Die mediahonde is dit eens oor die nuwe ding op Afrikaanse kultuurvlak. Punk. Ja, jirre kan jy glo dat ons noble kombuistaal ook punks begin oplewer. Unfuckingbelievable skiem jy. Wel check bietjie hierdie seuns van Belville uit. Dames en doosbreine, ontmoet Francois van Fokofpolisiekar. Editor's note: Die interview is gedoen voordat die band gemoer is in Nelspruit deur 'n lot boere. Jy sal sien hoekom ek dit mention. Toe-toe lees nou die donnerse interview. WKJ: Eerste dinge eerste. Wie's wie? Fokofpolisiekar: Francois van Coke sing, Hunter Kennedy speel kitaar en sing, Johnny de Ridder speel kitaar en sing, Wynand Myburgh speel bass en Jaco Venter speel dromme. WKJ:Moerse lekker naam. At last moet Afrikaanse publications vloekwoorde print. Hoe't julle met hom opgekom? Fokofpolisiekar:Die naam het uit 'n kakpratery ontstaan. Ons wou nog altyd 'n Afrikaanse band begin het en Fokofpolisiekar het vir ons 'n goeie rede gegee. Dit is befok om te sien mense print dit nou sonder om te kla. WKJ: Waaroor gaan Fokofpolisiekar – die band, die musiek, die bier oor die crowd uitgooi? Fokofpolisiekar:Die band gaan basies oor vyf vriende wat fokken graag musiek wou speel. Ons wou dit graag op ons eie manier doen. Ons het nie regtig 'n spesifieke boodskap nie, maar op ons EP het ons net basies gedeal met dinge waardeur ons gegaan en bevraagteken het. Die bier is hoe ons die crowd 'n bietjie af koel. WKJ: Wie skryf die tunes of maak almal maar 'n las? Fokofpolisiekar:Hunter skryf meeste van die lirieke, ek en Wynand help so bietjie. Die musiek probeer ons so veel as moontlik saam skryf. So almal maak 'n las. WKJ: Ons check julle blare kom van Bellville af, net agter die Boereworsgordyn. Hoe lykkit daar – is dit so dodgy as wat mense skiem? Fokofpolisiekar:Sommige dele is dodgy. So fucking what? WKJ: Indeed. Julle tunes is lekker heavy. Wie's julle influences? Fokofpolisiekar:Ons hou basies van alles. Alles wat cool klink. Van Sepultura tot Phil Collins, Pantera tot Portishead, The Clash tot Nora Jones. Ek hou nie van Norah Jones nie, maar van die ander ouens wel. Ons almal hou baie van AC/DC. WKJ: Is punk regtig dood of ruik dit net snaaks? Fokofpolisiekar:Punk as 'n musiek styl is seker nog nie dood nie. Punk is 'n weird ding, soos Hunter sê dit is dieselfde as om oor geloof te debateer. Punk het 'n seker ethos, soos om dinge onafhanklik en DIY te probeer doen. Dit het eers ontstaan na die Sex Pistols, want hulle het major backing gehad. Daar is nog steeds punks wat die ethos probeer behou, maar alle punk bands wat groot raak doen dit nie. Ons voel eintlik 'n fok vir punk, maar as band pas ons soms van die beginsels toe. WKJ: Het julle onthou om die stoof af te sit? Fokofpolisiekar: Hy is af. WKJ: Hoe lank is julle aan die go en wat's available in terms of albums en so? Fokofpolisiekar: Ons het vir die eerste keer saam gejam laas jaar April. Ons eerste gig was by Woodstock 4 in September, maar ons eerste regte gig was by ons CD launch by Mercury die 5de December van laas jaar. Ons het net een EP uit -'As jy met vuur speel sal jy brand' hy is in meeste CD shops beskikbaar. Hy kan ook op die Internet bestel word. Ons gaan in September ons eerste full length uitbring. WKJ: Die video vir "Hemel op die Platteland" is noudieaand gelaunch by Mercury Live. Baie cool en lyk of dit 'n big budget gedoente was. Hoe het julle dit georganise? Fokofpolisiekar: Nee, dit was nie big budget nie. Ons het wel geld uitgegee maar nie so baie soos dit lyk nie. Almal in die crew het verniet gewerk en ons moerse baie gehelp. Johan Nel die director is 'n baie goeie vriend en hy verstaan ons vibe baie goed. WKJ: Vertel vir die nole wat dit nie gesien het nie van die storie agter die vid – soos die lykswa, die windpomp en al so aan. Wat gaan daar aan? Fokofpolisiekar:Dit lyk basies asof die wegraping gebeur het en ons is nie kom haal nie. Check dit self uit. WKJ: Hoekom het almal swart t-shirts aangehad noudieaand by die Mercury? Dis meer metal as punk sover ek onthou. Verduidelik asseblief vir vyf punte. Fokofpolisiekar:Dit is maar net hoe ons aantrek. WKJ: Ek sien. Twee uit vyf. So, wat kyk jy? Fokofpolisiekar: Rocky Horror Picture Show, Waking Life, Donny Darko, The Simpsons. WKJ: Wie's die man met die dik lipwol (dis nou 'n smittie)? Fokofpolisiekar: Dit is natuurlik Wynand Myburgh. WKJ: Lyk of julle 'n moerse fan base het in die Kaap. Hoe lyk die support deur die res van die land? Fokofpolisiekar: Ons het die land al twee keer getoer en die crowds was befok. Ons eerste show in JHB was klein, maar toe ons weer daar kom was dit beter. In Potch het ons nog die meeste mense by 'n club gig gehad, maar ek dink die girls kon verniet inkom. Ons het nog nooit in Durband gespeel nie, maar sal probeer in Desember. WKJ: Moerse energetic live show en fokken baie headbanging. Wat was die kwaaiste show sover? Fokofpolisiekar: Ek sou sê Kaktus of een van die shows by die Bowline Rock Teater op Oudshoorn hierdie jaar. Die CD launch by Mercury in Desember was befok, die vibe was baie cool en al ons vriende was daar. WKJ: Wat's die mees suspect show tot nou toe gewees? Fokofpolisiekar: Die week na die CD launch het ons op Lambertsbaai 'n gig gaan speel saamet 'n paar punk bands. Ons het 03:00 op stage gegaan, fokken dronk, so dronk dat ons nie eers kan staan nie. Daar was geen monitors nie en die PA het bestaan uit twee speakers wat een van die ouens in 'n ander band perongeluk saam gebring het. Ongelooflik kak, kakker as kak. Wynand het half-pad deur die gig van die stage af geloop en gesê fok dit, die res van ons het net daar rondgestaan. Hy het toe terug gekom met vyf biere. Die organiser wou ons moer, maar ons is nou vriende. WKJ: Is die Mercury se glitter ball nog daar na al julle malkop stage divers? Fokofpolisiekar: Ek glo so, ons was die dag na die gig daar. Die owners het gesê alles is cool. WKJ: Sou julle sê julle is goeie punks – ek bedoel breek julle public property, raak getrek, vloek vreeslik en wys vir mense signs? Fokofpolisiekar: Ons raak getrek, vloek vreeslik, wys soms vir mense signs. Breek nie regtig goed met opset nie. WKJ: Aldus goeie punks. Baie mooi. Is een van julle al betrek in 'n fight oor julle lang hare? Indien ja, hoe lyk die anner ou? Fokofpolisiekar: Nog nie oor ons lang hare nie, dit is 'n nuwe ding. [ Let wel: Die interview is obviously voor die Nelspruit gedoente gedoen. ] WKJ: Wanner kry ek my badge? Fokofpolisiekar: Seker by die volgende show wat jy kom kyk. WKJ: Kwaai. Hoe baie hou julle van die ongefokkenlooflike www.watkykjy.co.za? Fokofpolisiekar: Cool, maar ek skiem daai Nirvana cover band is kak. WKJ: Wat koer Fokofpolisiekar se moer? Fokofpolisiekar: Silicon Fly en vir geen spesifieke rede nie, die Finkelstiens. WKJ: Moes julle al by iemand se partytjie speel en toe kom die polisie daar aan en toe is iemand dronk en skrou "Fokofpolisiekar" so hard en aahoudend? Fokofpolisiekar: Dit het al by een van shows in Houtbaai gebeur, ons het saam met 'n paar local punk bands gespeel. Hog Hoggidy Hog, Rudimentals en Half Price. Daar was so god baie mense die cops het net gefokof. Houtbaai se cops is seker rustiger as die normale soort. WKJ: Waar kan mense julle uitcheck of in touch kom met julle? Fokofpolisiekar: www.fokofpolisiekar.co.za en info@fokofpolisiekar.co.za WKJ: Enige laaste woorde? Fokofpolisiekar: Baie dankie vir die interview my bra. |
Watkykjy staan op 3,047,932 post views in totaal sedert 1 November, 2019.