deur Swerwer (sonder rigting)
Is dit net ek, of is die hele wêreld besig om van sy koek af te spring? 'n Mens kan jou nêrens heen draai nie, of een of ander simpel bliksem wil a) jou moer en jou goed steel, b) jou arme fokken siel bekeer, c) jou in die hol en ore naai, d) jou vertel dit is nie holisties om so te lewe of e) all of the above. Dit is nou net hier wat ek my hand opsteek en vir juffrou vra: "Presies waar het ek die fokken boot en sommer ook die plot gemis? Kan 'n mens nie meer net wees nie? So gemaak en so laat staan thank-you-very-fokken-much." Jy, antie wat so frons en kop skud, sê asb vir my in duidelik verstaanbare spreektaal in twee sinne of minder: hoekom wil julle simpel, bloedbelope etters my nie net uitlos nie? Ek het jou en jou hond en jou ma en dié se fokken budgie mos niks aangedoen nie? Is dit my skuld dat omtrent die hele donnerse Suid Afrika op die oomblik aan 'n identiteitskrisis suffer? Moet ek nou bekak en bepis word net om jou insecurities te justify? Loop re-align jou fokken aura of ga' kry 'n fokken colon cleansing met battery acid of so iets. Fokken teef. Eendag as ek nou mooi groot is, en alleen uit die huis mag gaan en nou mooi baard het, en so 'n bietjie skuim kan pieppie… Dan gaan ek die Republiek van ?Self stig. Daar gaan al die teti's en toti's na my tune moet dans pappie! Stand up! Sit down! Shut the fuck up! En smile jou doos! Want ons is almal mos gelukkige hasies hier innie Republiek van ?Self. Dit sal compulsory wees vir al die krimpies met meer as 50 somers op die klok om elke dag met 'n vet joint te begin. EN BY DIE FOKKEN HUIS TE BLY. Al die mense en mensinne met teef neigings of inklinasies sal op 'n nasionale medikasie program gesit word. Pick-en- choose uit 'n smarties boks, solank dit net skedule een is. Petrol en hot dogs en gwap sal gesubsidise word sodat dit 'n flat rate van vyf koppe kos. Of jy nou volmaak, inlê of aflaai – "Five rand pleez." Die koeltekonte sal almal oorgeplaas word na die Departement van Paaie. Die Vrystaat en Noord Kaap het 'n kakhuis vol grondpaaie wat moet reggemaak word. Ek het klaar my bestelling by die koopewagerasie ingesit vir pikke en grawe. En twee wielbarrows. O ja – daar's die Parlementêre Tuine ook. Om in die parlement te kan sit en tydmors sal jy ten minste twee blou movies moes gemaak het al. En nie net gemaak het nie, maar ten minste sewe copies al verkoop het. Dan gaan ek die parlementêre TV oorskuif na satellite TV en 49.99 vra om in te tune. Daar is hoeka al net 'n genaaiery en koeke-stamp-en-giggelry aan die gang – ek gaan dit net legitimize en sosiaal aanvaarbaar maak. Die proceeds skenk ons dan aan die honger kinnertjies. En die mense met kanker van die genotgrot en plesierspier. 'n Mens het mos social responsibility after all. As prez gaan ek dan vir myself 'n lanie kar kry. En 'n jet. En 'n fokof groot lorrie. (Wou nog altyd in 'n lorrie skrop) En ek gaan vir my 'n moerse mansion in Blommefontein bou. Coz ons is almal fokken gelukkig om te reside in die Republiek van ?Self. |
Watkykjy staan op 3,084,132 post views in totaal sedert 1 November, 2019.