs 'n groot rots te bly.
Blerrie fools.
Uitgaan: Hier sit die Kaap enige plek in SA (en baie oorsee) to shame. Jy kan elke aand van die week vir vier maande uitgaan na 'n ander jol toe. 'n Lekker jol ook nog. Fokkit ouens. Pretoria is net sad in vergelyking. Hatfield? Fokof.
Kap Kloofstraat as jy trendoid trek, Longstraat vir 'n happening party, Obz of The Shack vir bietjie alternative action, Mercury Live vir bands en dan natuurlik is Stellenbosch ook 'n hanetreetjie weg met plekke soos Die Akker en die Mystic waar ek regtig nog moet uitkom. Of Kampsbaai as jy dink jy’t geld.
Vakansie: Fokken baie cool plekke is lekker naby, en meeste is cooler as Harties. Van wynplase tot kickass beaches tot die Weskus en Namakwaland as jy 'n bietjie van 'n far out weirdo is. Whatever man. Just keep on walking. Nothing to see here.
Die taalkwessie: Weereens fokken weird style hier. Meeste whiteys hier is Afrikaans. Raait. En meeste Coloureds is Afrikaans. Raait. Nou hoekom de fok praat almal Engels met ‘n Afrikaanse aksent? Die hele fokken tyd.
Kyk, ek’s nie ‘n moerse taalstryder nie maar fok man. Kom ons maak dinge so maklik as moontlik. Tussen my kak Engels en jou kakker Engels gaan ons lank hier in die winkel staan. En tyd is geld, jy weet. Scrap metal!
Dan draai die sales persoon na sy/haar gabba toe en chat so lekker in Capey Afrikaans en draai dan terug en “does you” en “are being” mens tog te pynlik met die grammar en goed sommer poeskas toe. Dan antwoord jy in Afrikaans, mooi hard, want dis basically establish dat albei Afrikaans is.
No ways. Aksentbelaaide Engels vir jou pel. Kry vir jou…
En so loop hy maar hier onder die Steenbokskeerkring. Ek moet dalk mention dat ek in die city bowl bly en dat dinge effens anders mag wees in de 'burbs. But then again – wie trek Kaap toe om in die suburbs te gaan bly?
Sure as hell nie ek nie.
Watkykjy staan op 3,092,674 post views in totaal sedert 1 November, 2019.