In standerd sewe Geskiedenis oor die Tweede Wêreldoorlog leer mens dat die Spilmoondhede bestaan het uit Duitsland, Italië en Japan. Mens leer hulle was die bad ouens van die oorlog, soos Skeletor of Prime Evil. G-g-g-g-g-ghhhhhh. Prime Evil. Cool.
Sover mens leer was die Spilmoondhede almal ook nogal mean. Rerig 'n case van klein maar getrainde lande. Fokken meanies. Plus die Eerste Wêreldoorlog is net noudie dag klaar. Have a heart ouens. Die aarde is nog besig om op die been te kom. Nee man. Sit neer daai Messerschmidt.
But what of Italy? Ja, dis nou 'n goeie vraag. Wat van Italië? Almal maak altyd grappies oor die Franse war heroes, maar as jy vra van Mussolini se mense dan kyk mense so weg en boor met hulle groottoon in die sand. Lekker blind.
Dus het ek, in die interest van akkurate geskiedenis en beter braaipraatjies, gaan uitvind wat de fok daar aangegaan het.
Die resultate is baie minder impressive as verwag, amper soos om 'n Fiat Palio te koop. Snik, ek wil nie nou daaroor praat nie OK?
Maar ons gaan haal hom daar ver. Mos lekker langvraag. Fokken vyf en twintig punte pel, en ek merk negatief. Jirre skool was fucked up. Anyway, terug na die les…
Il Duce: Die Muscles van Rome
Ontmoet Benito Mussolini, of Il Duce, wat lekker diktator-diktator wou speel met Italië se future. Hy maak fascisme op en besluit net een ou kan top dawg wees met behulp van 'n moerse sterk army. Niks fokken gestemmery of strikes of liberale wharra-wharra nie. Fokkol. Basically soos die NP hier. Lekker poef.
Die Italians, however, smaak die man kwaai en in 1922 march hy en sy bra's sommer Rome toe en maak hulle tuis. Net so. Cheers en spot you vorige regering, pasop vir die deur teen jou gat as jy fokof.
Mussolini was moerse impressed met homself en het al hierdie hang-ups met pride, en honour en sulke aksie-fliek motiewe gehad. Om te bewys hoe cool hy (en sy landjie) is vat hy sommer Etiopië in 1935. Moerse achievement Benito. Etiopië. Whoooo! Sjoe, jy vat darem nie kak nie. Het julle Etiopië op julle eie ingeval? Disse groot seun!
Dis kort hierna dat die spreekwoordelike kak die Europese fan strike (met die fan op 3). Rrrrrttt! Fppp-ffpp-fpp.
Lekker oorlog
Dis 1940 en al die sterk lande is besig om links en regs PK's uit te deel. Wag 'n bietjie, skiem Il Duce. Hier's 'n moerse photo opportunity. Plus ek het mos 'n cool army (o ja, Etiopië – whoo!) en ek ken vir Adolf. Kom ons fokken klim deur die toue. Hy verklaar oorlog en join Duitsland in die "Bloed en Staal" alliansie. Jy check, action movie stuff die. Bloed en staal. Jaaaa! Awesome!
Nie dat Italië geared was vir oorlog nie. Hulle was nou nie jou top tipe presteerder in Europa nie, en het heelwat minder geld, army mannetjies en know-how gehad as die ander mense. War experts reken hulle tenks was kak, hulle radios useless, en hulle artillery en planes WWI kwaliteit. Maar appels swaai wil hulle fokken appels swaai, amper soos daai fokken Maltese poedel by mens se ouma se huis. Jissis.
Pasop vir Grieke met gewere
Van die begin af steur Hitler hom nie juis aan die Italianers nie. Hy neuk aan soos hy wil sonder om hulle enige iets te sê. "Ja ouens, facisme, sure whatever. Skiet bietjie daai kant toe asseblief." Dit piss natuurlik vir Mussolini moerse af. Sy egotjie kan dit nie hou nie en op hulle eie val Italië Griekeland binne. Grieke kan mos nie fight nie.
Maats! Fok die Grieke en die Britte toe 'n paar Italianers op. Hitler check hierdie storie uit, sug, en loop sit bietjie handjie by. Ra-ta-ta bag hulle 'n paar Grieke en sommer 'n Brit of so. Vir sy troubles hou Hitler vir Griekeland as deel van sy personal stash. "Ek het al vir jou honderd keer gesê Mussolini. Die lande wat JY verower kom in JOU personal stash. Dis hoekom EK Griekeland vat. Dis MY big fat Greek colony."
Hello Afrika, tell me how you doin?
In Noord-Afrika tos die Italianers ook maar rond en word weereens six-love opgefok, die keer deur die Britte (met Indiese en Australiese ondersteuning). Die Duitsers onder Rommel help weer uit, maar toe die Amerikaners kom maak almal dat hulle wegkom.
Dit raak vinnig duidelik dat Italië nie juis 'n moerse partner is om te hê in die oorlog nie. Duh. In Casablanca bespreek Churchill en Roosevelt hoe om die Italianers uit te haal. Die Allieds hit Sicilë in 1943 en vat die eiland. Duitsers en Italianers vlug op strepe terug vasteland toe.
Die Italianers check hulle is in die kak. Hulle roep 'n meeting en Mussolini word retrench en sommer gearresteer ook. Niks written warnings vir sulke gevalle nie. "Maak daai desk skoon pappa. Ja, daai "kiss me i'm italian" coffee mug ook sommer." Hitler stuur op die einde 'n paar paragliders in om Mussolini uit die berge te kom red. Na 'n ruk in Duitsland neuk Il Duce terug Italië toe.
Et tu Boetie?
Na daar met die Allieds vrede gemaak is, baklei daar steeds Duitsers oor practically die hele land en Italië se nuwe leier verklaar sommer oorlog teen Duitsland. Mens kan nou eerlik sê Italië was hulle eie grootste vyand. Ook lekker mooiweersvriende en dit na Duitsland hulle al soos 'n honderd keer uitgebail het. Lekker blind.
Uiteindelik word Rome in '44 geliberate (nie geliberty nie). Mussolini en sy houvrou word gevang, geskiet en hulle liggame in Milan ten toon gestel. Vat so slegte eks-diktator. Dis 'n bad eks-diktator. En jou blerrie girl ook. Hahaha. Vat so! Hoekom sy ook geskiet is weet die jirre alleen. Ek dink almal was bietjie gestress op die stadium van die oorlog.
Gevolgtrekking
(Hier moet mens nou jou argument mooi saamvat dat meneer kan sien of jy nie net als soos 'n papegaai geleer het nie. Jy moet dit kan TOEPAS jou blerrie FOOL anders gaan jy DRUIP en dit gaan op jou ETLAPKAART kom en jy gaan nooit 'n WERK kry nie want die KLEUR VAN JOU VEL gaan nie meer in jou guns tel nie.
Is jy by?)
So… in elk geval, wat het Italië verrig deur die oorlog? Not a fucking lot, that's for sure. Kom ons kyk:
- Baklei aan die evil, verloorkant van 'n Wêreldoorlog. Nie goed nie.
- Verloor al hulle battles in voorgenoemde oorlog. Nogal ver ook. Moerse embarrasing.
- Skuld klomp geld na die oorlog. So much for vooruitgang.
- Moes klomp van hulle mense begrawe wat nie eers wou fight nie. Fokken sad.
- Staan bekend as nasie wat stupitte Fascisme uitgedink het. Baie uncool.
- Het nou die dubious honour as probably die uselesste army in die oorlog.
- Moet antwoord vir titles soos "Tea with Mussolini". 'n Bitter pil.
All in all 'n baie misguided campaign. Wys jou net hoe stupid mense is om vir iemand soos Mussolini (of Hitler) te luister. Gelukkig het ons Afrikaanse mense nog nooit geluister vir sulke ouens wat so hard praat en hulle vingers in die lug waai nie. Sjoe.
Darem is Italië heelwat smoother na die oorlog. I guess. Mens dink aan Ferarri, fashion, smooth bra's en hot girls. Dis waar. Maar dan's daar ook natuurlik die Fiat-fiasko om voor te antwoord. En dit, my vriende, is 'n storie op sy eie…
Watkykjy staan op 3,084,038 post views in totaal sedert 1 November, 2019.