Onnerbroeke hê? Can’t live with them, can’t live without… of nee wag party ouens dra mos nie onnerbroeke nie. Ek gaan nie eers begin om hulle situasie te annaliseer nie – maar fokweet daars ‘n skroeflos met hulle.
So wat het my laat besluit om oor onnerbroeke te skryf? Wel so week na bra Grif se kuier hier in Londen het ek op een van sy (of Mr Helboy) se onnerbroeke afgekom wat hy in die sleeper couch verloor het. Eks pretty seker dis Grif sin want dis paisley en dis ‘n small. Ek het laas in die 80s paisley’s en smalls gedra…
Anyway I digress. Nadat ek die onnerbroek met ‘n braaitang verwyder het en dit op 80gradecelsius gewas het het ek begin dink oor onnerbroeke en was stomgeslaan oor hoeveel angles hierdie storie kon inneem. Ek het besluit om te fokus op "howzit hangin".
Die geskiedenis van die onnerbroek is baie eenvoudig volgens die Columbia Ensiklopidie. Na die Middel Eeue het ouens los broeke gedra wat om hulle enkels vasgemaak was gedra onder hulle klere. Daarna het hulle die broekspype meer stovepipe begin maak en dit korter gemaak sodat dit tot by jou kniee kom. Dan het jy sulke tights bo oor die pype gedra amper soos die meisies in Loslyf. So om en by 1450 het hulle die pype en tights met rieme aan mekaar vasgemaak en later is als sommer een gemaak soos jou vy se broekieskouse. Na nog ‘n paar jaar wat almal soos meisies rondgeloop en dom gevoel het het die ous besluit om die boonste deel af te sny sodat hulle met "trunk hose" opgeeindig het. En dit bring ons dan ook by wat later evovle het in vandag se menige vorme van die onnerbroek:
Die hang loose
Ouens wat boksers dra sal vir jou se dis die gemaklikste ding op aarde. Dis ook gewoonlik dieselfde ouens wat pis het wat teen hulle been afloop as hulle van die toilet af terugkom. Dis ook hulle wat ongemaklik begin rondtrap elke keer as die teller by die bank met haar oopknoop bloes vorentoe leun om jou rekening te krediteer. Ek weet darem nie – ek kan eerlik se ek het dit al probeer maar ek sweer by die bikini. Dieselfde ouens wat gewoonlik vir jou se boksers is die coolste is die ouens wat matching novelty Bart Simpson dasse koop, en simpel goed op hulle onnerbroeke geprint het soos – Aye Carumba!
Die hang ten
Die bikini is die tipe wat bra Griff by my huis vergeet het. Dis waarmee ek grootgeword het en waarby ek sweer. Kyk soos Boors eenmaal gese het, "’n piel is nie ‘n speelding nie" en daarmee stem ek saam. As jy vir my eenoog monster net ‘n bietjie spasie gee dan glip hy deur die gaping. Ek voel gerus met die bikini – soos die nuwe Audi is hierdie ouens geperfect deur die jare – voorsprong durch technic soos hulle se.
Die t-hang-o
Waar die ontwerpers natuurlik die klits kwyt geraak het is met die tanga model. Hy lyk soos ‘n bikini maar het net twee strappies langs die kante wat gewoonlik in jou heupe insny. Daarby kyk die ouens by die gym gewoonlik snaaks na jou as jy met een van hierdies ‘n dash vir die storte maak. En dan gaan ek nie eers tyd mors op g-strings.
Long johns
Ek kon nog nooit die nut sien van hierdie ouens nie – miskien as jy Everest gaan klim maar andersins is hulle net ‘n nuisence. Selfs hier in Engeland het ek nog van niemand gehoor wat hulle dra nie. Hierdie goete is moerse old skool en tensy jy nie ‘n cowboy is nie sal jy dit nie kan afpull nie – jy gaan net simpel lyk.
O en dit bring my by die highlight van die storie. Jy of jou twisted girlfriend kan ‘n stukkie watkykjy ronddra of raam of doen net wat jy wil mee. Ek het besluit om bra Griff se paisley small op te veil. Hiers die fotos en jy kan my email met jou prys by superdeluxe3000@watkykjy.co.za. Onthou hierdie is nie sommer enige onnerbroek nie! Dit sal ure se pret beteken en as jy vir Grif op straat raakloop of by die volgene Wat Kyk Jy paartie dan kan jy dit op jou kop dra en se: "Hey Griff, How’s it hanging?"
Watkykjy staan op 3,085,565 post views in totaal sedert 1 November, 2019.