(deur Nak, Iceman en Attie)
Poen sit voet in die hoek, Robbie Klay se treffer “Hemelse meisie” weergalm deur die paneelwa en hy laat sy vingers deur sy kraagkroon gly.”Dis befok om ek te wees,” grinnik hy vir homself.
Volgende stop, Danville, om sy assosiaat Dolf op te tel. Poen en Dolf het mekaar by Topaz ontmoet toe Poen een aand moes instaan vir Fabio, ‘n lid van Primal Lust, die gesogde Pretoria kaalbolyf mans dansgroep, waarvan Dolf die leier is. Dit is dieselfde aand wat ‘n pragtige 13-jarige dame ‘n twee rand noot in Poen se wiskoos deurtrekkertjie laat inglip het tydens hul vertoning. Hulle is een maand later getroud (wittebrood by Die Oog natuurlik). Poen maak ‘n mentale nota om haar vanmiddag twee uur by die skool op te tel. Stiptelik, soos gewoonlik, staan Dolf en wag, geklee in ‘n stywe klinknaelbroek, afmou frokkie met ‘n Chuck Norris motief op (gevleulde arend – “Born in the USA” motief op die rugkant), Aviator traandruppel sonbrille (wat hom ‘n bietjie na Val Kilmer (aka Kazanski) in Top Gun laat lyk reken hy), pointer stewels en natuurlik ‘n olierige kraagkroon en tafelblad konfigurasie, wat nie eers vir Billy Ray Cirus s’n hoef terug staan nie. Luuks! Slegs met noukeurige ondersoek sal mens die versteekte koppelaar kabel in sy regter broekspyp raaksien (die wat daarvan weet het dit die harde manier uitgevind). Die twee val in die pad, destinasie Oos-Rand (via die Daspoort Tonnel) gewapen met die sproeikannetjie. ‘n Swart driereeks Shadowline BMW (modelreeks voor die befaamde Dolphin shape) het sleg tweede gekom oppad Benoni toe. Dit het eenvoudig nie ‘n antwoord gehad vir die 600 perdekrag wat Poen se Dodge paneelwa op die agterwiele lewer nie. Terug Rob Green toe vir die Beemer, stert tussen die bene! Grootpraat aangaande onwettige motorwedrenne het gevolglik die Luna Plaza ontbyt verrigtinge gedomineer, met Dolf vasbeslote dat sy 1100 Katana die Dodge paneelwa kan pakgee in ‘n robot tot robot tweestryd. Hy sal moet wag tot die naweek by Tarlton om dit te bevestig. Poen is nie oortuig nie, redes wat hy aanvoer:
Volgende stop, Tutti Frutti, die mees eksklusiewe ontkleeklub in die Groter Oos-Rand area. Die uitsmyter deursoek nie vir Poen en Dolf nie (wat ‘n versteekte skoenlappermes en koppelaar kabel sou oplewer) en soos gewoonlik kan hulle gratis die klub ingaan. “Fokken roofkyk pappie!” uiter Poen al smalend vir Dolf soos hul plaasneem by hul gewone tafel (ingeboude smeulpaal en al). Indecent Obsession se “Kiss Me” begin oor die klanksisteem bulder soos die volgende danseres haar verskyning op die verhoog maak, luukse lyfie in stywe skoolklere. Besigheid! “Wys jou muis!” skreeu Dolf vir haar. Dis nie elke dag dat ‘n spierpaleis van Dolf se statuur (wat haar herhinner aan haar held, Sean Michaels), vleiende boodskappe vir haar skree nie, en sy buig haar ruggie so ekstra bietjie agteroor soos sy met die rinkhals beweging die smeulpaal terg. Af met die skoolbloesie. Dolf skud sy nek van kant tot kant. sy kraagkroon neem die “Chippendale ape drape konformasie” aan. Af met die rompie. Hy gee haar die befaamde “Blue Steel” kyk, haar knieë word lam en sy gaan oor tot die “Intieme Disco Wurm” beweging, in Dolf se rigting. “Sy soek zaber!” fluister Poen vir Dolf, en Dolf visualiseer al hoe hy haar wolk nommer nege toe vat vanaand! Die neon lig van die roterende spieëlbal reflekteer van haar natgeswete lyfie, Dolf se pupille dilateer maksimaal, haar hele lyf is hoendervleis, sy arterie temporalis superfisialis pulseer visueel op sy voorkop, hulle maak oogkontak – Chemie! Die intieme oomblik word onderbreek deur die verskyning van ‘n vet, gesnorde middeljarige man met ‘n mank linker been (osteoartritis van die linker heupgewrig). Soos gewoonlik is sy kraag hemp vuil en gekreukel, omdat hy gisteraand weer in sy voertuig moes slaap (sy vrou se verset teen sy drankgewoontes). Dit is Poen en Dolf se Benoni informant. Weens veiligheidsredes verkies hy om anoniem te bly. Foto’s en sensitiewe beeldmateriaal word aan Poen oorhandig en die informant kry sy Liquor City koopbewys (hy verkies dit bo kontant), en die vergadering is verby. Die vertoning het intussen tot ‘n einde gekom en die danseres staan by die kroeg en teug aan ‘n Bernini. Dolf sien sy gaping en beweeg nader met die “Alpha Male” stappie wat hy oor die jare sy eie gemaak het (kraagkroon wapper van kant tot kant). “I likes the way you move” sê hy in gebroke Engels en oorhandig ‘n besigheidskaartjie aan haar: Executive PI (Pty Ltd), Dolf Verbeuk, 093-534 7064. Hy belowe plegtig om haar Vrydagaand Presleys toe te vat, maar hulle moet ongelukkig nou Poen se vrou by die skool gaan optel. Bande skreeu en honde skater vir skuiling soos die paneelwa die Tutti Frutti parkeerterein verlaat. Bad Boys Blue se “Queen of Hearts” net-net hoorbaar bo die gedreun van die uitgeboorde Chev Baby 8 enjinblok. Luuks! “Vrydagaand lê ek agterkwarte weg, pappie!” sê Dolf al smalend aan Poen soos die paneelwa verdwyn agter die horison. Het Poen en Dolf nou genoeg informasie om die groot deurbraak in hul nuutste opspraakwekkende speursaak te maak? (na die baanbrekerwerk wat hulle in die Van Nierop/de Reuk kinderpornografie speursaak gedoen het) Hou die spasie dop vir Kraag Kroon Kronikels Episode III… |
Watkykjy staan op 3,118,709 post views in totaal sedert 1 November, 2019.