Dis die somer van 2000 en ek en bra grifF is defnitief nie agtien nie. Ons is selfs nie groot Bryan Adams fans nie al het bra grifF al na een van sy concerts toe gegaan. Die grootste gebeurtenis van die jaar kom op en nie een van ons het 'n idee wat ons gaan doen nie. Ja dis reg, dis die einde van die jaar en net soos die naam sê moet mens mos altyd 'n broek vol planne hê. Dis asof 'n reëndruppel in my oog val toe ek die koevert oopmaak en 'n uitnodiging kry om by 'n troue te DJ in Lambertsbaai. Raait skiem ek. Dis roadtrip tyd. Ons laai die groen VW Chico net nadat grifF sy six by nines "geinstalleer" het. Eintlik het dit net so rond gelê want hy wou nie gate in sy bord sny nie, dit maak mos die kar minderwaardig, jy maak uit?
Ja-nee, daai six by nines het lekker ge-graft. Hulle het mos daai lekker GROOT magnete, so as jy die boot oopmaak het jy 'n instant party, want jy plak hulle aan die buitekant van die kar se body vas. Instant party, pappa! grifF moes groot keuses maak. Die saak het so gestaan: Ek was vroeër die jaar Spanje en Griekeland toe om te gaan party. Toe vreet daai holiday nie net zak nie, maar my leave ook. Wat maak mens met net agt dae leave oor? Dis Desember for vark steaks! Een opsie is natuurlik om jou holiday kort te knip en die agt dae wat jy het volstoom te gaan. Opsie twee was makliker: Quit jou job van twee jaar en dan het jy al die verlof wat jou klein liggaampie kan hanteer. Die ander fringe benefits is natuurlik dat die gawe chicks by jou graft so bly is dat jy duik, lat hulle vir jou een van daai silwer treasure chests koop. Daai ene met die bottel Jack en die twee glase wat so in die fluweel le en loer vir jou.
Fokken honger besluit ons 21:00 die aand, ons moet carbo load vir hierie lang trip wat voorlê want kyk Lambertsbaai is nie speletjies nie, dis fokken ver. So dis pasta by Mimo's, goeie nagrus en vroeg op om innie pad te val. Ja raait. Ek het skaars my pasta klaar gemaak toe die idee in my kop kom om dadelik te ry. Dit het nie veel gevat om grifF te oortuig nie. Eintlik net 'n Red Bull, 'n vrugtesappie en afskeid met sy blaar. Na een van daai ongemaklike situasies waar jou beste buddy sy chick stukkend vry terwyl jy sirkeltjies innie sand teken met jou toon, val ons in die pad met great expectations. Ek vat die eerste skof en bra grifF is op zaan duty. Zaan duty is wanneer die persoon wat nie bestuur nie, na die bestuurder se belange omsien soos sigarette aansteek, Red Bulls aangegee en om seker te wees dat die bra nog wakker is.
Zaan duty het fokken goed gewerk vir die eerste 800km maar na dit het so bietjie begin uitrafel. Die kar het soos 'n varkhok begin lyk en op een of ander stadium moes ek by my voete tussen lee Thinz boksies soek virrie skywe. Ek kom ook natuurlik nie agter dat bra briek besig is om my te help soek nie. "Wie bestuur die kar? vra ek." "That would be me!" tune bra briek en ons altwee is net betyds regop lat bra Briek die stuurwiel kan gryp en ons kan wegswaai van die barrier af teen 160. Rrrrt-pff-pff-rrt!! Na ons weer teruggekeer het na ons normale albino wit Valie tan, het ons deurgepush om daai fokken weird pad Weskus toe aangedurf. Stop toe eventually tweeuur die oggend by die Wolmecca. What a fucking shithole…
Al rede hoekom die zaan duty bietjie begin uitrafel het is omlat bra grifF in beheer was. Hy het nie lekker uitgemaak van gooi alle shit wat niks inhet nie op die agter seat nie. Ons het 'n stelsel gehad, ja… 'n stelsel. As vir die barrier insident, hulle noem my nie briekmerk vir niks nie. Ek kan 'n Chico sideways draai in my slaap. Anyways, terug by die Wolmecca. Dit is actually 'n plek vir ingeval julle gewonder het. Ek kan nie lekker onthou hoekom ons daar gestop het nie, maar ek dink dit was vir petrol. Petrol soek so tweeuur die oggend is nie lekker nie. Jy kry gewoonlik fokkol. Veral as dit in die middel van nerens is nie.
Die plek was godsverlate. Ek het gedog daar sou van daai creepy tolbosse oor die pad rol wat mens altyd in die westerns sien. Al wat ons gespeck het was die petrol attendant wat out of nowhere verskyn het. Na ek beheer oor my blaas terug gekry het ons maar gevra vir unleaded en verder die weste ingepush en deurgedruk na Victoria-Wes toe. Ek sweer dis die plek wat hulle as location gebruik het om Children of The Corn te shoot. Creepy of note! Ons suiker toe in by so bed-en-brekfis affêre om bietjie ontbyt te knaag. Ons is op hierie stadium al iets soos nege ure op die pad gewees en het begin crazy raak, maar darem nog nie so crazy soos die bed-'n-brekfis nie. Ek sweer hulle het acid in ons scrambies gedrop.
Ja-nee die halwe kar wat uit die muur van die bed-'n-brekfis uit gesteek het, het ons nogal afgesit, maar ons was te honger en te moeg om enigsins om te gee. In die eet area word ons gegroet deur 'n vriendelike tannie wat lyk asof sy nog nooit "ander" mense gesien het nie. Ek en bra grifF bestel die grootste breakfasts wat ons kan terwyl ons probeer gemaklik raak op die yster tuinstoele wat hulle gebruik as sitplekke. In die verste hoek sit daar 'n ou bra en slurp sy pap. Jy kan nie mooi sy gesig sien nie maar ek dink ook nie mens wil nie al wou jy. Dis dalk belangrik om te note dat grifF se een been nog in gips is na sy belaglike sokker mannewales, maar dis 'n hele storie op sy eie. Daar is niemand wat so vinnig kan motor soos grifF met krukke nie. Jirre, die man move en ek dink dis wat die klein-dorpie mense nogal uitgefreak het.
Net om vriendelik te wees en om seker te maak dat hierie mense ons nie in klein stukkies gaan opkap vir lekker maalvleis nie, vra bra grifF hoe ver ons nog van Lambertsbaai is. "Dis nog so sewe ure se ry" tune die tannie ons. "Nee fokkit dit kan nie sover wees nie" cry ek. Die beste breakfast in die wêreld kan nie regmaak wat nege Red Bulls en niks slaap verkeerd gedoen het nie. "Nee wag ek is nie heeltemal seker nie" sê die tannie. "Laat ek vir oom Tokkie bel". Met 'n leë uitdrukking op ons gesigte kyk en bra grifF vir mekaar, "oom Tokkie?".
Oom Tokkie het toe wel ons groot vrees bevestig. Dit was toe wel nog 'n verdere sieldodende bliksemse sewe ure. Darem het ons nou al die 6×9's op die agterste seat gesit, so die tunes het lekker hard gepomp. So paar honderd K's en 'n paar klein simpel onbeduidende dorpies wat net sowel Orania kon gewees het, pull ons in by Loxton. Yona we! Liebe jirretjie! Hier het ons actually 'n tolbos gesien net toe ons in die dorp inry. Ek het actually vir die ding gestop lat hy oor die pad kon waai. Dit was nie asof daar ander karre op die pad (of in die dorpie for that matter) was nie. Hieso het dinge begin delirious raak.
Snotneus kinders met stokke en fietswiel rims het ons uitgekyk as of ons uit die fokken hemel of iets uitgeval het. Redelik gatvol belsuit ons dis tyd om 'n koendrank en 'n paai te koop. Ons loop toe oor na die (wat ek dink) die poskantoor of die local haarsalon (of maybe altwee) is. Ek het sommer my krukke in die kar gelos en met gips oor die pad geloop. Gevoel of ek een van daai Transformer goeters is op daai kak cartoons wat altyd op TV1 was. By die makeshift barber-shop-cum-poskantoor het ons die laaste twee koeldranke in stock gekoop en ook sommer ons R25 onbyte gaan uitkak. Die stock (twee blikkies) moes poes oud gewees het, want ek het 'n Iron Brew gekry. Ek sweer dit moes seker die laaste een in SA gewees het. Die blikke het geskree van cholera en sewe soorte sifgeit. Die enigste rede hoekom ek dit gedrink het was omdat die roes so mooi in die son geblink het en die feit dat ons op daai stadium so mal soos Mugabe op 'n af dag was van al die sleep deprivation. Jirre daai roes was fokken mooi. Gee my so oomblikkie… sniff. Bra Briek het die laaste Pepsi gevat. The choice of about three generations back. Spuitkak enhancers. Once.
Na fokken Tokkie se sewe ure kom ons eventually in Lambertsbaai aan. Wel, so het ons gedink want jy sien innie Weskus kan mens nie lekker uitmaak waar een dorp begin en waar 'n ander een eindig nie. Dis net omdat daar nie fokken bordjies is nie! Anyways, kom in Lambertsbaai aan en ek moet eerlik wees… ons was fokken geïriteeerd en baie teleurgesteld. Na omtrent 17 ure oppie pad het ons definitief iets meer as net voëlkak verwag, want ongelukkig is dit al wat jy sien. Voëlkak, voëlkak en nog voëlkak.
Nou moet ons blyplek gaan organise maar waar? Hoe moeilik kan dit wees, Lambertsbaai is nie so groot nie, daar moet 'n caravan park iewers wees. "Kom ons vra die locals" tune bra grifF en ons wals in by 'n bar. Die dame agter die bar kyk ons baie skeef uit totdat ons vra vir twee Zamaleks. Ek en bra grifF begin toe pool speel en raak lekker gekoring op hierie yskoue Black Label. Met so min slaap vat dit net een. Die son sak oor die see en so ons koppe ook. Bekommernis oorval ons want ons het nog nie blyplek georganise nie en ek is nie van plan om tussin die bride en groom in te kruip nie. "Is daar 'n plek om tent op te slaan hier naby?" vra ek die barlady. "Djy ry net af mettie straat" sê sy vir my. So maklik soos dit en 'n paar minute later en ons tentjies is opgeslaan. Wat ons nie op rekening gehou het nie is bra Jack. Jy sien hy sit al en wag vir ons allie pad van P-town af…
Watkykjy staan op 3,084,461 post views in totaal sedert 1 November, 2019.