Wat het hulle in Kaapstad gehad voor kerse? Elektrisiteit. So loop die joke wat ouens eers oor Zimbabwe vertel het. Toe was dit nog snaaks. Toe was dit ‘n verre realiteit. Toe was dit… nog nie hier by ons waar dit seermaak nie.
Soos meeste van julle seker teen die tyd weet gaan Kaapstad gebuk onder voortslepende kragonderbrekings. Nou baie ouens in Kaapstad mind nie om gebuk te wees nie, maar selfs vir hulle raak hierdie storie bietjie fokken erg.
Almal gaan te kere oor die impak op die ekonomie en die sagte vrugtebedryf. Karre jaag in mekaar vas want niemand weet hoe om te ry as die robots nie werk nie. Mense try claim van insurance vir hulle TVs en DVD players se power supplies wat uitfok na power surges. In die gym val mense van treadmills af in die donker en ek’s seker hier en daar word ‘n bietjie skelm gevat as die bioscope se ligte trip.
Anyway, Eskom is die ene verskonings en fokken kreatief ook daarby. Eers is dit ‘n skroefie wat in Koeberg se rotor afgebliksem het (dus “Skroef los by Eskom”). Toe is dit ‘n kombinasie van besoedeling(?), brandskade(!) en sommer net kakgeit (!?). Later own hulle toe up tot die feit dat ons grid net eintlik fucked is omdat hulle aanhou om mense in te plug en nooit die fokken ding te upgrade nie.
Whatever. Al wat ek weet is dat ons vir die oomblik fucked is sonder om eers te loop lê. Net so. Soos bra Joe altyd getune het: “It’s gonna get a lot worse before it gets any better.” Eskom waarsku dat dit later nog ‘n groter landswye fokop kan wees as hulle nie hulle stuk kak “nucular” reactor betyds kan fieks nie. (Mens skryf / sê altyd “nucular” in quotes, soos “laser”. En dit is “nucular” hoor. Regtig.)
Maar die gedurige kragteloosheid (jammer vir daai ene) hoef ons nie magteloos te laat nie (ek dink dis die fokken lameste sin wat ek nog ooit geskryf het). Daar’s eintlik ‘n hele paar aspekte wat die storie nogal oraait maak.
- Heeltyd teeltyd: Dis mos lekker kerslig in die aande en chicks maak uit van kerslig. Maar wees nou slim en moenie een van daai stupid gewone lang wit kerse kry nie. Steek so klomp klein tea light kersies oor die hele kamer aan en laat die plek “mooi “ lyk. Check net dat jou girl (of ou?) se sweetvoshare nie aan die brand slaan terwyl julle stoei tussen al die kersies nie. Indien dit wel gebeur, bly kalm en rol jou geliefde toe in die flokati mat. Dit behoort die vlamme uit te sit. Dis protokol om dan nie dadelik weer te probeer score nie. Wag so vyf minute.
- Heeltyd speeltyd: Almal werk mos op kompers deesdae. So as die krag trip is daar fokkol om te doen. Bring ‘n pak kaarte werk toe en jol vir geld. Maak dit interessant. As ouens uit geld uit is, word dit bloot eenvoudig strip poker – nog meer embarrasing as laas jaar se Krismis paartie. Of jol Monopoly. Maar met jou regte salaris en jou eie huis, dan is almal meer ernstig oor die game. Fokken ure se pret vir party en lekker huil in die stort vir ander. Almal kan nie wenners wees nie.
- Heeltyd braaityd: Dis asof Kersfees vroeg gekom het hierdie jaar. Ewe skielik kan mens braai at the drop of a hat. Mens hoef nie eers te wag vir rugby of Vrydag (of altwee nie). Ons gooi sommer vanaand ‘n dier op die vuur. Al weer.
- Geldmaaktyd: Alhoewel gewone kantoorvlieë soos ek en jy nie kan graft nie, is daar mense wat moerse coin uit die storie. Ouens wat generators, gasbottels, torches en daai kak verkoop maak ‘n killing. Om nie eers te praat van die absolute ontploffing in Suid-Afrika se (voorheen sukkelende) tea light kersindustrie nie.
- Nuwe speelgoed: Mans is nou maar eenmaal fokken stupid. Op ‘n sekere stadium van hulle lewens wil hulle altyd by sulke plekke soos Cape Union Mart begin ingaan om “net te kyk wat daar is”. So uur later stap hulle so uit met ‘n fokken mes wat ALLES kan doen, ‘n yskassie wat met ‘n dinamo werk en ‘n torch wat die son ‘n go gee. Mos lekker bosbefok. Mos. Maar met die power outages is daar mos rede om kampgoed te koop. Gaan fokken bos china. Nou’s jou kans.
- Groot besparings: Is jy een van daai ouens wat in ’94 die hele garage vol blikkieskos en paraffien gemaak het? Maybe is jy een van daai ouens wat dit oorweeg het om met jou kar en jou rollie in Bophutatswana in te donner ook destyds. Well, nou hoef jy vir ‘n kort rukkie nie meer so simpel te voel nie. Eet gerus nou die laaste van daai geblikte kerrievis en daai suf worsies in water saam met spaghetti. Fokken kry vir jou. Proe hoe lekker proe besparings.
- Onverwagte day trips: As jy so fokken slim soos ek en die Prinses is en nie veel kos in die huis aanhou nie, moet jy sorg dat jy petties in die kar het. Op naweke is dit maar mission na Houtbaai of Kalkbaai of Weskus toe net om ‘n ietsie warm in die maag te kry. No worries. Dan kom mens sommer bietjie uit die huis uit.
So julle check, dis glad nie sulke bad news om sonder krag te sit nie. Perspektief is die ding wat ‘n ou gaan deursien. Perspektief, vuurhoutjies en ‘n gasstofie in any case. Wat my wel dwars in die krop steek is dat mense in die Kaap nie so gereeld watkykjy kan uitcheck nie. Dit is ‘n probleem, en soos Eskom werk ons daaraan.
‘n Ander probleem is dat almal so fokken moan die hele tyd. Besigheid moan. Mense moan. Almal op die radio moan. Joernaliste moan. Die stupid-ass DA gaan selfs so ver om dit op die ANC te blameer. Jirre, die DA kan nou vir jou moan. Van die more tot die fokken aand. Moan, moan, moan.
Ek wens actually almal wil net bietjie fokken chill, want die jirre weet – ek het nie krag nie.
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.