Seker geskiem jy gaan nou lekker guava kyk? Hehehe, fokken vuilgat. Hierdie is 'n anner Stripshow , maar jy sal ook 'n paar kaal chicks kan check. Maar sit eers neer die tissue en die facial scrub.
'n Lot comic artists (ook genoem strip art) het bymekaargekom om 'n Afrikaanse strip te publish. Die artists is girls, en die strips gaan oor girls. Maar hier het jy nie te doen met iets fokken mamby-pamby soos Seventeen of Cosmopolitan nie pappie. Hierdie is hardekwas – dié girls vattie kakkie. Met 'n styl wat mostly herinner aan Bitterkomix, kap die mag 'n floatie vir 'n hele paar myths oor Afrikaanse girls. Die result is cool, soms unexpected, en dis moer refreshing om bietjie 'n Afrikaanse female edge te check. En nee china, Karen Zoid is nie edgy nie. Die stories is kwaai, die styles vary nogal dramatically tussen artists, en as 'n eerste issue kick dit ass – myns insiens anyway. Hopelik is daar nog in die pyplyn. By watkykjy hou ons daarvan om julle die inside scoop te gee op als wat cool is – soos meisies wat kan poes praat. Ek het dus dadelik 'n interview georganise met Leo (ja, dis 'n girl) van Stripshow. Hou vas, hier kom sy… 1. Eerste dinge eerste. Wat kyk jy? Nuus met Riaan Cruywagen en (as ek nie kan slaap nie), BBC World en Agrifokus. O, en Frasier en Eastern Mosaic as ek onthou. 2. Wat's die deal met Stripshow – wie se idee was dit en waarom? Ek en Nicolene Louw wou ons werk op een of ander manier publiseer, maar ons het gedink om sommer fotostate te maak en dit aanmekaar te staple. Toe kom Paddy Bouma met die wonderlike idee om dit 'n hele all-girls tydskrif te maak. Aanvanklik was ons bang dat ons dalk meer aangevat het as wat ons sal kan baasraak, maar op die einde het als heel goed afgeloop. 3. "Ontbloot die siel van die vrou" – klink vir baie soos ou Afrikaner retoriek. Hoekom sou hulle verkeerd wees? Hoe bedoel jy? Ek verstaan nie. 4. Toemaar ek ook nie. Net probeer grand wees. Anyway… sou jy komiek artists as mens-mense beskryf? Dis altyd moeilik om veralgemenings akkuraat te maak (bv. ek's seker nie elkeen wat sy eie website het is noodwendig 'n computer geek nie). In elk geval, in baie breë trekke kan ek seker maar ja sê. 5. Is daar planne om die komiek landswyd bekend te stel met regte stripshows? As iemand bereid is om ons te borg, hoekom nie? 6. Was jy al by 'n stripshow en wat dink jy daarvan? Ja, ek was al. Dis baie lekkerder om te kyk as dit girls is wat strip. Om een of ander rede sukkel mans. 7. Ek check dit het iets uit te waai met Bitterkomix. Wat's die missing link? Drie van die mense wie se werk in Stripshow verskyn, se werk is al vantevore in Bitterkomix gepubliseer. Bitterkomix ( eintlik Joe Dog) het ook baie gehelp met die fyner details van die hele uitgee-besigheid. 8. Van die style in die komiek herinner my ook aan Bitterkomix. Skiem julle dis intentional, is dit 'n Afrikaanse ding dat almal so teken or what gives? Om die Suid-Afrikaanse (of dan nou Afrikaanse) komiekstradisie voort te sit en daarop te bou, kan mens nie anders as om by Bitterkomix te leen en inspirasie daaruit te put nie. Bitterkomix was 'n invloed, maar daar was (en is veral nou) baie opwindende nuwe dinge wat besig is om te gebeur. Suid-Afrikaanse komieks kry op die oomblik ook nogal baie internasionale aandag. Oktober is Comics Brew in die Kaap en die nuwe Stripshow kom uit. Daar's baie om na uit te sien. Suid-Afrika se komieks gaan nog groot raak. 9. Wat dink jy van watkykjy se eie komiek – Skrapnel? Dis fokken cool nê? Ek dink dis befok. Riveting. 10. Een van die komieks gaan oor 'n chick wat begin bloei in die klas. "Bloedskande" dink ek. Het jy al daai TV ad gesien van die girl wat wil gaan paartie met haar wit broek en dan gebruik sy Always Ultra en op die einde swaai sy lekker hol in die wit broek? By the way, wat dink jy van tampon en pad ads in general? Ja, ek het al die ad gesien. Hoekom vra jy nie eerder vir my wat ek van tampons en pads dink nie? Advertensies is selde of ooit 'n opinie werd. 11. Raait… Wie's jou influences, of wie respect jy as 'n komiek artist? Jis, moeilik om te antwoord. Daar's baie. Miskien moet ek maar 'n lys maak: Arline Kominsky Crumb, maar ook haar man, Robert Crumb, Lynda Barry, Dame Darcy, Joe Matt, Joe Sacco, Julie Doucet, Marjane Satrapi , Daniel Clowes, Debbie Drechsler, Seth Chris Ware, Chester Brown, Anna Sommer. Deesdae raak ek al hoe meer opgewonde oor oosterse comics, veral die ou wat Akira gemaak het (ek het sy naam vergeet) 12. Is jy een van daai mense wat in coffee shops uithang en te veel rook en hard praat en opinies het oor als? Ek ken baie komiek artists wat so is. Nee, glad nie. Jammer. 13. No problem. Waar is 'n vrou se plek? As jy 'n hardcore feministiese antwoord verwag, is jy verkeerd. Ek is geweldig geirriteerd met Feminisme as denkskool. Dit voel al vir my of hulle dink die wêreld skuld hulle iets. 14. Waar kan mense die komiek in die hande kry en hoeveel zak moet hulle by mamma kry? 'n Paar Exclusive Books in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria, Protea Boeke en 'n paar onafhanklike boekwinkels in Gauteng en die Wes-Kaap. Of mense kan ons mail by stripshow@hotmail.com. Ek's nie doodseker wat die tweede helfte van jou vraag beteken nie, maar ek vermoed die antwoord moet dalk R29,50 wees. 14. Enige laaste woorde? Ek gaan seker laat vanaand aan die perfekte one-liner dink wat ek hier moes antwoord. |
Watkykjy staan op 3,083,273 post views in totaal sedert 1 November, 2019.