Ek het altyd as 'n laitie in graad twee by my pa se home-made knotty-pine bar ingebreek na skool en dooswyn gesteel. Dan het ek daai lekker plaat van Anton Goosen opgesit met "Boy van die Suburbs", "Begrafnistyd op Zeerust" en "Ouma se warm kombuis". Daai plaat waar Anton so oor die agterdeur hang en jou skeef check. Ek moes altyd die plaat afsit as dit by die "Spook van Uniondale" kom, want teen daai tyd was ek lekker geswaai en half bang. Ek het amper elke hierie routine gehad, behalwe vir die dae wat ek oor die muur geloer het hoe die Engelse bure kaalgat swem. Dan het ek die volume gemoer en die skuifdeur oopgelos. Vir my was dit die begin van rock musiek en die lekker ongesonde leefstyl wat ek vandag steeds handhaaf. Die bure het onwillekeurig Afrikaans begin leer. Ons het bra Anton met so paar vrae gepeper en hieso is die result: 1) Watse tunes het jy as 'n laitie geluister? Aanvanklik Oom Chris Blignaut. To hie in standard 7 rond, hoor ek 'n dude wat Chuck Berry en Buddy Holly songs cover (Micky Most) en teen standard 9 Little Richard. Maar die groot ding was in Matriek toe ek die Rolling Stones se "Satisfaction" en die Beatles se "She loves you" hoor. Dit het my lewe verander. Toe ek onderwys swot, het ek Dylan en Led Zeppelin bygekom. En die Woodstock movement. 2) Hoe lyk jou bar? Het jy ook een van daai planke met die soldeerbrandskrif wat tune "Brannas hettie brieke nie"? Nee, ek het nie so plank nie. Ook nie 'n bar nie. Die drank hou nie lank genoeg om 'n bar te regverdig nie. Soms drink die gaste sommer uit bottels. So dis 'n groot besparing op glase en stuff. 3) Was jy al by Louw's Plesier Oord daar naby Vereeniging? Ek kan sweer ek het jou eenkeer daar gesien. Jy het so leerpet en so baard gedra. Dit was fokken lank terug. Ek kan nie sê dat ek die plek ken nie, maar dis moontlik. Die baard en leerkeps – well, die baard is af en die leerkeps is gesteel. 4) Het jy al ooit daaraan gedink om van jou ou tunes bietjie heavy metal te maak en backwardmasking op te sit? Die bushrockband gaan nogal mal met die ou tunes. Ek gee hul 100% freedom, maar dis 'n fusion van klank en dit hang af wie gebook is… Die bushrockband het verskeie lede en die invloede is baie uiteenlopend. Wyle bra Gito Baloi en Isaac Mtaba byvoorbeeld het 'n total ander klank om die roots van my songs gebou as byvoorbeeld die nuwe elektriese vioolspeler Denzl Keenan saam met Albert Frost of Floors Oosthuizen. Schalk Joubert en Barry van Zyl het world music klanke ingevoer. Maar as Ollie Viljoen byvoorbeeld saamspeel word dit bluesy. Persoonlik like ek rock. Backmasking – nee wat. Het dit al in '83 gedoen. 5) Wat dink jy van al hierie Boere-techno CD's met boerewors en simpel chicks op die covers? Niks. 6) Hoe lyk jou toerplanne en recordings vir die volgende 12 maande? Die Anton en Vrinne Live in die Staatsteater DVD verskyn teen die middel van die maand. Toer maar die hele tyd rond. Check website vir gigs: www.antongoosen.co.za 7) Vir hoeveel sal jy Disney sue as hulle jou en Lucky Dube se "Dancer" gebruik in Lion King 4 of Shrek 13 sonder om jou te vra? Gee, dit sal 'n nice problem wees! 8) Wat maak jou die bliksem in? Ignorant uitsprake deur mense wat beter behoort te weet. Ook artists wat grootkoppie kry en fame nie kan hanteer nie. My goeie vriend Peter Pearlson (8 uit tien SAMA'S vir beste ingenieur in die land) het teens gesê "Fame is the biggest test of character". En hy weet want hy het al George Martin se hand geskud en gesê "Thank you for Sgt Peppers"! 9) Hoe lyk die toekoms van SA se musiek? Hoe sou jy dit wil sien verander? Dit lyk tans baie gesond. En veral Afrikaanse musiek. Die nuwe wave wat deurkom – Gian Groen, Klopjag, ddisselblom, Kobus!, Jan Blohm, Fokofpolisiekar (Skoertpatrolliemotor) en andere is ongelooflik vars. Dis vir my baie lekker as die youngsters my Bra Pa noem en raad vra. Maar belangriker nog is die feit dat 'n mens voel alles was nie verniet nie – die musiek gaan gesond voort. Die sogenaamde Voëlvrylot het na demokrasie nie meer iets gehad om te sê nie. En het die FAK-crowd soos Pieter Smith en Jacques de Coning vir 'n ruk regeer. Maar nou is dit weer so lewendig as in '79 toe die rewolusie in Afrikaanse musiek gebeur het. Die stelling verlede Sondag in 'n Sondagkoerant dat "Afrikaanse musiek in die kak is", is een van die mees oningeligde statements wat ek in 'n lang ruk gehoor het. 10) Steve wil hê jy moet jouself in die Henopsrivier verdrink. Wat is julle plak met mekaar? Hennops met twee "n-e". Nie dat ek 'n duit omgee vir spelling en taalfoute nie. Die arme $teve duik gereeld die ref wanneer hy nie weet waar die bal is nie. Ek moet sê, die feit dat die kopokhaantjie so anti-bands was en nou skielik vir Carnival city met 'n volledige (sic) orkes gaan optree, wys net hoe ver die glasie bannewyn oor Patricia getrek het twee jaar gelede met die oopvlek van die backtrack-skandaal. Selfs Theuns Jordaan het nou 'n band. Dit is natuurlik as gevolg van die druk wat op hierdie "kul"stenaars geplaas was deur die kunstefeeste. Nee ek het nie 'n plak met hom nie. Daar is ook nie 'n Anton versus Steve nie. Daar is net 'n $teve versus $teve. 11) Jy het die rekord vir een van die grootste Afrikaanse gigs nog. Planne vir een wat nog groter gaan wees? (Note aan lesers – Huisgenoot gigs tel nie) Nee, ek operate nie op die beginsels van "ek verkoop beter as jy" trip nie. Ek geniet die gigs tans ontsettend baie. En die musiek maak my gelukkig. Die feit dat daar 900 mense Vrydagaand by Afslaankoshuis, RAU was, is toevallig. Ons sou die gig net soveel geniet het in 'n 100 plus venue soos Steak en Ale. 12) Het jy al die movie "A river runs through it" ge-nodge? Nope. Hoekom? 13) Hoe lyk jou emergency plan vir as dit riptide tyd raak innie Henops? Ek het hoog genoeg bo die 100-jaar vloedmerk gebou op die Hennopswalle. 14) Wat is die kakste TV ad wat jy nog ooit gesien het? Sjoe, daar is so baie. Stamp is een van hulle. 15) Patricia Lewis het jou gevra om een van haar guests in Blonde Ambisie te wees. Dank vader jy het nee gesê. Wat van 'n guest appeareance op Steve se show? Julle kan bokshanskoene dra en sy chick kan daai Mr Chinwag suit van destyds se Kideo aantrek. Skiem jy nie dit kan nogal lekker freaky wees nie? Nee, glad nie. Ek voel oor sy show maar soos oor Patricia s'n. Dis dalk 20% minder common. Dis al. Ek was al daarop, maar gaan nie weer nie. Hoekom moet ek? Hy respekteer nie ander mense nie. 16) Al ooit daaraan gedink om 'n horror kinderboekreeks uit te gee? Ek weet nie hoekom ek nou daaraan dink nie. Moet daai fokken scary song van jou wees wat ek elke dag geluister het. "Blommetjie gedenk aan my" is net 'n urban legend. Vergeet van die storielyn en luister na die drums en Jethro Butow s elektriese ghitaar! Die instruksie destyds wat die regisseur aan die drummer in die studio gegee het, was "think Baby Come Back" ('n rock song van die laat sewentigs). En hy was nie bang nie! 17) Prys die jirre dat jou websait ordentlik gedoen is en nie soos sommige bands se generic kak lyk nie. Watse ander saits besoek jy gereeld of surf jy net in die Hennops? Ek check watkykjy, Litnet, Man United, Dylan, Pearl Jam, Neil Young, etc en lees die koerante. Internet banking het die lewe baie makliker gemaak om buite te woon en te cope met noodsaaklike stuff. 18) Kry jy en tannie Karike en Sonja H mekaar nog so nou en dan virre hap? Ja, ons is vrinne. Beide Carike en Sonja was op die Vrinne shows van die afgelope drie jaar. Met die eerste Anton en Vrinne by Aardklop was dit nogal freaky om Carike en Francois Blom van Kobus! oor een mic te sien sing. Wow! 19) Enige laaste thoughts? Iets oppie hart? 'n Aap in die mou? Nee, die aap sit vas innie bottelnek van die verkeersknoop van die lewe. Hê hê. |
Watkykjy staan op 3,092,362 post views in totaal sedert 1 November, 2019.