Van ek nou in eKapa bly is dit mos lekker by die see. Die hele tyd. Dis net vyf minute in ‘n standaard Fita Palio en jy’s oppie fokken warm sand tussen roomysstokkies en plastic botteltjies. Darem minder olie hier as in Richardsbaai, alhoewel die water so verfoklik koud is dat daar nie juis van goof sprake is nie.
Anyway, met die ge-beachery kom ek toe agter nie alle Kapenaars slaan uit met plakkies, ‘n Bermuda shirt, en daai groot geel plastic sonbrille by die water nie. Ook nie almal bring die hele familie saam, elk met hulle eie deck chair, bodyboard, en coolbag nie. Nooit pappa. Nie innie Kaap nie. Hier is soos in almal, like in wow, te soort van… umm main daarvoor. Sja! En omdat ek nou weet hoe verskriklik seer dit hier binne maak waar niemand kan sien nie, gaan ek fellow nie-Capies help om die regte beach te kies as hulle die Kaap tref soos ‘n toiletdeur wat oopgaan die oggend na ‘n nag van Jagermeisters shoot. Hunh…
Camp’s Bay
Hang uit saam met die lanieste CT bliksems wat hulle SLK’s en Boxters op en af cruise met die strip. Check sommer vir die spierbeertjies en blonde leertannies wat onder die palmbome draf. Paar mooi mammies hier, en partykeer herinner dit aan iets uit ‘n glamorous fliek. Partykeer ook nie, veral nie as die bergies op die gras kots nie. Watch net vir al die grand plekke (soos Blues en Somerville) waar dit so lekker is om te sit en suip in die agtermiddagson. Jy betaal vir daai view pel. By the way, try ‘n Death in the Afternoon – dis champagne en absinthe gemeng. Fokken luuks. As jy actually op die strand gaan, is daar deck chairs wat jy kan huur en heelwat mooi, pretentious mense om jou tyd mee te mors. Party Sondae speel die hele fokken wereld daar volleyball dan moet mens die hele tyd die bal teruggee en tune nee dis fine as julle aanhou om my bier om te slaan en byt op jou tande want die volleyball ouens sal vir jou rol.
Llandudno
Dis nou ‘n nca spot om ‘n warm Sondagmiddag te waste. Park agter die groot klip as jy vergeet het om jou sambrella te bring. Dis ook agter hierdie groot klip waar ons die meisies sonder tops gecheck het. Lekker punt innie wind. My tipe beach. Nie ‘n moerse groot strand nie, maar dis heel mooi en daar’s klippe en girls en ander goeters wat mooi is. Good luck net om parking te kry. Die jirre weet, mens park amper in Houtbaai en stap ‘n fokken halfuur. Verder kwaai en die 10 minute drive uit CT werd.
Clifton 3rd Beach
Ons was nog eintlik net op 3rd Beach laatmiddag wanneer dit befok is om op ‘n baie klein, beskutte beach te wees en die son te check as hy in die Atlantic in donner. Dan is dit piele, veral as ‘n mens dop saamvat. Onthou net dat daar ‘n kakhuis vol trappe is om te klim tot bo en dat dronk vriende onder bly waar die bergies jou skoene steel. Deur die dag behoort 3rd Beach blykbaar aan die Adam and Steve generasie, so as jy ‘n frisgeboude lat is met mooi hare kan jy dalk lucky raak…
Clifton 4th Beach
Moerse lekker bitch, ek’s seker, behalwe nou die laatmiddag na werk toe ons daar was. Ek en Prinses park net lekker en die rooi wyn beginte praat toe hijack twee bergies die Ola roomysstalletjie. Which is fine, ek verstaan heeltemal hulle verset teen kapitalisme en die consumer samelewing. As hulle net wou fokken stilbly…
Vars agter die Ola stalletjie begin die hoogs-besope bergie die niksvermoedende security guard uitkak. "Hey! You! Kom hier dat ons jou kan naai!" reken hy. Blykbaar nie ‘n nice enough proposisie nie en die guard mosey aan.
"Hahaha," lag die toothless grin. "Kom hier jong! Hier verkoop ons net piel!"
Hier verkoop ons net piel? Ek wonder of Ola OK is met hierdie aggressiewe tipe van marketing styl. Anyway, na nog ‘n paar minute van verbal abuse aan almal wat pass het ons geduik. Die laaste ding waarvoor ‘n ou lus is, is om na ‘n bergie se geskel te luister na een of ander fed-up groot dude hom gemoer het.
Watkykjy staan op 3,124,697 post views in totaal sedert 1 November, 2019.