Ek het so 2 jaar of wat gelede op Watkykjy vertel van my baie kak harrowing haarsny experience wat ek by daai omies in Brooklyn gekry het net voor Nuwejaar.
Vandag wens ek dat ek weer my hare daar kon sny, want ek het gister besluit om 'n haircut in OBJ-land te kry.
Behalwe van die poesharde kerkdiens wat my wakker gemaak het en veroorsaak het dat ek die hotel moes verlaat vir 'n paar uur in the name of sanity, het die Sondag nogal heel cool verloop. Lekker deep-fried ribs met dried pepper vir middagete, vodka en so paar tequila's en toe suiker ek en mister Hellboy af na die bowling alley om te gaan oefen virrie big league wat volgende week begin. Daar ook so paar happe gemaak en toe is ons terug hotel toe in 'n taxi met 'n "wingscream" wat spoilt is.
Die driver het ook nie lekker gelyk nie. Ons het probeer uitfigure hoe, in die eerste plek, hy kan navigate deur die faktap windscreen en tweedens het ons gewonder hoe hy enigsins reguit kan kyk. Lekker verkleurmanetjie-ogies wat orals behalwe voor hom kyk.
Aangekom by die hotel, betaal ons die man en hoop maar dat hy die hek sien oppad uit. Dis toe lat ons besluit om sommer haircuts by die hotel te kry want ek is omtrent 'n week kort van zef ponytail af. So week of wat terug was daar so kak stuk pressed wood met vetkryt skrif buite die hek van ons hotel wat 'n job aangebied het virre barber. Hulle het tussenin iemand gekry om die high-profile job te vat.
Ons moes 'n halfuur vir die bra wag want hy was uit vir lunch was die verskoning. Vieruur die middag? Ja, whatever. Eventually daag hy op. Ek vra die china of hy kan hare sny en vat toe maar sy woord vir dit. Ek gaan sit in die stoel en begin toe deur die enigste boek te blaai wat op die tafel voor my lê: "Perfect Heads: Barber's Handbook Volume 1".
Dis nogal 'n weird boek. Lekker dik letters. Dit lyk soos daai groot hardeband Tintin en Asterix boeke wat mens deesdae weer by Exclusive Books kan kry. Ek begin toe maar deur te blaai en 'n hairstyle te soek. Dis nogals fokken moeilik. Nie omdat dat daar legio keuses is nie, maar omdat meeste van die foto's van dudes met corn-rows, dreadlocks, afro's of daai 80's styles is wat die kinders in The Cosby Show gedra het.
Ek besluit toe maar op die ou einde op die enigste prentjie wat omtrent by my tipe hare gaan pas: 'n foto van iemand wat lyk of hy 'n Iraqi of 'n Lebanees of iets moet wees. Die barber belowe dat hy mooi sal sny en my hare ook sommer sal was. Nouma sharp, skiem ek, en daai plastic voorskoot word om my nek vasgemaak.
Die bra stel toe die clipper op nommer twee en spray die blades met so blikkie wat ge-label is "Sterilises end kills HIV". (Lyk my hierie land het ook 'n oplossing vir alles. Snaaks dat ons nog nie hierdie blikkies op rakke in apteke regoor die aarde kry nie.)
Nou gewoonlik, ek weet nie, begin mens seker maar agter en skeer op met die clipper soos mens die hare uitdun. Dis nie rocket science nie. In Naaigeria is dit blykbaar. Ek was seker te besig om die spraycan-puzzle te traai uitfigure want toe ek weer sien is hierie china al twee streaks deur my hare asof hy dit gekam het. Van bo na onder. Met 'n clipper. Zzzzip-zzzzip!
Befok, ek lyk soos die fokken patch gras op die Rolux Magnum advertensie wat altyd voor A-Team en Knight Rider op TV was. Dr Livingstone, I presume? How far now? Jissis tog! Naaigeria het my al meer as een keer geleer om die drie varkies wat ek oor het nie te verloor nie. In 419-land is ignorance 'n commodity. "Just take it all off, please", sê ek vir die Carlton worldclass haarkapper.
Hy moes seker agterkom het dat dit nie eintlik is wat ek in gedagte gehad het nie, want hy het met baie bewerige hande my hare op nommer twee begin verwyder. 'n Fine precision job – dit vat hom vyftien minute. Ek is 'n trotse kaalkop bakoor, bad-ass motherfucker toe hy uiteindelik klaar is.
"Should I wash your hair sir?", vra hy in alle erns. Ek kyk hom stip aan sonder om my oë te knip. Een van daai Terminator robot-looks. Hy waag nog 'n vraag want hy traai nou heavy regmaak waar hy kak aangejaag het: "Do you need some hairspray?" en hy vat per ongeluk die "Kills HIV" blikkie in plaas van die hairspray blikke soos hy stress.
"Are you by any chance crazy?" vra ek en staan om om 'n sigaret buite te gaan rook. As ek langer gewag het, het hy my dalk probeer antwoord. Hierie ouens like moerse van verduidelik en jammer sê en stories opmaak in verskillende innoverende maniere.
Mister Hellboy is volgende en gaan sit in die stoel. "Number 2 clipper please. Take everything off." Short back and sides, finish en klaar.
Na dese het ek gewonder of ek nie tog maar vir die Cosby-look moes gegaan het nie. Nee wag, maybe nie, die ou sou dit ook seker opgefok het en dan het ek dalk soos Webster of Urkel gelyk.
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.