Jissie, uit die as van gebrande hout stap daar eendag twee bra's op soek na groener weivelde. Gewapen met twee vintage Technics SL12's en 'n paar wicked samplers, besluit hierie twee gabbas dis tyd vir musiek maak van formaat.
Soos ons almal weet is daar min goeie dinge wat SL-magazine vir ons gebring het anders as belaglike artikels oor feministe in drag en Colin Moss se goeie tafelmaniere. Wat hulle wel gedoen het is om saam met African Dope Records 'n CD te release in die Jan 2005 issue, wat seker gemaak het dat local elektroniese musiek weer oppie map is. Een van die tunes was 'n voorsmakie van die nuwe upcoming The Real Estate Agents met die losmakertjie "Poe Pa". Jirre, wat 'n tune.
The Real Estate Agents is Sibot en Markus Würmstrung (beter bekend as Contructus Corporation saam met Watkin Tudor Jones en Felix LaBand). Met 'n track rekord wat julle nie sal glo nie, maak hierie ouens elektroniese musiek vir die hele gesin en meer. Hulle debuut 3-CD album is nou beskikbaar net by goeie musiekwinkels regoor die land.
Simon aka Sibot is eintlik Engels met skrefies ogies maar het insist om sover moontlik Afrikaans te antwoord, respect.
bra briek: Wat kyk jy?
Simon: My chik.
bra briek: Simon, are it you who made the little boy in Black Cat peanut butter TV ad music, where he pull the mat under out everybody? Ek grap net Simon, maar was dit jy? Befokte tune as dit jy was.
Simon: Dankie.
bra briek: Dink jy jy is beter as ander mense? Of at least Markus?
Simon: I'm better than most people at TV games especially Markus (Farkie).
bra briek: Hoe voel jy oor die Afrikaanse musiekfabrieke wat orals op-pop soos Kurt Darren?
Simon: Wie die fok is dit?
bra briek: Klink of jy baie influence trek van die einste Kid Koala, sou jy sê dis waar?
Simon: Ja, dis waar, maar ek het my own style now van baie influences gekry.
bra briek: Hoeveel drugs het jy gevat toe jy die tune "Famon Nigiri" gemaak het?
Simon: Ek het baie crack gerook in a tea bag.
bra briek: Beplan jy om nog TV advertensie musiek te doen, of het jy al in die meantime?
Simon: Markus en my en my boet het a poes cool company 'SAY THANK YOU' en ons het baie ads gemaak, Sasol, Metro, Cell C…
bra briek: As 'n scratch DJ, hoe voel jy oor die nuwe CD-J tegnologie wat die lug sien?
Simon: Dis kief .. nie vir my nie.
bra briek: Het jy al probeer scratch met hierie CD-J's?
Simon: Ja .. dis nie cool.
bra briek: Waar kom die naam Sibot vandaan?
Simon: My ouma het my genaam.
bra briek: Wie is jou favourite WWE Raw rof stoeier?
Simon: Ol skool 'Ultimate Warrior', 123 Kid of Stone Cold.
bra briek: Was jy al by 'n watkykjy paartie gewees?
Simon: Nee.
Markus:Hoe sê Outjies! Ek wou net sê dat ek dink julle site is befok! Ek het so in die laas jaar dit vir die eerste keer gecheck. Ek en my maat Pieter hou verskriklik van wat julle ouens doen. Ek dink ook julle's snaaks.
bra briek: Shot bra Markus ons is bly jy dink so. (Briekmerk suspect dat bra Markus either nogal gerook was toe hy die interview vra beantwoord het of dat die kragte van die "berg" hom dalk bietjie beet gekry het.)
bra briek: Wat kyk jy?
Markus: My kat wat ongemaklik lyk. Dis deesdae 'n bietjie tense om die huis.
bra briek: Vir 'n Pretorianer is jy nogal weird, jy fit nie die normale bill nie, wat gaan aan?
Markus: Ek weetie!? Eintlik as ek da'an dink will ek sommer huil… Ja OK kyk – Ek het groot geword in 'n plekkie met die naam Schoemansville. Weet jy wa' dit is? Dis waar die Magaliesberge die Hartebeespoortdam ontmoet. Naby Brits. In elk geval, toe ek agt jaar out was het 'n groep standerd vywe my gemoer, omdat ek my jeans en t-hemde altyd verkeerde kant om gedra het (soos Kriss Kross). Hulle het ook gesê ek's weird…
Toe ek later Pretoria toe trek, het niemand my mee' geneuk nie. Sien ek was in 'n kuns skool, in Pro Arte Alphen park. Daar was 'n klomp weirdos en talle moffies. Ek was stil en teruggetrokke, maar ek het diep in my hart geweet dat ek weirder was as die helle fokken spul van hulle saam.
Nou…
Kaapstad is KAK. Almal is so interessant, ek will doodgaan. Almal maak asof hulle heeltemal mal is. Hulle lyk soos hoenders, met hulle tweedehanse klere, met hulle kort voor en lang agter manga hairstyle, en hulle gekleurde kontaklense. Die berg is darem vir my mooi. Ek het gedink dat as ek hierna toe trek, sal mense my 'n bietjie spasie gee om my eie ding te doen. Ma' nee.
Tussen al hierdie kleurvolle eksentrieke springhase, STAAN EK NOG STEEDS UIT, EK MEEN EK PAS NIE INNI, SOOS 'N POFADDER IN 'N HOENDERHOK. Opstraat lag mense gereeld vir my, of hulle skreeu my naam uit hulle karvensters uit, of gooi my met leë blikkies as hulle verby ry.
Baie mense dink nie ek is snaaks nie, hulle sê my sin van humor is kak of weird. Weird weird weird. Hulle sê my tattoo’s is ook weird, en die kos wat ek eet, en die musiek wat ek maak. Weird. En hulle is almal supposed om so moer liberal te wees. Ek sê: "Fok Hulle almal!"
SORRY ek het so bietjie van die punt af gedryf, edit maar die boring stuff uit. Wat was die vraag? O ja, Pretoria het my en my nefies (Jannes, Roan, Zak Hendrikz) almal anders gemaak. Ons het baie dagga in die Trimpark gerook, en na Aphex Twin en Autechre geluister.
Ons het ook almal baie groot penisse.
bra briek: Dra jy nog jou rugbykouse? En hoekom nie?
Markus: Nee-nee. Ons almal weet rugbykouse is net goed vir een ding.
bra briek: Maak jy net musiek of spin jy ook?
Markus: Ja fokkit! (Jyer-blyendalk-inu-grott?!)… vra net.
Ek's nog nie so goed soos Simon nie, ma' ek oefen. Ek het eers onlangs innie game begin belangstel. Dis bevange om saam met Simon te kan jam as The Real Estate Agents. Ek leer moerse baie by hom. Ek dink hy speel fokken goed uit.
Hy kyk na die mense, en scratch en drink bier en kak. HA!
Ek gaan jou vertel van my nuwe dj style: Sien ek maak eksperimentele elektronika en mooi geraas, ek kan dit goed dj. Maar die ding is net party mense kan da' op party, dit ruk soms hand uit en dan bloei mense se ore. Ek hou van hip-hop, fokkit almal hou van hip-hop, veral as hulle party en ek wil hê mense moet dans. Ek wil hê hulle moet dans, ding is ek willie jou tipiese hip-hop dj wees nie, b (sweat bands, omgedraaide hoede etc.) Ek like vir iets niets. So wat ek doen is, ek vat commercial mtv hip hop soos Missy Elliot, Busta Rhymes, Method and Redman – jy weet stuff wat almal ken, en dan remix en naai ek hierdie liedjies mors dood live on stage. Ek maak 'n nuwe liedjie, dis eksperimenteel, vet en Satanisties 666, en dis mtv music video hip-hop, so hulle dans.
bra briek: Net soos Simon was jy ook deel van 'n poes cool TV advertensie se musiek. Vertel ons meer.
Markus: Ja-nee, dis waar. Ek en Simon skryf nogals moer baie musiek vir die televisie. Ma' net vir spiff advertensies, wat vir ons lekkerrr baie geld in sak beteken. Ons skryf nie music vir Backstage of kak soos dit nie!
Ek het Radio Metro se theme song geskryf vir 2004."Jihad on the Dancefloor?" ken jy? "Radio Metro – Move campaign." Dis daai skaakbord advertensie. Ek dink dis poes cool. Ook 'n klomp anner. Ons het 'n company saam, ek en Simon en sy broer, genoem: SAY THANK YOU.
Op die oomblik werk ek aan Audi A4.
bra briek: Was jy pissed-off toe hulle die ad geban het?
Markus: O Volks Wagen! Ag weet jy, nie so baie nie, ek het R30 000 gekry, ek was 19. Ek het gevloek in die liedjie: "My dick is sooooo hard!"
bra briek: Het hulle dit geban oor sy die ou se piep wou suig?
Markus: Nee omdat daar 'n klomp gevloekery was in die song.
bra briek: Hoe oud is jy nou?
Markus: 22.
bra briek: Jou deal met die NYC label Sound|iNK, hoe het dit afgegaan?
Markus: Poes cool, hulle gee my geld end maak albums wat hulle dan oor die helle wêreld na al die coolste winkels toe stuur. Ek's eintlik nou besig om my nuwe album vir hulle kla' te maak. Dit sal einde Maart in die winkels wees.
Markus:Fok ek's moeg getik!
briekmerk comment: Mmmmm… munchies.
bra briek: Is hierdie tunes in SA beskikbaar?
Markus: Nee. Try boomkat.com
bra briek: Die naam Wormstorm, waar kom dit vandaan?
Markus: …ek was seker so ses jaar oud, dit was net voor die eerste egskeiding, hulle was alweer besig om te baklei. Ek was alleen, net soos nou, die stilte, die donker en die konstante krap en geknaag van die wurms. Net agter my linkeroor. Hoor hoe wriemel hulle… Hulle sê vir my hoe om op te tree in 'n geselskap mense, hulle sê my wat om te sê, wat om te eet, wie om te seks, en wie om seer te maak… ek is baie gerook op die die oomblik… en ek lieg vir julle… dis nie waar nie… ek speel net.
bra briek: The Constructus Corporation kick darem maar serious ass, hoe is dit om saam met Waddie Jones en Felix La Band te werk?
Markus: Baie baie lekker. Felix het nie so moer baie gedoen nie. En Waddy is glad nie vervelig nie, ek kan jou stories van hom vertel wat jou ongemaklik sal lat voel.
Sibot: Waddy is kief, Felix is kuk.
bra briek: Is die Constructus Corporation nog aan die gang of het almal hulle separate ways gegaan?
Markus: Ons almal doen ons eie ding. Dit was 'n goeie begin vir my. Ons kyk maar wat gebeur.
Sibot: Markus my en Waddy are baie kool buddy en ons het baie tunes gemaak… Ek dink ons sal 'n ander album maak en die naam 'The Black Book'.
bra briek: Watse kar ry jy? Enige spoilers? Dropped suspension? Tekkies?
Sibot: Ek ry 'n original ol' skool Chopper en a corduroy Corvette… poes cool!
bra briek:Almal by watkykjy skiem julle sal dit groot maak oorsee, so wat maak julle nog hier?
Sibot: Dis die beste plek te woon… maar varkie en ek gaan oorsee baie en hierdie jaar ons sal Paris en Belgium toe gaan?
bra briek:'n Mens sou dink dat julle tunes meer in die UK sal werk, of is die Amerikaners actually nie so dom soos wat hulle lyk nie?
Sibot:Uk is a baie hard market te crack… ek dink Europe is die plek vir ons.
bra briek:Gaan julle thrive hierie jaar of net bietjie laag lê en Dragonball Z re-runs op SABC2 kyk?
Sibot:Ons het a company om successful te maak. Ons sal studios bou. Hierdie jaar is 'n besig een.
Markus:Nee, ons beplan om baie shows te doen en rond te toer. Ons sien julle soon in Pretoria.
Watkykjy staan op 3,110,845 post views in totaal sedert 1 November, 2019.