"Stand up, stand up and shout!" So begin "Rockstar" met Marky Mark Wahlberg in 'n metal cover band. Nooit sou ek kon raai dat ek 'n properliese cover band op die suidpunt van Afrika kon nodge nie. Nooit ou.
My nuwe graft innie Kaap is naby Stones in Longstraat en dis toe waar ek check daar jol 'n Nirvana cover band met die naam "Pay to Play" die een Donnerdagaand. Fokken lekker skiem ek. Lank laas vir Kurt en die manne geluister. Kan lekker wees. Dié aand pull ek en die Prinses in Stones in. Hulle ruk ons twintig koppe by die deur. Nogal heavy skiem ek, maar die fokken Kaap is maar duur. Steeds baie cover virre klomp covers. Ons kry bier en speel pool. When in Stones… Na 'n paar games teen R4 'n shot trek daar 'n geluid los erens binne in die jol. Ons move in en check die laaities uit. Pay to Play is in die fokken huis pappa. Vier laaities in die band, m.a.w. twee kitare teen ou Kurt se een constantly uit-tune-uit Jazzmaster en hulle rock. Die eerste set looi hulle met ouer en onbekende tunes van "Insecticide" en "Bleach". So paar outies en ander skabberash staan leepoog nader om die storie uit te check. Die sound is nca en die songs is tait soos 'n lappop se alie. Baie fokken lekker reken ek. Die bass en dromme is solid en die kitaarouens raas fokken lekker soos wat die regte Nirvana ook mos maar gemaak het. Selfs die noisy solo stukkies word aangevat en verbasend cool reggekry. Nou kyk ek dink ook dis weird dat mens deur al die kak gaan van 'n band stig en rehearse en als net om presies soos iemand anders te klink. Baie fokken weird eintlik. Maar die laaities doen dit blykbaar nou juis omdat die enigmatiese Kurt presies 10 jaar terug homself gepos het na die groot gig agter die swart gordyn. Met die eerste set agter die rug verkas ons balcony toe vir asemskep en bierdrink. So rukkie later start die ouens weer op. Acoustic die keer, kompleet nes die famous "Unplugged" set vanmelee. En dis hier waar dit, nog meer as die res van die show, damn duidelik raak dat die vocalist 'n lekker stem het. Nie presies soos Kurt s'n nie, maar fokken naby en dieselfde range van melancholy tot skree. Heelwat meer coffin kids onder klippe uitgeklim omdat dit later in die aand is. Tussenin slaan ons 'n paar Jagies weg en die barman deel sommer free Potency uit. "Piele fokken jol die," skiek ek by myself. Teen die tyd is ons al kwaai ge-olie en ons move nie eers vir die break nie. Die laaste set breek aan en die vloer wemel van die teenage dirtbags, party so jonk dat hulle seker drie jaar oud was toe Nirvana opgebreek het. Maar dis kwaai, kinners moet mos gesien word en die mense dans. Hierdie set is fokken huge, met al die hits en heavy nommers. Die band gaan te kere en die mense ook. Op een stadium probeer twee laaties mosh en hulle neuk in die crowd in. Met die dat Chopper netjies van sy bar stool afneuk en sy splinternuwe bier oor sy crotch uitmoer. Prinses kak die man so uit dat hy nuwe biere koop en skoon vergeet van die ander ou wat hom wil etter. Nuwe bier in die hand smile ek allie pad tot die einde van die show. Music-wise rock die ouens en dis baie lekker. Image-wise is hulle nie great nie but I guess dis die normale disillusioned tipe van fans wat Nirvana voor gecater het. So daar is dit dan. Pay to Play – SA se eie cover band. "Stand up, stand up, and shout!" Check uit vir hulle websait in "Skakels". Ons stumble na een uit die jol uit na ek nogal 'n voucher gewen het in die finale lucky draw. Goeie nag Pay to Play. Julle was lekker. Nag Kurt. Ek hoop jy mag tunes skryf in die plek waar jy nou is. En nag John-Boy. Nag Oupa. |
Watkykjy staan op 3,048,224 post views in totaal sedert 1 November, 2019.