Hierdie Kersfees is daar net een ding wat ek wil hê. ‘n Ander kultuur. Want die fok weet, as Afrikaanse musiek deel moet wees van my kulturele identiteit is ek eerder enige iets anders… behalwe dalk ’n fokken Yank.
Kyk, Afrikaanse musiek was nog nooit great nie. Geensins nie. Way back het die volksvaders sommer kak Duitse liedjies vertaal en gemaak of dit Afrikaans was. En die fok weet, Duitse volksliedjies is nie jou top tipe musiek nie. Nie eers fokken naby nie. Ich liebe dit not so much.
Met Apartheid het hierdie kak voortgegaan, of anders was dit sentimentele (en ook steeds vertaalde) drek soos Bles Bridges, Tannie Carike en Gé Korsten. Als kak behalwe miskien ’n paar Anton Goosen tunes en David Kramer, wat anyway meer ironies cool is as flat-out goed.
Met die eighties en nineties raak die volk darem bietjie meer oopkop en breek hulle welkome winde van verandering. Rrrrrttt! Kerkorrel, Kombuis en Valiant maak dinge bietjie meer draaglik alhoewel baie van die tunes daai tyd ook maar net hulle man kan staan as produkte van daai tyd se kaksoek met die faktap NP regering.
Nou’s dit lekker super demokratiese Suid-Afrika en die local musiek scene bars uit sy nate uit. Afrikaanse musiek outsell selfs meeste ander local kategorieë die laaste paar jaar. Ek meen, ons eie Hoff (bra Steve) het laasjaar by die SAMAS die award gekry vir meeste albums verkoop.
(Ja, daai Steve. Die breker van "Agter Elke Man" wat Neil Diamond covers doen.)
En net die ander dag launch MK89 op die skottel. Vir die wat nie weet nie, dis so nuwe Afrikaanse MTV wannabe stasie wat Afrikaanse songs speel, dit opmix met international hits, en dan ook shows het soos "Hoender" en "Af" wat "Jackass" afrip en so super-lame chatline op TV wat met SMS’e werk. En ’n DJ en bleskop presenters.
En nou praat ek nie eers van al daai remix Stamp treffers en Casiotone langarm techno bullshit wat elke dag uitgecrank word en nie eers die R4 werd is wat die disk kos waarop dit gecut word nie. Dit sou heeltemal te maklik wees om sulke obvious kak simpel te laat lyk, en hulle doen anyway al klaar ’n fokken goeie job daarvan.
My issue is veel eerder met die (I suppose) "nuwe geslag" Afrikaanse musiek. Kyk, Afrikaans kook deesdae as jy die ATKV glo hoor. Dit kook. Hoor. "Nog ’n cane, passion fruit en lemonade asseblief!" Dis weer cool om Afrikaans te wees. Of sorry "cool".
(Party losers wil my selfs wysmaak dat dit weer cool is (sorry "cool") om ‘n Voortrekker te wees ook. Ek glo daar fokkol van.)
‘n Paar jaar terug is selfs van die "Zoid-generasie" gepraat (n.a.v. Tannie Zoid natuurlik, wat nou "gelukkig, gelowig, en getroud" is volgens ’n magazine cover.) Laat my asb toe om te braak. Moerse groot was my verligting dat ek die vernedering vrygespring het om as ’n lid van die generasie geklassifiseer te word.
Ek verwys eerder na die fokken simpel generasie.
Mens sou natuurlik ook kan praat van die lame generasie. Want hulle is. Al hierdie nuwe startup bands of artists (sic) wat dieselfde ou reseppie volg en "jy weet net hulle deel wil doen vir die taal, want dis mos ons taal, en Afrikaans kook hoor, jy moet net hoor".
Dis baie maklik om hulle te check. Hoor. Hier’s net ‘n paar tell-tale signs om te check of ‘n band deel is van die kakspul.
- Hulle cover ‘n ou volksliedjie: Maar hulle doen dit so heavy of bietjie anders en dink dan dis fokken moerse cool. Ironies selfs. Sou dalk ook original gewees het as dit nie die fokken honderdste band was wat dit gedoen het nie. En since when is ou verafrikaanste Duitse volksliedjies cool? Nee fok man.
- Sing soos dose: Since when spreek almal wat Afrikaans sing hulle woorde soos dose uit? "Bloemfontaain glip verbaai, dis tussen jaauw en maai." In interviews praat die mense fine, maar die oomblik as die musiek bykom word jou "jaauw", my "maai" en so aan. Dalk omdat hulle uit hulle verkeerde gat uit probeer praat…
- Hulle het so nowhere acoustic meets rock sound: Almal kan mos in ‘n band speel. Almal is mos rock stars. Rock spiders more likely. Om ‘n instrument net-net te kan speel en Afrikaans te praat is nie al wat jy nodig het om ‘n band te hê nie. In fact, dit tel teen jou.
- Hulle is fokken Afrikaans behep: Almal weet jy is Afrikaans, almal weet jy "dra by" tot die taal, almal weet jy hou van jou taal en wil nie hê dit moet uitsterf nie. Is dit seriously die beste issues waarmee jy kan opkom? Knoop Pappa nog jou ‘koene, en was Mamma nog jou toggos? Jirre, word wakker my ou. Kom by.
Wat ons kan gebruik is meer cool bands wat net toevallig in Afrikaans sing. Want, en dit mag nuus wees vir baie mense, Afrikaans is net ‘n taal. Dis nie ‘n fokken geloof of ‘n issue of ‘n lisensie om ‘n doos te wees nie.
En net soos Afrikaans ‘n taal is, is musiek musiek. Kak musiek is kak musiek. Dit word nie beter gemaak omdat dit in Afrikaans is nie. Dit het niks uit te waai met die feit dat ’n lot bang whiteys worry of die Taal op sy pad uit is, en dit wil red nie.
Absoluut fokkol.
In fact, enige Afrikaanse tune wat dit maak moet langs enige ander international track kan staan en nie soos ’n pot kak klink nie. Video’s ook. Ja, hoeveel bly nou oor? Huh? Nie so fokken baie nie, nê?
Lekker fokken blaaint.
Die kinders sing kak, die volk is fokken simpel en die sadste van als is dat hierdie kamtige rock rebelle presies dieselfde fokken konserwatiewe outlook het van taalstryders van way back tot in eighties SA met sy fokken Caspirs en besnorde poeslisiemanne.
Hoe rock ’n roll is dit anyway om vir die behoud van ‘n taal te stry?
Watkykjy staan op 3,118,704 post views in totaal sedert 1 November, 2019.