Dis moeilik om in die moerasse van Afrikaanse musiek se vervelige akoestiese kitaar en doef-doef musiek iets te vind wat werklik nuut en die moeite werd is. Fokken moeilik. Dus is mens pleasantly verras, en nogal uitgefreak, as jy na NuL se debuutalbum, EeN luister.
Die musiek is elektronies, soms donker, nogal vreemd en partykeer net heeltemal fokken mal. So ook die NuL websait waar jy die hele album verniet kan download. Net so. Geen shopping cart, registration of fokkol nie.
Great tracks soos Rina (oor 'n vrou wat by Checkers uitfreak), die Generiese Ooms met die Blou Windbreakers, en Laan van Smarte (oor lame-ass Sewende Laan) waai soos 'n koel briesie oor die rioolput van moderne Afrikaanse musiek. My gunsteling is KokaïenKopKosie wat "twee lyne voor die braai" vat "wat hom yster laat voel".
Erens in cyber space pull ek toe in by 'n Intergalactic Diner. Ek het 'n Latte bestel, die Hologram Directory opgefire en opgehook met Adriaan, die meesterbrein agter NuL – wat tans in Singapoer sy tyd verwyl.
Die verbinding was krapperig en nie baie goed nie. Tog het ek heelwat gekry. Behalwe vir die eerste interview ooit met NuL gee watkykjy jou ook exclusive access tot NuL se nuutste track, genaamd Kaper. Right-click en download sommer nou.
CHopper: *sluk* Aaah. So, Adriaan is julle twee of een? Of NUL of EEN? Help gou.
NuL: Ons/Ek is NuL, en was die laaste paar jaar die meeste van die tyd een. Op die CD EeN is ons meestal twee, maar soms is ons een en ander kere drie en selfs vier. Binnekort kom ek terug Suip-Afrika toe, en dan gaan ons weer ten minste twee wees, maar dalk drie of selfs vier. Kop jy?
Ons word van volgende jaar af gerun deur Pit Produksies, Mareli Minnaar se produksie company, en dan gaan ons hierdie lemoentjie bietjie begin squeeze vir geld.
CHopper:Hoe sou jy NUL se musiek beskryf (vir vyf punte)?
NuL: Afrikaanse Elektroniese Rewolusiemusiek. Ek sal tevrede wees met drie punte.
CHopper: Waar pas dit in op die elektroniese spektrum i.e. drum & bass, trance, Norwegian Death… (o nee wag, dis metal)?
NuL: Die ouer musiek (EeN) het sterk IDM invloede, soos Aphex Twin, Autechre, Squarepusher, etc. Met "Rina" het daar 'n spree begin van EBM-geïnspireerde stuff. Dis nou soos Front 242, Frontline Assembly, Funker Vogt, etc. Omtrent al die nuwe songs het 'n EBM basis, maar hulle breek dikwels uit die mold uit.
CHopper: Waar is die beste plek om NUL te luister? En hard te speel?
NuL: Ek het geen clue nie. (kry ek nou nul?)
CHopper: Sure. Watse tipe drugs is beste om NUL op te luister?
NuL: So vier tot ses Myprodols.
CHopper: NUL se eerste release "EEN" is 'n Web release. Is julle van plan om dit op 'n actual CD ook te sit?
NuL: Ja, daar's 'n paar in sirkulasie, en ek print nou en dan nog. Jy is een van baie min as jy een het. Indien nie, kan jy dit gaan download. Dis anyway baie makliker, en dis verniet.
CHopper: Is NUL ooit van plan om live op te tree?
Ja, daar's planne in die pyplyn vir volgende jaar. Ek het laasweek met Tiaan Rautenbach en Simon Kruger gepraat, en altwee klink heel keen. Tiaan is nou Tiaan wat ook in Zef Sketse was – hy sal vocals doen, en Simon is nommer twee van vraag een hierbo, maw hy't baie van die goed op EeN gehelp maak. Ek en Simon was in die nineties deel van 'n band met die naam "Nothing".
CHopper: Ek check. Dis deur Creative Commons gelicense. Wat meen dit?
NuL: Creative Commons is soos Open Source (Linux) vir creative content. Dis 'n licence wat jy op jou musiek / grafix / text / watookal sit wat dit basically gratis maak, maar sorg dat ander mense nie hulle naam op jou stuff sit en daarmee geld maak nie.
Enigiemand kan dus NuL se musiek verniet download, copy, upload, share of watookal, sonder om enige simpel fokken wet te oortree.
Dit ondersteun die hele debat dat 'n remix-culture, waar idees en sogenaamde "intellectual property" vryelik kan vloei, 'n baie beter oplossing is vir almal, en dat Kopie- en Patentereg glad nie meer viable is nie.
CHopper: Is als samples of record jy soms live instrumente ook?
NuL: Meeste van die klanke is live gerecord of gesynthesize. Dikwels speel ek op die synthesizer oor die tracks, en record dit dan live. Partykeer gebruik ek loops, veral lekker kickass kitaar, soos "Rina" se main riff. Ek doen al die vocals self op die oomblik. (Patykeer huur ek 'n meisietjie, en dan doen sy my vocals.)
CHopper: OK… Wat's die inspirasie?
NuL: Enige ding. Flights of fantasy. Ek hou van amuserende stuff wat gebeur as 'n resultaat van menslike stupidity, soos "KokaineKopKosie". Ek hou ook van mooi stories. Soos Rina, wat die Checkers waar sy werk opblaas en dan voel hoe die warm vlamme haar sag omarm soos 'n man, lank terug. Ek pik telkens 'n traantjie…
CHopper: Paar van die songs comment oor phenomena wat truly Afrikaans is – Generiese Ooms, die braai wat KokainKopKosie bywoon en natuurlik Laan van Smarte (oor daai kak program "Sewende Laan"). Waar pas NUL in die Afrikaanse landskap in? Pas NUL selfs daar in?
NuL: Hmmm – hierdie klink soos 'n langvraag. 50 punte?
Ja, ek skiem NuL is besig om 'n plek in die Afrikaanse landskap te vind, en terselftertyd die grense van Afrikaanse musiek te push. Dit gaan op die ou end alles afhang van wie daarna luister en waar dit geluister word, maar my hoop styg as ek byvoorbeeld hoor van twenty-somethings van Pietersburg wat lekker rock op my music by parties.
Daar's 'n generasie wat liewer Gé Korsten sal luister as lekker Stamp treffers nommer aghonnerd of enige ander regenerated crap wat in die naam van Afrikaans opgedis word. Hulle weet hoe om te spot wanneer 'n ding nou nie regtig so kwaai kook as wat die Huisgenoot sê nie, en hulle word nie gefool deur refried Engelse musiek met Afrikaanse woorde nie.
In kort, die Huisgenoot en TV1 sê nie meer vir hulle waarvan om te hou nie. Met rampokkers soos daai agter jou kan jy 'n Afrikaanse Rammstein word. En kom ons wees nou eerlik, dis mos die ideaal, of hoe?
CHopper: For sure. Onder "Links" is daar so kief remix van Tannie Marie van Roxette se "The Look", maar dit klink of sy 'n mummie eerder as 'n mammie is. Please sexplain.
NuL: Partykeer jaag ek sulke tipe van kak aan. Dis maklik en dis lekker. Ek het die song net gepitch-shift, opgespeed, en bietjie ge-EQ. Lekker demented.
Luister ook in die Hardcore Remix van Rina vir Mustang Sally… vyf punte as jy hom kry.
CHopper: "Score my 'n bietjie van jou kulturele bagasie." WDF? Het jy nie genoeg as Afrikaner nie?
NuL: Asof almal nie reeds genoeg baggage van hulle eie het nie, wil elke derde ou nou nog iemand anders se baggage ook gaan dra. Daar's seker tienduisende cults in Indië waaraan jy kan behoort as jy genoeg geld het, of waar jy kan gaan sit as jy bietjie alleen voel. Hier in Singapoer is daar 'n hot nuwe Deli-chain wat net brood verkoop. Jy weet, buns, en so, soos wat die westerse mense eet. Baie mod. Sushibar styling en so. Daar's 'n moerse rock-revival in Beijing aan die gang, al vir jarre. Tannies in Waterkloof laat Feng Shui hulle voorkamers. Jong Amerikaners betaal al hulle spaargeldjies en kom bid vir Buddha in Thailand, of Shiva of Vishnu in Indië.
So nou's my vraag net: Waar gaan dit stop? Gaan ons almal uiteindelik almal se baggage dra, of gaan ons saam besluit watter goed moes by die huis gebly het?
CHopper: "Hierdie site lyk mooi in Opera, Safari en Firefox, en lelik in Internet Explorer." Iets sê my dis aspris…
NuL: Hehe 😉
CHopper: Ek check 'n paar samples, links en images gaan oor die hart. Wat's die angle hier?
NuL: Niel de Lange het een van sy kickass paintings vir EeN se CD-cover gemaak. Die painting se naam is "hartswater", en van daar af het die hart so tipe van die tema en icon vir EeN geword. Die painting is op elke page op die website, onderaan.
CHopper: Wat skiem NuL van ander Afrikaanse musiek?
NuL: Eish bra, groot vraag. Afrikaanse musiek is nou in sy puberteit, en so lelik soos die nag. Hy't puisies, sy bene is te lank, sy stem squeak so nou en dan, en hy probeer sy bes om sy eie idees te ontwikkel, maar for all the wrong reasons. So nou moet die outjie net veilig uit die huis uit kom sonder dat sy Pa hom doodbliksem, dan sal hy mooi grootwoord en miskien 'n job kan score by Spike's Autos.
So, die dag wanneer Afrikaanse musiek nie meer hoef te rely op cheap gimmicks om dit te maak nie, die dag wanneer Afrikaanse comedy punchlines nie meer is waar die ou "poep" of "donner" sê nie, en die dag wanneer jy 'n song hoor op radio en nie noodwendig na die tyd kan onthou in watter taal hy was nie, daai dag drink ons 'n lang bier. Of maak dit 'n dubbel brannas & Coke…
> Wat's die planne vorentoe?
NuL: Die tweede CD is nou nie meer vêr van klaar af nie, en hy sal te koop wees. Ons wil in 2006 live shows begin doen, en 'n sterk marketing effort begin insit onder leiding van Pit Produksies. En oor die algemeen lekker groot parties gooi. En nog baie music maak. Wêrelddominansie teen die jaar 2000.
En ons spookasemstalletjie is amper op die been…
Watkykjy staan op 3,090,351 post views in totaal sedert 1 November, 2019.