Al wat Afrikaans is gaan deesdae te kere oor ’n nuwe band genaamd Rooibaardt. Huh? Basically vier blare van Betlehem wat world music maak en ’n hippie vibe gooi, jy check? CHopper het met die ou’s opgehook en gecheck hulle is actually safe, jy check.
Puf-puff-give. Puff-puff-give. Blikkiekap is koning. Dus tune ons julle once, twice, en drie keer – exclusively: ‘n Interview met Rooibaardt. Once chinas.
CHopper: Dagsê Rooibaardt. Hoelykkit?
Rooibaardt: Ahoy bro. Dit lyk altyd vir ons goed, want die lewe is kwaai.
CHopper: Wie's wie hierso – introduce asseblief die mense?
Rooibaardt: OK, ons maak so:
- Hensie van Staden: Lead vocals; kitaar, bekfluit, trompie, jembe, melodium en penny whistle
- Denzl Keenan: Vocals, viool, kitaar, jembe, panfluite, talking drum, mandolien, en thumbila
- Louis Esterhuizen: Bass en lead kitaar
- André du Plessis: Dromme
- Mario van Vuuren: Sound management
Ons is een happy familie.
CHopper: Sharp. Ek check julle bra's is van Betlehem af. In watse deel van Betlehem presies is Jesus gebore?
Rooibaardt: Ja wel, waar hy gebore is weet ons nie maar hier is 'n hospitaal.
CHopper: Is julle vegetariërs? Ek vra want ek hoor julle sing van vleismango's in een van julle tunes. Please sexplain.
Rooibaardt: Wel vegetariërs het 'n suurlemoen al so lekker gesmaak soos 'n vleismango met hare? Miskien is ons vleisvegetariërs.
CHopper: Dan's daar ook die papegaaislaai. Het dit dalk iets uit te waai met die naam Rooibaardt?
Rooibaardt: Rooibaardt is 'n internasionale Afrikaanse naam soos apartheid. Apartheid veroorsaak oorloë en Rooibaardt maak vrede.
CHopper: Kan julle maybe vir die uninformed mense verduidelik wat die World Music thing is?
Rooibaardt: In Suid-Afrika is ons 'n mengelmoes van kulture van alle dele in die wêreld wat onder die vaandel bly van die RAINBOW nation. Ons het besluit om musiek te maak vir die reënboognasie met 'n Afrika feel wat alle kulture sal laat voel dat hulle deel is van Afrika met 'n bietjie verlange. Die oorsese dudes kry weer hulle eie land met ’n Afrika feel.
CHopper: Dink julle nie dis weird dat Ierse, Afrika, Afrikaanse, en Spaanse musiek so nca saamgaan nie?
Rooibaardt: Musiek is 'n taal. In die noorde, ooste, weste, en suide het elke land maar dialekte maar mense verstaan mekaar tog. Musiek kan geskommel word en met die regte chemiese reaksie kan die produk net die wenresep wees. Dis nie so weird nie. Mens moet dit net kook en geniet.
CHopper: Van die tunes ruk nogal mal. Dis seker befok om die tunes live te speel?
Rooibaardt: Wel as musiek jou op 'n ander planeet plaas met die spoed vinniger as lig dan is dit befok.
CHopper: Wat's die hecticste gig wat julle nog gehad het?
Rooibaardt: Dit was op die Vrystaat stadium met rugby. Klink goed, al was die meeste mense dronk en intellektueel totaal kommersieël. Hulle wou ons moer en met blikke gooi want ons konnie “O Ryperd“ doen nie. Die ergste was nog dat die organiseerders weggeloop het en ons tot vandag nie betaal het nie.
CHopper: As ek Betlehem toe skiet, wat se jol sou jy voorstel?
Rooibaardt: Wel Bethlehem is net 'n naam. Die GAME COCK INN is Bethlehem. Dit is die enigste live venue in die Vrystaat en ons ontstaan was daar.Dit is 'n alternatiewe plek in 'n museum. Dit is die jol.
CHopper: Is daar nie baie boere in Betlehem wat nie uitmaak van julle styles en lang hare nie?
Rooibaardt: Wel die Game Cock is ons uithangplek. Artists, musikante en mense met verstand hang hier uit en die boere en ander "slim" mense noem ons die “kokkerotte in die kokkerotgrot“. Nee, baie van hulle maak nie uit nie.
CHopper: Julle sing in 'n paar tale. Kan julle actually verskillende tale praat of ken julle net die liedjies se woorde?
Rooibaardt: Hensie praat Sotho en Denzl praat bietjie Zulu. Ander tale is aangeleer.
CHopper: Wat maak julle blare behalwe musiek – of is dit die full-time vibe?
Rooibaardt: Behalwe musiek speel ons foozball en hackie (gebreide bal wat jy met jou voete skop) en ons rehearse.Ons is full time musikante.
CHopper: Lyk of julle nogal die Afrikaanse musiek wêreld op hol het. Hoe voel dit?
Rooibaardt: Dit is lekker om te sien dat die Afrikaanse mark ook op ander local musiek kan vibe as die normale.
CHopper: Baie SA bands kannie eers een tipe musiek ordentlik jol nie. Julle kap sommer 'n paar style. Is julle self-taught of het julle music edumcation gehad?
Rooibaardt: Alles is self taught, behalwe Louis wat musiek opleiding gehad het.
CHopper: Wat's julle immediate planne vir die future?
Rooibaardt: Op die oomblik om soveel gigs in SA as moontlik te doen vir die volgende ses maande, dan te werk aan 'n volgende CD en dan die oorsese mark aan te durf.
CHopper: Is julle op toer na enige significant events toe nou een of ander tyd?
Rooibaardt: Ja Oppikoppi; Aardklop, Whalefest, Huisgenoot Skouspel ens. Hulle kan op ons site sien.
CHopper: Ek sien julle bedank mense vir mieliemeel in die album. En dit?
Rooibaardt: Ons het die album self opgeneem in 'n studio wat ons self gebou uit grasbale, want daar was nie geld nie. Mense het vir ons mieliemeel (stapelvoedsel in die Vrystaat) gebring om te eet in die agt weke van opname.
CHopper: Waar kan mense die CD in die hande kry – buite Betlehem nou?
Rooibaardt: By alle CD shops in SA (dit is as hulle dit al bestel het). As dit nie daar is nie moet hulle vra dat hulle dit kan order.
CHopper: En meer info soos bookings of t-shirts of wat ook al – tune ons julle websait.
Rooibaardt: Ons websait is www.rooibaardt.co.za.
Mense kan ook ingaan op Google en net intik Rooibaardt, en daar sal 3500 sites oopmaak.
CHopper: Umm… OK, whatever. So wat skiem julle van watkykjy?
Rooibaardt: Wat is watkykjy? Ons kyk fokkol. Ons het nie TV nie. Te arm.
CHopper: Nie… TV… nie. Raait… OK… So…ja… Enige laaste woorde?
Rooibaardt: Check uit waar ons speel. Die show sit jou in 'n ander dimensie, INCREASE DA PEACE!
Daar het julle dit. Check Rooibaardt uit virre moerse vibe, enoy the ride en maak hom los. Die perre meen besigheid. Kwaai.
Watkykjy staan op 3,092,686 post views in totaal sedert 1 November, 2019.