Jaar: 1989
Met: Patrick Swayze, Sam Elliott, Jeff Healey et al.
Kort op die hakke van Dirty Dancing volg Road House – 'n sleazy action fliek met Swayze as 'n hardcore dog intelligente bouncer met 'n hart van goud. Swayze (of Dalton) word gehuur om 'n hilbilly joint met die naam "Double Deuce" te kom opclean in Missouri. Maar dis nie so maklik as wat dit klink nie…
Sien Double Deuce is die tipe plek "where they sweep up the eyeballs after closing." Lekker gomgat joint waar fights elke aand uitbreek, die band agter ogiesdraad speel, die manager 'n girl doggy-style in die kantoor, en die barmen geld sluk uit die till. Klink soos enige respectable jol in Vereeniging.
Dalton het sulke lame reëls vir bouncing soos "be nice until it's time not to be nice." Hy sort 'n paar ouens uit en word op sy hand gegaff. Die dokter wat dit opstitch is so lekker eighties tannie met blonde hare – Dr. Clay. Obviously die love interest en, incidentally, nogal 'n bad dresser. Haar oom of iemand besit die garage op die dorp.
Hy en sy like mekaar moerse, alhoewel sy (expectedly) nie hou van die fights en harde lewe nie. Op die ou einde kan sy maar net nie bestand bly teen die sjarme van Swayze se mega-mullet en ballerina-agtige houding nie. Hy's kamtig ook bietjie van 'n intellectual of iets. Whatever.
Die Spaniard in the works is die local crime boss wat almal rondfok en die argetipiese spul goons het wat mean is en almal uitsort en doodmaak en skrikmaak en so aan. Hy smaak ook vir dr. Clay so mens kan check waar die ding heengaan. Balke toe pappa, en nie in 'n goeie manier nie. Dis verseker.
Die kak spat behoorlik tussen die twee, en Dalton kry eindelik sy cowboy buddie Oom Snor Elliott om te kom help. Die outop is nogal hardcore, maar selfs hy kan nie hierdie small-town crime syndicate shit hanteer nie. Die goons sort hom uit en gee dus vir Dalton 'n lekker motief om te retaliate – wraak – altyd 'n plus inne action.
En nie hoe nie. Die evil boss dude het 'n fokken helikopter en 'n monster truck en bikes wat als ingespan word vir die grand finale. 'n Monster truck? 'n Fokken monster truck, ek sê jou. En alhoewel ek nie gaan verklap wie wen op die einde nie, sal ek wel noem dat hulle daai klein dorpie fyn en flenters skeur. Soos in "tear that place up" en shit.
Hoogtepunte
- Lines: Ma-cheese-mo in die worst way. Hier's 'n paar "Pain don't hurt" / "I'll get all the sleep I need when I'm dead" / "Be nice until it's time not to be nice" / "The kind of pace where they sweep up the eyeballs after closing". Vatso!
- Sleaziness: Behalwe vir die Western style bar, is die overall gevoel net so bietjie aan die af kant. Girls is net te sletterig en als herinner bietjie daaraan as mens skelm skommies maak terwyl jy oorslaap op 'n vreemde plek.
- Fight scenes: En fok weet, daar's heelwat. Swayze is blykbaar moer trots op die fighting want hy kon sy kung-fu moves afshow. Hahaha. Ou pronkertjie.
- Die tunes: Die blinde bra in die bar is blues/rock legend Jeff Healey en hulle sorg vir lekker losgat tunes regdeur die fliek.
- Die monster truck: Soos die dinosaurs sal ek nooit monster trucks heeltemal kop nie. Fokken verbysterend. En hoe gereeld sien jy ene in die hande van evil motherfuckers?
- Die obligatory oggend na sex-scene: Jy weet daai scene waar die girl so opstaan en dan's die ou reeds buite in sy jean? Dan stap sy gewoonlik weg van die kamera af met 'n wit laken oor haar boobs en dan sien mens so haar ass. 'n Soortgelyke scene hierin. Classic.
- Die bike scene: Redelik naby die einde hardloop Swayze in sy tight denim 'n ou op 'n scrambler in en duik hom van sy bike af in die rivier in. Subliem.
Obviously het mens hier nie te doen met 'n moerse intellectual piece of work nie. Maar dis wel fokken entertaining en nogal lekker om te check. Maak 'n kap elke keer as iemand gemoer word. Jy sal fokken gekletter wees aan die einde van die movie. Great en mindless aksie met 'n moerse einde. Baie soos skommies maak. Actually presies so…
Watkykjy staan op 3,123,943 post views in totaal sedert 1 November, 2019.