Jack Bennet is 'n CIA agent wat besluit om sy familie een jaar bietjie Himalayas toe te vat virre klein vakansie. Per toeval word hy deur die CIA gevra om onaardige magenetiese lesings te ondersoek in dieselfde area. Dis net hier waar Jack bertonium ontdek, 'n mineraal wat die menslike bioniese abilities fokken main maak. Maar dis nie al nie. Saam met hierie overall bioniese boost kom die ewige lewe. Suave.
In hierie process van ondersoek bevind Jack se familie hulself in 'n bietjie van 'n penarie. Jy sien, hulle val in 'n lokval van radio-aktiewe sneeu. Ja dis reg, sneeu. Dis die Himalayas onthou jy? Aangesien daar geen ander manier was om hulle te red nie, besluit Jack dat Prof Amadeus Sharp maar kan opereer en bioniese inplantings maak om hulle lewens te red van hierie radio-aktiewe sneeu.
En so is die Bionic Six gebore: Jack (Bionic-1), sy vrou Helen (Mother-1), en hulle se kinders Eric (Sports-1), JD (IQ), Meg (Rock-1) en Bunji (Karate-1). Hulle mission? Om die mensdom te beskerm teen die evil Dr Scarab. Dr Scarab is die baddie professor wat al die tronkvoëls en mal mense bymekaar maak en hulle ook bionies opbou na super-villains. Dr Scarab en sy gabbas se main doel is om science te gebruik vir personal gain. Nogal 'n super fokken main plot as jy my vra.
Inspirasie
Die Bionix Six is geïnspireer deur 'n 70s TV reeks, The Six Million Dollar Man (oftewel Die Man van Staal). Die TV reeks is weer gebaseer op Martin Caidin se 1972 novel Cyborg. In The Six Million Dollar Man is Steve Austin 'n NASA toets pilot wat na 'n ongeluk verskeie cybernetic inplantings moet kry. Die storie was so suksesvol dat kindertjies reg oor Amerika hulself beseer het want hulle wou ook 'n bioniese linkeroog hê. Fokken Amerikaners. Daar is verslae van jong outjies wat huilerig uit die hospitaal loop en hulle regtervoete sleep op soek na simpatie en 'n nuwe bioniese been. Lekker fokken simpel.
Dis nie lank na die eerste paar suksesvolle reekse wat die TV Netwerk ABC besluit om die reeks meer menslik te maak nie. Enter Bionic Woman. Jamie Sommers, 'n tennis pro was 'n weeskindjie onder die bewaring van Steve se ouers. Steve oortuig haar so paar maande later om saam met hom te gaan sky-dive. Haar parachute willie oop nie en sy maak 'n mooi bloedspatsel op planeet aarde. Genoeg is genoeg besluit Steve en organise 'n bioniese rekonstruktiewe surgery. Nie sommer enige Nip/Tuck nie. O nee, sy moet spikkerish wees, want hy wil met haar trou wanner sy weer kan loop. Haar immune sisteem het die bioniese surgery nie lank daarna nie verwerp en sy gaan weer 'n keer dood. Hierie keer van 'n massive bloed klont oppie brein. Hectic.
As gevolg van die reuse sukses van Bionic Woman, het hulle besluit om haar op te wek. Maar die keer as haar eie show. Surprise surprise, sy het amnesia en kan haar liefde Steve Austin nie onthou nie. Nou as dit nie vir goeie televisie maak nie dan weet ek nie. Ek dink die persoon wat besluit het om hierie in 'n cartoon te hervorm vir kinners, was op serious draks. Anyways ons is almal dankbaar vir daai persoon en sy probleem.
Die karakters
Die bertonium en suksesvolle operasies het verseker dat die Bennet familie (of dan Bionic Six) 'n oortolligheid het van super powers. 'n Break-down van die kragte is dalk nodig om die geheue te verfris:
- Jack Bennet (Bionic-1) – Sy profiel lys hom as 'n goeie kok. Ou snaaksie.
- Helen Bennet (Mother-1) – Psionic powers. Moenie eers vra nie.
- Meg Bennet (Rock-1) – Sonic disrupters en super fokken main spoed. Sy het nogals los gemaak.
- Eric (Sport-1) – Magenetiese kragte. Loser.
- JD (IQ) – Super intelligent en sterk. Soos as jy al jou ertjies opeet.
- Bunji (Karate-1) – Martial Arts. Kumite ai't.
Die foute
Daar was natuurlik groot foute wat mens sekerlik maar net in cartoons kan kry. Die ooglopendste moet wees dat die familie bestaan het uit 'n wit ma en pa, twee snow-white-ass kinders en dan 'n Asian en 'n swart dude. Nêrens in enige van die episodes word daar probeer om hulle agtergrond te verduidelik nie. Om die waarheid te sê, kinders gee nie om oor sulke goed nie. Solank hulle almal se asses kan kick binne 30min, is die saak pers.
Die ander probleem was niks van die kinders se vrinne het geweet wie hulle was sodra hulle "getransform" het nie. "Bionics On!", bright ligte, elkeen het 'n spiff nuwe suit aan en almal in die nabye omgewing weet ewe skielik nie wie jy is nie. Maar soos ek sê, niemand het regitg omgegee nie.
Slot
All in all 'n befokte show. Bionic Six het alles gehad wat nodig was vir aksiebelaaide cartoon TV middae na skool. Karre, bikes, meisies wat nog nie Smarties mag smokkel nie en die morele lessie so aan die einde van elke episode. Op die ou end is ons almal beter af om net terug te sit en die tyd waarin ons leef met oop oë te bewonder.
Bionics On-on-on-on-on!
Watkykjy staan op 3,089,803 post views in totaal sedert 1 November, 2019.