Deur Meisie
Beste Volwasse Vriendin,
Jy word hartlik uitgenooi om my kwarteeu lewensjaar viering saam met my te kom vier. Die party gaan gehost word deur ‘n verteenwoordiger van "Ann Summers". As jy besluit om hierdie gedenkwaardige dag by te woon, los asseblief jou inhibisies en uptightness by die deur. Die huis is nie groot genoeg daarvoor nie.
Plek: 667 Neighbour of the Beast, Watkykistan, WS66 6TN
Tyd: Pandora se boks word net so na 7 oopgemaak, so sorg dat jy voor dit hier is
Vriendelike groete,
Meisie
Dit is hoe dit alles begin het.
Onskuldige, rein meisies, ek en my vriendinne. Nie een van ons het al so iets bygewoon nie en giggel as iemand vibrator of KY jelly sê. Meisies masturbeer mos nie…
En siende dat my groot dag val op dieselfde dag wat JC sy grootste dag gehad het, was ek ‘n bietjie intimidated en half huiwerig of dit nou rerig gepas is. Maar na long deliberation en contemplation het ons ooreengekom dat dit orraait is – dit hou ons weg van losbandige seks, innit?
So wat imagine jy gaan gebeur? Ek het die rep ‘n paar keer gebel om te hoor wat ek alles moet doen van my kant af en wat die party alles behels, maar al wat ek van elke converstation kan onthou, is dat daar die latest Rampant Rabbit Deluxe Vibrator gewild is en almal rave daaroor. Enige verdere details sal ons maar moet sien op die dag, ek kan nie onthou nie. In my mind gaan die chick daar aankom met ‘n sak wat non-stop kriewel. As sy dit oopmaak, gaan dit ons ‘n oomblik verblind met die lig wat vanuit die sak uit kom.
My ma is ook nou hier in die U-of-K vir ‘n fleeting visit en wil toe hoor wat ek doen vir die verjaarsdag. Sy skeem sy moes vroeër afgevlieg het en ons kom join het. Nou ek kan aan niks ergers dink as om saam met my ma te besluit wat die beste vibrator vorentoe gaan wees nie. Vir die eerste keer in my lewe is ek bly oor die onveranderbare, non-refundable kaartjies.
Die punch is gemaak (daar was twee containers, maar die een het voor die party gekak – dis my verjaarsdag heeldag okay!), snacks is reg en mense begin stuk-stuk arriveer. Almal lyk half senuweeagtig en verbouereerd, gryp punch en sit rond, rook vervaard. Bo-op alles is die rep nog laat ook – iets van haar kinders, maar ek gryp haar en die sak en sleep hulle so stuk stuk na die voorkamer toe. Right, nou sit ons in spanning en sy maak finally die sak oop…
Eers kom die lingerie uit. Van dit is mooi, van dit erg sletterig en ander sommer net plein af. Ek meen daar is limits, sal my nie anders laat vertel nie. ‘n G-string van agter en voor lyk net sif. Sies. So stuur ons dit maar rond in die kringetjie wat begin relax en minder desperaat drink en rook.
Vinnige speletjie. Gooi coins in ‘n melkbottel, using your legs. Game one – tick. Refill drinks. Van die chicks is besig om lekker dronk te raak. Vroeër se gefluister oor wat in die "hidden compartment" van die rep se sak is, word nou harder geuiter – "vibrator" en "speelgoed" word all round gehoor.
Tyd vir die tweede speletjie, want die rep reken ons is al lekker oppad (wat weet sy nou?). Dit behels marshmellows chow uit ‘n bak room uit en die een wat alles eerste polish moet opstaan en "Orgasm!" skree. Lekker morsig. Almal se gesigte is vuil. Okay, nog drinks en daar kak die punch, maar daar is fokken baie wyn so die saak is blou.
En nou is ons reg vir die final showdown – dit waarvoor ons almal gewag het. Die toys. Ons pass die goed rond soos sy hulle uit haal, toets die sensitivity deur dit op jou neus te druk. Daar is luidrugtige confessions van almal wat van die goed het, hoe goed dit werk en allerande notes word geshare en gecompare. Jy kan amper nie die persoon langs jou hoor nie, die geraas wat ‘n klomp dronk chicks met sex toys maak is unmatched. En daar kom net nog en nog dinge uit die sak uit.
Van die meisies vat skelm-skelm order forms en sneak catalogues na die ander kamers van die huis toe. Ons hang nog rond vir so halfuur, dans en drink en rook en kuier en dan kom die taxi’s om ons uit te vat. Nou van die uitgaan gaan ek nie veel sê nie, dis te persoonlik. Maar as jy ooit wonder wat om vir jou verjaarsdag te doen en jou vriendinne is up for a laugh en nie preuts nie, sal julle ‘n befokte tyd hê. Sorg net dat daar baie drank involved is, die wiele kom af hier so uur of twee in die party in.
Watkykjy staan op 3,110,468 post views in totaal sedert 1 November, 2019.