Dis 'n hele paar jaar nadat Guns 'n Roses iets decent gedoen het. Die fok weet. Axl en 'n lot weirdo's tos aan onder die oorspronklike naam, Slash's Snake Pit was net plain kak, Duff het maar gegym en punk gespeel, en Matt Sorum het weer saam met ou pelle, The Cult gaan drum. Niks om oor fokken huis toe te skryf nie.
(Intussen churn Izzy Stradlin en Gilby Clark solo albums uit wat niemand al gehoor het nie en Steven Adler leef barely na al die "getting down with Mr Brown". Nooit ouens. Skaam.)
Dis nog te vroeg vir pensioen
Dis 'n paar jaar later en almal is 'n paar jaar ouer en wyser. Baie fokken wyser as jy in aanmerking neem dat hulle die bruin stuff gequit het (heroin, nie OBS nie jou fool). Dus is die ex-Gunners skoon (sover soos wat rocksterre kan gaan) en reg om te rock. Whoo-hoo!
Van die manne se hare is selfs mooi kort gesny en hulle klere is ook bietjie meer trendy (dink Truworths Man) om in te pas by die byderwetse modes, jy weet. Tog te pragtig lyk die bra's nou. Shame.
Een probleem – wie de fok gaan sing? Axl is nog in fokken LaLa-land waar mense met KFC emmers op hulle koppe kitaar speel. Plus hy het persoonlik almal van hulle gefire uit GNR uit. Klein mannetjie vol angs haat mos almal. Whaaaa! Skrap Axl.
Intussen word die supergroep Audioslave gestig uit members van Rage Against The Machine en die vocalist van Soundgarden, Chris Cornell. Well, lekker skiem die Gunners en hulle audition sommer die ex-vocalist van 'n ander washed-up grunge groep, Stone Temple Pilots.
Enter Scott Weiland…
Nou Scott is 'n man met 'n history. Hy weave in en uit die hof vir drug possession, en sukkel maar om die "oe klein oe bruin" uit te los. Ja, dis weer heroin, nie bottie nie. Lekker spuit Scott die drugs en dan raak hy bakleierig en breek hotelkamers en skree op sy vrou.
Nee man Scott, nie so nie.
Anyway, Scott sing fokken cool en die manne begin jam. Langs die pad tel hulle 'n ander bra op met 'n beanie, 'n liplapa en FOKKEN GROOT sonbrille (ex-Suicidal Tendencies). Die manne is fokken reg om te jam.
Enter Velvet Revolver…
So wat het ons nou? Raait, daar's Scott Weiland op vox, Slash op main kitaar, ou liplapa (Dave Kushner) op rhythm kitaar, Duff op bass, en Matt (nou sans bandanna) Sorum op die ketels. Fokken kwaai.
Die ouens haal almal daai talent onder die maatemmer uit en stof vir hom goed af. (Slash stof sommer sy top hat ook af). Hier gaan rock en roll gemaak word soos die liewe Jirre vir hom intend het pappa. Rof en rou en vinnig en sletterig en sommer fokken als wat lekker is.
Ek begin amper glo dat ek weer op hoërskool is. Skateboarding is amper weer nie 'n crime nie. Jy check?
Ware kontraband
Hier einde 2004, nadat hulle 'n paar keer sukkel om vir Scott uit die slammer te hou, moer die dudes ons met hulle debuut album – Contraband. En hulle vat nie kak nie. Yona We!
Van die opening track ("Sucker Train Blues") wat voortsnel soos 'n witwarm 1100 Katana sukkel mens om by te bly. Die tunes is pure hard rock met al die pelvis bewegings en headbang hare en chicks en vinnige bikes en leer en denim en als wat fokken sonde is. Maak los!
Scott is fokken cool. Sy stem is minder screechy as Axl s'n en hy kan laat lees as hy wil. Slash is soos 'n vol glas Jack, hy's gevaarlik maar jy weet wat jy kry. Die ander drie maak seker die enjinkamer loop soos 'n V8 Ford op race day. Hier gaan dit fokken nca.
Check spesifiek vir die single "Slither" wat ook 'n ruk op MTV gejol is. Befokte song, moontlik die beste op die album, en 'n fokken cool video ook.
So ook "Fall To Pieces", hulle ballad met 'n tipiese Slash guitar harmony. Een van daais soos "November Rain" of "Sweet Child O' Mine" wat mens sulke pisgrille gee. Die video was ook op MTV, en dit gaan oor Scott wat bietjie te veel draks spuit en dan kom help Duff-hulle hom.
Fokken junkie.
Maar serious nou – kry die album. Dis fokken cool.
Quis Vadis?
Die manne toer nou. Dis mos wat mens doen as jy klaar 'n moerse album vrygestel het. Hulle is ook benoem vir drie Grammy nominations wat nou in Februarie gebeur.
Almal (behalwe Matt) is ook getroud ook so hulle het seker tyd nodig vir huisgoed en kinners en wie weet wat nog. Dis maar hoe rock en roll deesdae werk I guess. Work in front, party at the back…
Hopelik werk hulle gou-gou fokken hard aan hulle nuwe album. Ek skiem hulle kan net beter raak, solank hulle die rebelbaba uit die tjoekie kan hou (daai Scott darem). Track die nuutste Velvet Revolver verwikkelinge op www.velvetrevolver.com. Once.
En die ander Guns 'n Roses?
Sal die regte Guns 'n Roses asseblief opstaan? Hey, wie't gepoep? Word on the Web is dat die nuwe Guns 'n Roses album uitkom in April 2005. Ja right Axl. Whatever.
Dis nou as die bra tyd kry tussen sy face lifts en anger fits. Daar was al klaar about 'n duisend verskillende mense in die band met die recording van "Chinese Democracy" en dis enige iemand se guess wie daar gaan wees as dit eendag die fokken lig sien. Selfs Geffen het hulle al gedrop.
Ek hoor Tiffany wil 'n comeback maak…
Watkykjy staan op 3,084,123 post views in totaal sedert 1 November, 2019.