Die spietkop
Skaars 'n halwe dag terug in Rrrrtgerië na 'n suipvakansie in Londen en die plek kap weer weird style. Ons was weer op een van ons infamous trips oppad bank toe. Dieselfde stories soos altyd: Flag 'n civilian kar af en vra virre drop bank toe. Baklei met die china oor die prys en klim eventually in. Die ou ry soos 'n poes. Hierie keer was dit bietjie anders. Net so halfpad verby die local, stink besige mark is daar 'n commotion. Die taxi driver lê skeef van voor af agtertoe na my deur toe en sluit my deur heel panick-stricken.
Die volgende oomblik word die kar se dak gebliksem dat dit sommer dent, die deur aan mister Hellboy se kant word oopgepluk en 'n dude in 'n uniform spring in en begin bloumoord te skree. Rrrrt! en mister Hellboy is so bleek soos Marilyn Manson. Sien, bra Hellboy was half aan die slaap in die taxi omlat ons so bietjie jet-lagged was en hierie polisieman het hom so bietjie ontstig. Dit was actually poes snaaks.
Die polisieman hou aan om op die drywer te skree om af te trek en die drywer hou aan om op die polisieman te skree dat hy ons eers wil aflaai en sy zak wil kry. Toe die cop eventually die handbriek optrek toe skree ek ook sommer saam: "What the fuck is going on?!". Ek het nie mooi verstaan wat oom polisieman probeer verduidelik het nie, maar dis iets in die lyn van dat hy net die ou se driver's licence wil check. Jirre fok, imagine dit gebeur in SA? Die polisie spring so agter in jou kar in by die robot en begin op jou te skree vir jou driver's licence: "I can please like to arrest you for being driven wifout a licence maybe?!"
Ons het toe maar uitgeklim en die ouens getune lat hulle maar hulle fights moet fight, want ons betaal nie vir die halwe ride nie en die polisie gaan ook nie ons geld vat nie. Nie in helder daglig nie anyway. No ways china. Spring toe maar in die volgende taxi driver se kar wat die hele storie gesien het. Ons tune hom die directions en sluit af met 'n baie stern "No wahala please!". Ek sit toe my safety belt aan en die hele contraption kom los van die 1970 Datsun Stanza low-rider se chassis af (soos met enige groen geverfde 1970 Datsun Stanza low-rider) en vra die bestuurder om vir my asseblief die window-winder aan te gee dat ek kan rook.
Die reënboog
Iets wat amper net so skaars is soos helikopters hier in die Weste, is om 'n reënboog te sien. Alhoewel dit redelik baie reën is daar gewoonlik maar min boog te bespeur. Seker die stowwerige lug. Ek het toe maar in die intense hitte met my gebakte pere gestaan en die ding afgeneem toe een van die naagies nader loop en tune: "Sir, do you have rainbows in your country as well?" Toe verduidlik ek vir hom dat ons glad nie rainbows in SA het nie en dat ek dit afneem om die punt van die reënboog makliker te locate. Sien, daar is mos 'n moerse pot goud by die punt van die reënboog. Hy het nie langer rondgestick nie. Homself seker uit die voete gemaak om die goud te gaan soek. Gelukkig vir hom ken hy Nigerië beter as ek, so hy sal voor my daar wees.
Watkykjy staan op 3,101,775 post views in totaal sedert 1 November, 2019.