Sedert The Office geflight was oppie kassie was dit vir my eerstens baie moeilik om tv te kyk en tweedens, om in te gaan werk toe elke dag. Die idee dat 'n David Brent vir jou sit en wag, is net plain fokken scary.
Op skool het die opvoedkundige leiding onderwyser jou altyd getune dat hulle besig is om jou voor te berei vir die grootmens wêreld. Wat 'n klomp tos. As hulle maar net 'n idee het van wat actually in die werksomgewing aangaan, dan sal hulle jou eerder leer om jou rug te krap met jou linker groottoon. Want dit is makliker as om vir 'n baas te werk. Ons almal weet dat die antwoord baie eenvoudig is, nl. werk vir jouself. Maar dit is makliker gesê as gedaan. Dit vat knaters van staal, en as jy gewoond is aan 'n salaris dan maak dit dit amper onmoontlik.
So wat is my punt?
Daar is basiese dinge wat jy kan doen om die situasie beter te maak en hierie leer hulle jou nie op skool of varsity nie, net hier op watkykjy.
Wat om te doen as jy laat is vir werk.
Blameer dit eerstens op traffic. As dit nie werk nie, probeer Apartheid. As nie een van die vorige opsies werk nie want jou asem stink na Jose Cuervo, los 'n vinnige ene en maak vir jou desk. As jy Cuervo gedrink het die vorige aand, behoort jy meer as genoeg in jou magasyn te hê om te fire at will.
Wat om te doen as jy laat is vir werk en vir 'n meeting
Stap in breëbors en tune vir almal wat vir jou kyk, "Wat kyk jy?" anders "So waar was ons?". As dit nie die ys breek nie kan jy altyd 'n vinnige ene los. At least breek jy dan die wind.
Wat om te doen as jou baas duidelik nie weet waarvan hy praat nie
Kyk of daar iemand anders in die vertrek is. As daar is, kyk vir hierdie persoon en trek jou gesig vir hom of haar. Jy mag handgebare ook gebruik om fles vat of malheid voor te stel. As jy weet jou baas weet nie waarvan hy praat nie, doen presies dieselfde, maak asof jy nie weet waarvan hy praat nie. As daar niemand anders in die omtrek is nie, soek 'n spieël. Dis dalk belangrik om te noem dat jou baas jou nie moet sien nie.
Wat om te doen as jy sien jou baas wil net chit-chat
Ignoreer hom flat en gaan aan met jou werk. Dit kan dalk 'n toets wees jy weet nooit. Onthou om jou kop te knik so nou en dan net om jou baas die acknowledgement te gee dat jy wel "luister".
Wat om te doen as jou getroude baas ander blare "honey" noem in jou presence en jy is single
Skud en laat sak jou kop in skaamte want niks wat jy sê gaan die situasie beter maak nie. Jy kan altyd weer die gesig trek probeer, miskien vind die "honey" dit snaaks en begin dan vir jou baas te lag.
Wat om te doen as jy en jou baas by 'n conference is en jy moet hom by sy hotel kamer kry om na 'n meeting toe te gaan en jou baas maak die deur oop in net 'n handdoek
Hardloop… vinnig.
Wat om te doen as jy saam met jou baas na 'n meeting toe moet gaan in Sandton en jy ry saam met hom in sy Mazda Miata MX5, met die kap af, en Eminem wat poes hard speel oor die luidsprekers
Sak al hoe laer terug in die stoel en bid laat niemand jou sien nie.
Wat om te doen as jy by die plek aankom vir die meeting en die poes haal 'n baseball cap uit om sy deurmekaar hare onder beheer te kry.
Stap breëbors in by die kliënt met deurmekaar hare en al, en tune hulle "howzit". Wees oor confident en maak asof jou Tina Turner hare nie bestaan nie.
Wat om te doen as jy saam met jou baas travel en hy loop deur die Airport security check in Amerika met 'n Leatherman in sy baadjie sak Bid… hard.
Wat om te doen as jou baas jou tune om saam met hom na 'n strip club toe te gaan in Bourbon Street en jou laat belowe om niks vir sy vrou te sê nie
Maak seker hy betaal.
Watkykjy staan op 3,085,551 post views in totaal sedert 1 November, 2019.