deur Swerwer (sonder rigting)
Ouens en vrouens, seuns en dogters en maaitjies skuif nader. Ek wil met julle praat oor iets wat na aan my hart lê. So na links neergelê gewoonlik. Presies wat besiel 'n mens om van 'n perfek sonnige land af weg te bliksem na 'n kouegat plek waar alles vas gefokken vries is ? Dit is selfs te fokken koud om 'n normale pis te vang. I kid you not. Diegene van julle wat in 'n sittende posisie jou piswerk moet doen het snaaks genoeg nie hierdie probleem nie. Of so verneem ek. But I digress. Ek het te veel issues oorgehou omtrent die hele fokken avontuur, so hoekom ek hier oor die water moes bliksem is die onderwerp van 'n heel ander sessie. Die feit van die saak is dat dit fokkol lekker is om water te laat in 'n toestand van verkluiming. By definisie is jy aangetrek soos iemand wat koud kry, flippin koud. Al my sweetpakke en truie onder die parka. Een paar jeans, twee paar sweetpak broeke en 'n paar long johns. Jy het met 'n skok agter gekom winter hier beteken iets meer as in SA. Som totaal : Jy lyk en voel soos iemand wat 'n hele klomp kakke agter is.En daai siekte het wat maak dat jy ammekaar neerslet. Gewapen en gegort en sommer gegrendel teen die koue durf ons dappere held die koue aan. Die wit sneeu op die grond is tog te mooi maatjies. Lyk soos daai keer toe die brandblusser in die koshuis se gang afgegaan het. Tog te mooi. Het lanklaas so fokken lekker baljaar. Seker laas daai keer met my niggie in die skuur tussen die skeersel wol. Nou maatjies. Wat gebeur as jy lekker speel en baljaar en so tussen deur sorg dat jy nie dehidrate nie ? Hulle sê moes jy moet baie vloeistof inneem as dit extremely koud is. En weet julle dat die klomp dose jou geld vra vir water? Jirre man, presies wie dink vir die klomp fools? Die kak bier smaak in elk geval beter as die kraanwater. En ten minste gee die bier jou nie die wille kakkery nie. Wel maatjies, daar kom 'n stadium wanneer al die voorsorg teen dehidrasie versadigings punt bereik. En jy besef dat nou moet jy 'n pis vang. En gou ook. En dis hier waar jy jou teen nog 'n vreemde custom vasloop. Die spul mal etters trek hul skoene uit as hulle binneshuis gaan. Truus bop. Nou dit is nie 'n probleem as jy van daai kondoom skoene het wat jy sommer net so oor jou voet aanglip, bigboy. Trailbusters aan die ander kant verg so biekie meer inspanning om van ontslae te raak. En moenie dink pappie jy kan hulle uitwurg as die veters net halfpad oopgeryg is nie. O nee. Die hele fokken pad oopgeryg. Maar maatjies, het julle al probeer buk om by jou skoene uit te kom as jy jou hele klere tas aangetrek het? Al wat jy sal regkry is om te steun en kreun met jou poepol in die lug soos 'n donnerse vark wat in 'n gat in die draad vas sit. En neerbliksem in 'n fokken hoop. Nou teen hierdie tyd voel ek dat ons krisis se kant toe beginne staan. Kyk, die menslike liggaam is 'n wonderlike ding. Op 'n sekere stadium as die krisis begin oorgaan in kak-en-hare territory dan skop daar failsafe mechanisms in. Soos wanneer jy uitpass na die sesde glas skoon Stroh rum of Oubruinskoene. Jou liggaam weet wanneer om te stop, nie net voort te bliksem soos jy sou doen tot in 'n toestand van alkohol versuiping nie. Wel maatjies, wie kan vir my die failsafe verduidelik as jy 'n pis soos 'n ingevoerde vendusie os het? Dit is reg. Die korteks besluit fok hierdie knyp storie en die floodgates word oopgedraai. Nou toe ek daar op 'n hoop lê toe voel ek die manne begint al die locking mechanisms van die floodgates af te haal. Gelukkig was die fokkers so effens vas geroes. Dit gee my toe tyd om by die fokking skoenkamertjie uit te borrel na die naaste muur. Soos julle sal onthou maatjies, die scene is geset in 'n prag fokken mooi sneeu toneel. En wat gebeur as jy in die sneeu baljaar? Dit is reg – jy verloor alle gevoel en funksie in jy vingers. Van die koue, nie van te veel skommel vir die wat nog nie die dinge so lekker scheme nie. Nou ja, dit was maar 'n blerrie onhandige spul. Het jy al jou fokken broekzip try oopmaak met iemand anders se hande? En dan nog deur al die klere rond te grawe op soek na jou piel? Die bedryfie het mos die koue so een kyk gegee en toe omgedop van die inkrimping lat dit lyk soos 'n sexchange wat se piel afgevrot het. Teen hierdie tyd toe doen ek toe al so 'n stywe poepol trippel wat skrik vir niks. Al te fiets en fyn, wafferse fokken ballerina. Dit was darem nie honnert jaar nie toe voel ek beweging. Van my piel se kant af, nie vannie hanne se kant af nie want ek het nog steeds met 'n vreemdeling se hande probeer om my voël raak te vat. Nou dames, julle weet dit seker, maar dit is nie net vir zip oopmaak en laat waai nie. Veral as jy jeans aan het. Jy moet vir Generaal vasvat en uit die broek uit haal en mik. En partykeer nog die kaas ook afdop eers. Die goed het 'n vuil gewoonte om 'n crust te vorm. En dit is net hier waar die kak toe losbars. Nee wat, die pawpaw het sommer hartstogtelik entoesiasties teen die fan vas gedonner. Oop oë. Want maatjies, ek het mos al die scene vir julle geset. Prentjie boek befokte sneeulandskap. Rondgehuppel in die sneeu soos 'n kind van ouds, hande afgestaan aan een of ander vreemdeling. O ja – toe die donnerse vreemdeling my piel vasvat toe gil ek soos 'n standerd 3 seuntjie. Die doos se hande was koud, pisfokkenkoud. Die boudjies het ook ewe petite saamgetrek soos net wat 'n mens regkry op fyndraai. Die magie het lekker geclench soos 'n vuis, six pack boeta, hamstringe raak toe hamsnare. En dit is natuurlik toe net waar die donner-bliksem-etter-wetterse failsafe toe inskop met al hierdie extra pressure op die blaas. Ek het laas toe ek nog in doeke geslaap het my so lekker hangbal staan en nat pis. Ten einde laaste kon ek die fokken sproeiende kleingekrimpte aappieletjie uitkry. Ent van die prent? I don't think so china. Met die wat die donnerse vreemdeling nog steeds my piel staan en vashou, het die beheer kamer kritieke inligting geshort t.o.v. teikenarea ens. Ten minste was my hande lekker warm nadat ek hulle tog te lekker staan en nat pis het. |
Watkykjy staan op 3,092,377 post views in totaal sedert 1 November, 2019.