(deur Toti)
Asseblief, ek wil nie meer nie. Ek kan regtig, regtig nie meer die girl wat langs my by die werk sit handle nie.
Om dit ligtelik te stel: Sy irriteer die wit kak met spikkeltjies, die ligte rooi kak en die vaal kak uit my uit. En dis op 'n goeie dag. Ek sal bereid wees om my eie tril af te sny om nie meer langs haar te hoef te sit nie. 'n Teerpaal in my hol sou half meer agreeable gevoel het. Nou wonder ek: Is dit een of ander siek HR of sielkundige eksperiment om my breekpunt te probeer vasstel? Is ek deur een of ander proses van eliminasie gekies as die most unfortunate arme etter moer wat die spit en heel moontlik sy eie hand gaan moet afbyt? Dink die baas ek het sy dogter genaai? Het ek die baas se dogter genaai? Vir hierdie tipe straf moes ek al sy dogters, sy vrou en sy hond pregnant gekry en vir hom AIDS gegee het. Ek het nou, in die rekordtyd van een week, 'n toestand van geweldige irritasie bereik wat sommige huwelikspare slegs na jare van wedersydse gemoedsbekakking en owerspel bereik. Maar laat ek verduidelik… Weet julle, ek sou nog kon verstaan as sy 'n bimbo of net gewoon verstrooid was. Regtig. Dit sou even amusing gewees het. Maar sy is nie. Sy is net moerse, maar moerse, kinderagtig. Ek sien van die ander staf het tydelik in die boardroom ingetrek, en ek joke nie nou nie. Gebruik die verskoning dat hulle 'n moerse belangrike assignment het en nie gesteur wil word nie. Nou plaas dit natuurlik my as kandidaat nommer een om eerste te knak en in welgeluksaligheid op die kantoorplante te pis met 'n skyf in my hand nadat ek haar haar fortune vertel het. As alles goed gaan sal sy… Ag, nevermind. Dis 'n private fantasie en eintlik hoogs sadisties. Eerstens, sy praat soos 'n klein dogtertjie, en baie. Dit is basies my hoofklagte en 'n konstante irritasie. Is haar man 'n pedofiel? Die fokker is klaarblyklik heelwat ouer as sy. (Ek weet want sy het ons alles van alles vertel) Tweedens, sy word geintimideer deur ALLES en het daai 'Kry my jammer' houding. Dis nou soos in: "Ek moet die konsultante gaan sien." "Wel, gaan!" "Nee maar ek word geintimideer deur hulle" "Nee, hulle is eintlik baie vriendelik" My gedagtes sal ek liewer nie boekstaaf nie. Of vanoggend: "Ek is die rofie hier rond" "Wel, die beste manier om te kry wat jy wil hê is om op te tree asof jy nie die rofie is nie" Soos julle kan sien probeer ek eintlik baie hard. Derdens, as die kleinste klein dingetjie gebeur wat 'n mens met regtig tos senuwees moontlik sou kon ontsenu dan gee sy so 'n klein gilletjie en sê 'Oh dear'. Sy gebruik ook daai phrase wanneer sy met kliente praat. Vierdens, sy vertel stories wat 'n mens eintlik niks in sou belangstel nie. Chronies. OK, genade het heel moontlik gekom. 'n Agent het my nounet gebel met 'n job offer… |
Watkykjy staan op 3,056,646 post views in totaal sedert 1 November, 2019.