(deur prinses poofpub)
Toe ek in die hoërskool was het ek gedink punk is kak. Sex Pistols en Iggy Pop was maar die enigste twee wat my aandag getrek het. Maar dis omdat hulle die hele ding gelewe het en catchy tunes gehad het.
Soos Fokofpolisiekar. Ek dink nogsteeds meeste punks is poese . Kyk, Avril Affies meisies en Blink Boys High ouens wat agter mense met fake Amerikaanse aksente aanfoeter is nou nie my idee van anarchisties nie… Maar Fokofpolisiekar is. Met die volle wapenrusting van godslastering , vuiltaal, opgooiverhale, middelvinger in die lug deur driftige ongekompliseerde melodieë sal ek “AS JY MET VUUR SPEEL SAL JY BRAND” beskryf en aanbeveel: Koop die fokken CD. Die songs vat die pis uit alles wat ons irriteer in hierdie reënboogland en volk. Ja, dis Afrikaans en onkonvensioneel wit (die cover… en die inhoud en die lyrics) en ‘n bietjie kommunisties rooi en swart. Maar meestal wit. Daai wit wat kan vuil word maar wie gee ‘n fok om. Koop dit en gooi die cover weg en kry die lyrics op die website saam kakcool merchandise want hierdie ouens sê actually iets en dit boonop in die moedertaal. |
Watkykjy staan op 2,931,640 post views in totaal sedert 1 November, 2019.