NB: Om na die soundclips te luister moet jy die Flash Plugin hê. Om dit te kry kliek hier »
Ons weet al julle fokken Watkykertjies is MOERSE groot Indecent Obsession fans (dedicated fans) en DIS hoekom ons al die pad Australië toe gegaan het (OK gebel het) om met niemand anders as Michael Szumowski die breeze te skiet nie. Michael wie? Jy weet die ou in die wetsuit – nee nie die ou wat soos een van Bros lyk nie – die ander founding member. Michael kannie lekker Afrikaans praat nie so ons het so bietjie handjie bygesit en vir julle vertaal, want julle verstaan mos nie lekker van Ingels nie.
SD3000: Hey Michael wat kyk jy?
MS: Sure geen probleem nie, dis gaaf om met julle ook te gesels.
(Note: Okay, dis obvious hy verstaan nie 'n woord Afrikaans nie…)
SD3000: So wat maak jy op die oomblik?
MS: Wel, vandat ek terug is in Oz skryf en produce ek pop songs en ek het al aan 'n kakhuis vol goed gewerk, soos die Australian Idol wat fokken mal is en ek werk saam met 'n klomp ander Oz kunstenaars. Ek werk ook op die oomblik aan 'n tipe dans act vir 'n label hierso.
SD3000: Want jy't mos stuff vir daai hot pop vye Bardot gedoen, nê?
MS: Ja, ek het hulle gedoen in 1989/9. Ek het vir 'n ruk in Chicago gebly en toe ek terugkom Oz toe het ek 'n klomp production werk gedoen – Bardot was die eerste daarvan. Hulle het die eerste Popstars hier gewen en ek het helfte van hulle album geco-write en produce en hulle het moerse baie verkoop so dit het lekker pitte vir my beteken. En vir Idols moes ek van die tracks skryf en produce vir die wenners. Daai tipe albums is nogals moeilik want as die ou wen het jy fokkol tyd (twee weke) om 'n hele album aanmekaar te sit. Ek het crazy 48 uur dae gedoen om daai stuff klaar te kry. Dis fokken mal, man.
SD3000: Okay well, kom ons move bietjie aan na Indecent Obsession – dit moes seker 'n moerse roller coaster ride vir julle gewees het. Dit het so vinnig gebeur en julle het hierdie massive highs gehad, hoe was dit?
MS: Dit was nuts! Absolutely nuts! Jy weet, dit was soos in my eerste experience met die musiekindustrie. Dit het begin toe ek omtrent 18 was… die eerste album in Australië was 'n groot hit en direk daarna het ons wêreldwyd gesign. En toe het ons 'n top 20 hit in die States, en als het net gesnowball van daar af. Dit was moerse intens vir vyf jaar – travelling, drie albums en ons het hierdie monster albums gehad in al hierdie weird plekke…
SD3000: soos Suid-Afrika?
MS: Ja verfokkenseker – ek meen ons het nie eens geweet… Well, obviously het ons geweet waar Suid-Afrika was maar in die music industry is USA en die UK maar die mein balle. Maar ons het so baie records in SA verkoop en ons het venues vir 10,000 mense gespeel – dit was amazing! Dit was nogal 'n spin-out en dieselfde het gebeur in Suid-Amerika en in Southeast Asia… so dit was soortvan weird.
SD3000: Ja, want julle was mos ook lekker Big in Japan?
MS: Ja, Japan was nog een – dit was bizarre want die mense praat nie Engels daar nie en die kids sing ons songs. Ha ha, dit was soos, wat de fok gaan hier aan?
SD3000: Hulle is mos bietjie anders daar?
MS: Ja, die weirdste ding van Japan was dat voor 'n gig vir omtrent 4 000 mense is dit soos DOODstil voor ons op stage gaan – jy kan 'n speld hoor val – en ons het soms gewonder of daar enigiemand daar buite is. En dit was rêrig bizarre want as ons 'n song klaarmaak dan cheer hulle, maar dan is dit weer DOODstil.
SD3000: Ha ha moerse organised!
MS: Ja, incredibly organised en ELKE persoon wat gekom het het 'n geskenk gebring na die gig toe!
SD3000: Nee jy speel!
MS: Nee, elke persoon het 'n geskenk gebring – die gifts het gerange van Game Boys tot freezer bags.
SD3000: Dis mal!
MS: Kamers vol persente waardeur ons gegaan het en net getune het – you must be joking!
SD3000: Seker lekker gelukkige nefies gehad vir wie julle al die kak kon gee. Lekker nooit weer Kerspersente koop nie…
MS: Ja dit was great vir Krismis, he he… Ja, als was sorted.
SD3000: Wat het julle gescheme van julle SA trip?
MS: Ja kyk, ons het nie geweet wat om te verwag nie en die grootste shock was hoe massive ons daar was! Toe ons land het ons gedink dit gaan pretty rustig wees maar toe is daar kameras orals, crowds, bodyguards wat ons escort ens…
SD3000: Mal bra! Well my cherry was een van daai malles in die voorste ry by die konsert en ek dink baie ander ouens se girlfriends was ook daar…
MS: Hahahaha… excellent!
SD3000: So ek het gewonder of julle baie groupies gehad het?
MS: Ha ha, groupies? Well daar was 'n paar, kom ons noem hulle, uhm, "dedicated fans".
SD3000: Ahhh, lekker dedicated fans lek-KER!
MS: Hahahaha…
SD3000: Okay, so "Kiss me" was van die tweede album – hoe goed het dit gewerk om vye te kry om julle actually te vry?
MS: Ha ha ha yeah, ons het nie eers daaraan gedink toe ons dit geskryf het nie maar dit het actually nogals goed uitgewerk…
SD3000: Ek's seker. So lekker rock 'n roll, tune bietjie hoeveel boobs het julle gesign? Rough estimate?
MS: Dit was die weird ding, daar was nie so baie tiete nie – daar was baie panties wat op die stage gegooi was so daar was baie onderklere, 'n paar bobene wat gesign was, en ek dink daar was een ass cheek maar ek kannie actually onthou dat ons enige boobs gesign het nie. Miskien het van die ander ouens…
SD3000: He he dis snaaks… Is jy sad dat die 90s oor is of is jy happy met hoe stuff op die oomblik is?
MS: Nee ek is happy hoe dinge nou is… Kyk ek het 'n blast gehad, maar na die einde se kant toe het dit bietjie tiring geraak. Daar was dele wat amazing was maar dan was daar dele wat super kak was soos om in 'n hotel kamer in Hong Kong te sit vir ure.
SD3000: Okay so jy werk in pop maar waarna luister jy jouself?
MS: Mmm, ek het nou net die nuwe Beck album gekoop?
SD3000: O Guero something, so Spaanse naam?
MS Ja hy het nou weer met die Dust Brothers opgehook vir die album – hulle het saam met hom op Odelay gewerk. Dis great. Dan is daar twee Austrian ouens Dzhian & Kamin.
SD3000: O ja, ek ken Gran Riserva.
MS Ja well, as jy dit smaak moet jy die nuwe een hoor, Fakes, wat ook cool is.
SD3000: Okay so as jy so into die stuff is, is ek nogal curious oor hoekom jy pop tunes maak? Moet my nie verkeerd verstaan nie, daar is 'n paar killer pop tunes uit…
MS Well, dis die ding, ek hou daarvan om 'n goeie pop tune te maak met 'n twist – soos ek's nie 'n Britney fan nie maar Toxic is 'n goeie crafted tune.
SD3000: Ja ek klop – ek smaak Slave4U wat ook nogals different is.
MS: Ja exactly! Dis pop maar die production is nie net bubblegum nie – dis classy.
SD3000: So wie rate jy as producers – jy't na die Neptunes refer met Britney se tunes…
MS: Ja hulle is great, hulle het die Midas touch – maar Nellee Hooper (Massive Attack) en die nuwe Gwen Stefani goed is ook cool, en daars 'n klomp ander…
SD3000: Ek het bietjie teruggekyk na die ou Indecent Obsession videos broer en…
MS: He he (lag verleë), dit sou goed wees…
SD3000: Jy weet dit: wetsuits en dans op kar bonnets in die reën en stuff… ek meen wat het jy gedink, broer?
MS: Hahahahahaha… well dis die ding, dis interesting as mense idees na jou toe pitch want ons was almal in ons teens en ek was net thrilled om in die recording studio te wees. So as die manager kom en tune okay ons het hierdie cool idee… julle… in wetsuits…
SD3000: Ha ha, julle sou chicken suits gedra het as hulle julle gevra het?
MS: Ha ha ja, mens dink net okay, dis die record company, hulle weet obviously wat hulle doen…
SD3000: Plus dit was die vroeë 90s…
MS: Ja exactly! En die dans op die kar se bonnet was soos Russell Molkive en mens dink man, hierdie ou het al van die grootse videos gemaak in die geskiedenis. As hy sê ons moet dans op 'n bonnet, dan dans ons op 'n bonnet. En nou kyk mens terug en dink mmm, okay, miskien was die wetsuits nie so great idee nie.
SD3000: Exactly! Kyk jy rugby?
MS: Nee, ek is so nie Australies as dit by rugby kom nie – ek is meer into tennis – ha ha dis sacrilegious hierso.
SD3000: Jy sal seker geskiet word as jy dit hardop sê.
MS: Yeah, I like tennis he he.
SD3000: Party van die Watkykertjies tune dat julle lead singer soos die ou van Bros lyk. Wat het van hom geword want ek het gehoor hy vlieg nou 'n helikopter?
MS: Nha ha, ek en Darryl die drommer het nog kontak en ek was by sy troue, en toe is David daar vir wie ek vier jaar laas gesien het. Hy werk nou vir 'n company wat ouens met helikopters na oil rigs toe vlieg maar ek weet nie helemal nie.
SD3000: So julle is nie rerig meer safe nie?
MS: Nee, ek en Darryl het nog kontak maar ek het geen idee waar Andrew is nie, ek dink hy is in Puerto Rico…
SD3000: Ja, ek kon hom nie opspoor nie…
MS: Maybe het hy die emmer geskop!
SD3000: Okay, lekker helikopters en stuff maar wat was julle grootste popstar extravagance?
MS: Mmm, die grootste was dat ons in 'n private jet gevlieg het na 'n eiland in Mexico om 'n gig in 'n resort te doen, en die hele eiland was vol babes gewees vir 'n tipe Miss World Contest…
SD3000: Ooooohh ha ha.
MS: Ja, 'n hele resort vol babes…
SD3000: Bonus!
MS:Ja ek kan nou maar vir jou dit sê dit was moerse rock 'n roll!
SD3000: Brilliant! Okay laaste vragie: Ons het gewonder of julle al gedink het om die lyrics van Kiss Me te verander na "strawberry lipstick all over my dipstick"?
MS: Mhaaaa haaa, I reckon… ha ha, ek scheme daar's 'n cover daar wat net wag om te gebeur…
SD3000: Ha ha ja, soos 'n lekker online bootleg of iets…
MS: Yeah absolutely, ha ha, as jy dit ooit hoor sal jy my seblief 'n call gee, want ek sal dit fokken smaak om dit 'n luister te gee, he he…
SD3000: Ja maybe kry ons die Cheeky Girls om dit te record?
MS: Ja ha ha ha ha…
SD3000: Shot bra vir jou tyd, want tyd is geld en my ma gaan my donner oor die foonrekening…
MS: No problem, mate…
Michael se favourite Indecent Obsession tracks is Pray for Rain, Indio, Tell me Something, en niks op hulle derde album nie.
Checkituit, jy kan nog Indecent Obsession stuff koop op Amazon – dis mal!
Luister na clips van die interview! Dis Indecent, dis 'n Obsession, dis net op Wat kyk jy?
Watkykjy staan op 3,056,657 post views in totaal sedert 1 November, 2019.