Jaar: 1984
Met: Ralp Macchio, Pat Morita, Elisabeth Shue, et al.
Karate was fokken groot in die eighties. Al die laaities wou karate en kumite en gradeer na swart belt en ander laaities se ass kick. Gewone ooms met vanne soos Visagie het hulself voorgegee as sensei's en dojo's oopgemaak. Letterlik 'n geval van (kug-kug) "everybody was kung-fu fighting".
Soos te verwagte was daar dan heelwat flieke te doen met Oosterse vegkunste, maar bitter min het die verbeelding so aangegryp soos The Karate Kid met Ralph Macchio. Verbeelding aangegryp? Fok sorry, ek het bedoel "unbelievably corny en lame".
Ralph speel die rol van Daniel, 'n klein skreebek wat van Jersey afkom (of "Joyzie" soos hy hom uitspreek). Hy word gebully in die nuwe valley waar hy en sy single ma (hey, is dit sosiale kommentaar?) hulle bevind. En almal weet vandag eintlik hoe stresvol dit is om te trek. Veral vir kinders wat die hele tyd gedonner word.
Dan's daar hierdie goose wat hy smaak – 'n blok van 'n meisie en ook (weirdly enough) Elisabeth Shue wat later in The Saint gejol het. Baie, baie lelike meisie. Baie lelik. Haar eks is obviously die main wetter op die dorp, kompleet met lang kuif en bende in tow. Hulle moer vir Hasie – sommer op 'n gereelde basis. Een keer gooi hy sommer sy BMX in die dumpster so kwaad is hy. Baie slim die Daniel.
Enter Mister Miyagi, 'n krimpie van Okinawa af en ook hulle gebou se handyman. Hy leer Daniel-san die ancient art van karate. Ha! Meer soos die ancient art van karre was, vloere skuur en mure paint. "Ho Daniel-san. Wax on. Wax off. Breathe in. Breathe out." Lekker werk die laaitie vir die ou ballie vir about 'n kwart van die fliek.
Deur hierdie "training" raak Daniel-san egter skilled in karate (onwetend!) en goed genoeg om die bullies uit te sort in die – wait for it – All Valley Championships. Nie net sort hy die bullies uit nie (die Cobra Kai kamtig), maar hy doen dit met 'n AF BEEN. Dis hoe taai Daniel-san van Joyzie geword het.
Die blerrie fool.
Die movie is direct deur dieselfde bra wat Rocky gedoen het, maar kon net sowel
Disney gewees het. Dis 'n tipiese stroopsoet rendition van die goeie-outjie-staan-op-vir-homself-en-wen-die-girl, self-respek (en oversize trofee) verhaal.
Dan's daar sommer bietjie "coming of age", teen comedy en fighting action ook ingegooi. (Waar sou Ralph Macchion vandag wees – moontlik coming off H?)
(Op 'n dieper vlak raak die fliek natuurlik die stryd van minderheidsgroepe aan. Daniel-san ('n Latino Jersey boy) buddy op saam met Mister Miyagi ('n Asian) om die bende whiteys goed op te fok. Uiteindelik kry Daniel-san die ryk wit meisie en die sirkel word voltooi. Maar dit net terloops…)
Hoogtepunte
- Style: Daniel-san trek sy denim tot onder sy nippels op. Oor sy ingesteekte T-shirt kom 'n tartan shirt. Hare geblow-wave like nobody's business. Sy chick lyk lekker blokkig in 'n array van fucked-up broeke, snow denims, kabeltruie en alice bands. Verder kap sy so lekker koala haarstyl. Heavy damduiker.
- Daniel-san se "training": Hahaha. "Wax on. Wax off. Breathe in. Breathe out. Sand-i left. Sand-i right. Paint-i fence. Up. Down." Ai, die Mister Miyagi darem. Fokken nar. 'n Laaitie is lank laas so vir 'n ride gevat of hoe MJ?
- Die dronk scene: Meesterlike performance deur Mister Miyagi (blykbaar 'n voormalige standup comic) as hy bietjie fles vat. Respect dude. Banzai!
- Die bully se karate instrukteur: Lekker hardegat Marine tipe ou wat so vir skoollaaities leer dat daar geen mercy is nie. Na Daniel-san se been afgeskop is, instruct hy sy fighter om daarvoor te gaan. Nice om te weet die Marine Core is nog net dieselfde.
- Daniel-san se kar: Hy kry een by Mister Miyagi na sy "training" – groot, geel en gruwelik. Snaaks genoeg kom die honeys nie panty-loos aangehardloop as hy by "Golf 'n Stuff" inpull nie. Now why the fuck could that be?
- Die "crane" tegniek: Jy staan op jou een voet met gebuigde bene. Dan lig jy altwee jou arms in die lug op (soos vlerke). Hang bal vir 'n rukkie en… skop nou op met die been wat op die grond was. Tref jou opponent onder sy kennebak. Check hoe hy op sy neus val en so rondsnork in die grond met sy boude in die lug – vlakvark style.
- Die kissing scene: Daniel-san gaan vir die epiglottis, dis for sure. Hy begin stadig maar gaan haal vir hom ver. Mooi so Daniel-san. Asof jou klere nie al klaar repulsive genoeg is nie.
- Quotes: "Best defence is not be there" / "Next time not use head for target" en ander – met komplimente van Krimpie Miyagi.
- Die einde: And it's a long time coming. Na die laaste fight word daar sommer onmidellik titles toe gecut. Die klein bully kry net-net tyd om groothartig vir Daniel-san geluk te wens. Which is, of course, total and utter bullshit.
Een ding is seker – hierdie is so eigthies as wat kan kom. Dis moer naief en dit het moerse gedate. Dit beteken die script is unbelievably lame, en ongelukkig maak dit ook dat die movie bietjie drag so driekwart pad deur. Unavoidable. Kry nog'n bier en oefen die "crane" op daai buddy wat slaap in die movie.
Banzai!
Movie & Pizza aande
Kom check classic movies (soos Karate Kid, Top Gun, ens), vreet pizza en suip bier elke Maandagaand by die Independent Armchair Theatre in Obz, Kaapstad. Vir R30 kry jy die movie en 'n pizza, vir 10 koppe net die movie. Mail info@bastardmedia.co.za of bel hulle op 021-447 1514 om uit te vind wat wys volgende Maandag. Begin so negeuur.
Watkykjy staan op 3,084,141 post views in totaal sedert 1 November, 2019.