Nigel hieso in Wes-Afrika is 'n fokken weird plek. Ek skiem julle gaan my dit nog baie hoor sê. Nie weird soos "Mamma, daai akkedis loer vir jou" na jy matgom of Kool-Aid gerook het nie. Weird soos mense wat mekaar met 2×4's bliskem en traangas skiet. Swak.
Sowat 'n week terug het die pote besluit om die local mark toe te maak. Die rede was dat dit minder soos Bruma begin Lake het en meer in 'n vullishoop ontaard het aan die buitekante van die plek. Jy check, die illegal ouens wat smous aan die buitekant het begin probleme maak vir die legal ouens aan die binnekant. 'n Price war, amper soos Compaq en PeopleSoft. In hierdie geval het altwee verloor, want die hele plek is toegemaak soos 'n lappop se alie. Sommer twee van die omringende strate ook. Toevallig is een van hierdie strate my shortcut graft toe.
Nou park die polisie daso elke aand op die stompe en die rotse wat die pad blokkeer en ek moet 'n langer pad graft toe vat elke dag. O ja, ek moes ook seker mention dat die pote die mense met traangas uitmekaar geskiet het vir so twee dae lank voor die plek behoorlik toe was. Ek is seker daar was live ammo ook iewers betrokke gewees. Die bra's like mos van hulle AK's. In fact like hulle dit so baie dat hulle die goed personalise. Bietjie duct tape en 'n "No food for lazy man" sticker hieso om die magazine aan mekaar te hou en 'n bietjie ski-rope daaso met 'n vissermansknoop dat jy darem 'n band het wat oor die skouer kan haak. Mens moet tog een van die aarde se onakuuraatste gewere kan grip voor jy losbrand.
Anwyway, dit het teen die einde van die week gelyk of die stof darem so bietjie gaan sak het – ek gebruik "stof" hieso as 'n metafoor, want die plek lyk hierie tyd van die jaar soos Irak. Ook maar goed so, want ek was juis weer besig om uit my R10 Hogo Boss (let wel HOGO Boss) uit te hardloop en die mark is die aangewese plek om allerhande survivables te replenish. Dis nou as jy dit kan regkry om die ou met die rotgekoude ore en af arm twintig keer kan tune om te fokof sonder om jou moer totally te strip. Intussen moet mens maar graft ook. 'n Man is nie 'n klip nie.
Actually kan 'n man 'n klip wees. Party van hierie ouens kan nogal 2×4 shots teen die kop handle. Dit het ek nou so halfuur terug gesien en dis hoekom ek nou hier sit en skryf. Baie dankie aan die daai harregat poes. Nou kan ek vanaand by die huis sit en 'n skuimkoppie deur die nek jaag, skommie flieks download en Reality TV kyk. Hierie particular bra het kak gemaak by 'n cashpoint. Wat is 'n cashpoint? hoor ek julle vra. Dis dieselfde as 'n roadblock. Die polisie vat net al jou zak en gee jou kak. Toe die china kak maak met die ore, toe bliskem die ore hom. Toe moer hy terug. Toe kom 'n crowd van die graft aangehardloop. "Hasie, waar's jou hoed?" Toe donner hulle vir hasie. Maar Hasie het connections. Mens fok nie met Hasie nie. Nie in Rrrtgerië nie.
Nie eers vyf minute later nie, toe is daar 'n riot squad van so 10 mans sterk met gas guns, rubber bullets en Boksburg poolhall attitudes. Dis op hierdie stadium wat ek traai inkom by die hek sonder luck. Polisie aan die een kant en Liverpool sokker hooligans aan die ander kant. Ek tune die drywer om die ander hek te traai om die blok. Daar aangekom lyk alles sharp maar ek moet nog vir bra Hellboy bel om te hoor wat gaan vir wat. Die china sit toe nog binne die gebou met staff wat nie wil uitgaan nie, want hulle smaak nie bullets so kwaai nie.
Ek is met die sel op die oor en ek vat aan die hek om oop te maak toe daar from nowhere 'n polisieman losbrand hier langs my op iemand aan die binnekant. Met 'n dowwe geplof val die bra in die stof. RRRrrt! Darem net 'n rubberbullet, so hy vee met genoë die kak uit sy oë. Nietemin nog steeds 'n Rrrtwaardige ervaring.
Tyd om terug in die kar te klim en die base te bel op 'n safe distance van 50 meter. Ry toe weer om die blok en speck nog meer poeslisie wat aangecharge kom. Party met ammo, party met 2×4's, party met klippe. O nee wag, daai ouens het siwwies aangehad. Moet seker konstruksiewerkers gewees het. Waar is hulle helmets?
So in die verbyry sien ek dat hulle so stuk of tien mense ge-arresteer het en agter in die swart Isuzu's geprop het. "Weird", skiem ek. Hulle wou seker net daai een ou se liksens ge-nodge het. Nou al hierdie kak. Intussen in die binnekant, verneem ek dat al die opgefokte mense hospitaal toe gevat is. Dis nou die mense wat onder die polisie se kolwe deurgeloop het na hulle deur die hekke gekom het om te kom kak maak.
By die huis aangekom het ek maar op die Net geklim en met bra Hellboy begin MSN chat om te hoor of alles sharp is. Hy het nou al vir 'n rukkie nie respond nie. Seker buitentoe gegaan vir 'n smoke break. Ek sal maar 'n Heineken moet drink of iets. Hulle kom deesdae hier uit in sulke GROOT bottels.
I love this place!
Tossie Lochner,
Italië
Watkykjy staan op 3,084,307 post views in totaal sedert 1 November, 2019.