Deur Ali Baba
Acid Alex, 'n boek wat nou net verskyn het, is die s'trues lewensstorie van 'n regte opgefokte weeskind-verbeteringskool-skollie-tronkvoël-international drakdealer-brother, wat nou miraculously reggekom het. Vanlat hy reggekom het is sy naam nie meer Acid Alex nie maar Al Lovejoy – die ou wat die boek geskryf het.
Of eintlik is sy weeskindnaam Alexander Goulding, en sy regte naam was John maar dit was voor hy verstand gekry het. Sy ander name is Bitch-born-bastard, Blikkieskos, Asterix, Yster en Skollie Papillon. Dis 'n lang storie ok, moenie vra nie, lees eerder die boek.
Enigiemand wat op Skelmbos gehang het in die vroeë nineties en meer as een zol geplant het, en wat in Upstairs, De Akker of Yang Tze uitgehang het, sal weet wie dit is. Ali Baba het hom 'n paar vrae gevra. Once.
Ali Baba: Wat kyk jy, my bru?
Al Lovejoy: Ekke bly in die Bos – chicks natuurlik…
Ali Baba: Wat is die beste local zol, Swazi of Transkei of Durban Poison of wat?
Al Lovejoy: Ek beskryf in my boek Rooibaard wat ek gescore het wat my opgefok het soos acid…
Ali Baba: En wat is die beste wat jy in Holland kan kry?
Al Lovejoy: Man, dis 'n moelike vraag, want meeste zol daar is van puik gehalte. En jy raak gou gewoond daaran – maar om die vraag te beantwoord sal ekke sê Morrocan Zero-zero
(hash), Menali temple ball (charis), Purple Haze (ganja)…
Ali Baba: Koos Kombuis sê jy was meer wasted as wat hy was. Is dit moontlik? Is dit waar?
Al Lovejoy: Fuck ja, nogal…
Ali Baba: Koos tune ook hy was in 'n street fight saam met jou. Koos in 'n street fight – ja reg. Kan jy dit onthou?
Al Lovejoy: Nee, alhoewel daar het goeters gebeur in blackouts wat ekke glad nie kan onthou nie…
Ali Baba: Jy was in die infamous Die Bult skool. Dink jy die brasse daar sal watkykjy dig of dink jy dis te mak vir hulle?
Al Lovejoy: Ek gee nie 'n fok om nie – ekke is nou 'n skrywer…
Ali Baba: Hoe't jy dit reggekry om so baie woorde te skryf my bra?
Al Lovejoy: Shit ekke weet nie. My oorspronklikke manuskrif was 250 000 woorde en ek moes dit terug sny 150 000 toe. Dit was nou fokken moelik. Nee, dit was amper hel. Dis
moer makliker om jou hart uit te skyf as om te radically cut en edit…
Ali Baba: Hoekom het jy so baie woorde geskryf?
Al Lovejoy: Ek het maar geskryf woord vir woord tot ek klaar was – maar ek moet bely ekke het fokkol van profesioneel skryf af geweet.
Ali Baba: Jy tune jy wil 'n hele evangelie in skollietaal translate. Tune ons bietjie van hoe. Gooi 'n paar versies.
Al Lovejoy: Ek het gedink Markus want dit is die simpelste en kortste evangelie en meer 'n storie as iets soos Johannes wat 'n serious teologiese treatise is. Die idee is die storie om te vertel, maar ek sal dit doen soos ek dit gedoen het in die boek waar 'n paar ouens in die tronk na 'n storieteller luister. Later met die verse.
Ali Baba: Jy wake up op 'n wit strand van 'n verlate eiland. Wel, nie heeltemal verlate nie. Daar's iemand anners. Jammer, dis nie Minki van der Westhuizen nie. Dis Ray McCauley. Wat doen jy?
Al Lovejoy: Niks. Daar kan hy nie mense rob en belieg nie en hy sal dit sowaar's fok nie regkry met my nie.
Ali Baba: En as dit Minki is?
Al Lovejoy: O, my liewe lieflike hemel (what the fuck did I do right?) – kom hierso liefie…
Ali Baba: Kry mens meer zaber/bosmossel/steak-wat-virrie-pad-kyk as jy big
time drak dealer is?
Al Lovejoy: Here ou, coke whores are a dime a dozen.
Ali Baba: Wat is die ergste tjoekie waarin jy nog was?
Al Lovejoy: Pollsmoor…
Ali Baba: Is die tjoekies in Europa beter as die gate hier?
Al Lovejoy: Ja, for fuck's sake – steak, chips en ice-cream elke Saterdag in Leeuwen Sentraal – België. In Amsterdam Sentraal was dit actually meer ridiculous – daar het hulle 'n soort van bliksemse room-service gehad…
Ali Baba: Jy tune ook jy was 'n Mongrel, 'n lelike gangster in Kaapstad. Swaai jy nog daar verby en salute die brothers jou nog?
Al Lovejoy: Ek is 'n skrywer nou – so ekke worrie nie veel van sulke shit nie.
Die boek is in Exclusive Books beskikbaar. Kry vir jou.
Watkykjy staan op 3,083,273 post views in totaal sedert 1 November, 2019.