Fliek: Top Gun Jaar: 1986 Met: Tom Cruise, Kelly McGillis, Meg Ryan, Val Kilmer, Tim Robbins (2 min op die einde)
Na 1986 sou cool wees nooit weer dieselfde wees nie. Virre rukkie het laaties moerse tearshaped sonbrille begin dra, tight denims, en bomber jackets. Kleiner seuntjies moes gelukkig wees met vliegtuiggeluidjies maak. Die rede – Top Gun met Tom Cruise en Kelly McGillis. Die storie is redelik eenvoudig asook, incidentally, baie fokken lame. Tom Cruise (a.k.a. Maverick) is 'n rookie by die vliegskool vir fighter pilots. Nou vliegskool is nie soos wynskool nie. Hier moet jy shape pappie anders is jou op jou gat uit. Die rookies is almal 'n lot hardegatte wat mekaar heeltyd wil moer. Die voorbok is Maverick en Val Kilmer as Iceman. As jy sien dis Val Kilmer, doen jy actually 'n double take want sy hare is FOKKEN HUGE. So lekker man-bubble wat so agtertoe gekam is. Ek wonder of Val dié fliek op sy CV sit. So die laaties hanna-hanna poes-poes die hele tyd aan mekaar en almal dink Maverick is 'n poes want hy is die beste en hy het 'n fokken houding wat skrik vir fokkol. Pretty much soos ek dink Tom Cruise in regte lewe is. Behalwe dat hy nie die beste is met iets nie. Enter Kelly McGillis. So lelike eighties tannie met 'n kuif-bob en 'n bek vol van die grootste wit mashers wat jy nog gesien het. Skroulelik. Nou Maverick probeer haar bykom, dan vind hy uit sy is een van die tactical tannies wat by die vliegskool werk en hulle mag nie. Soos jy kan raai pomp hulle bietjie later in die fliek. Dan peg Maverick se buddy (wie se vrou Meg Ryan is) en hy raak huilerig en neem homself kwalik en knip sy oë heeltyd in die plane wat maak dat hy nie straight kan vlieg nie. Tussendeur los die lelike tannie hom, sy houding vererger en hy het nog issues met sy pa wat ook 'n fighter pilot was en dis net 'n fokop. Hy besluit om te quit. Maar omdat hy die beste is kom hy op die einde terug om 'n paar MIGs af te skiet en Iceman se lewe te red en die hero te wees. Net betyds voor die titles rol. Natuurlik kom die lelike tannie ook terug, hulle doen dit mos. Lekker main skiem jy. Lekker pilots en vegvliegtuie en aksie aksie aksie. Supersnuiters styl. Old skool. Se moer pel. Die aksie sequences is hella lame. Dis fokken stadig en kak gedoen en lank. Amper asof 'n spectator op die grond met 'n handicam die ding geskiet het. Tussenin cut hulle na cockpit shots toe dat jy die ouens se helmets met hulle call signs (e.g. Maverick) op kan sien. Daar is goed wat wel snaaks is en dit die moeite werd maak. Kyk, dis nie 'n great movie nie. Maar dis interessant om te probeer uitfigure hoekom ons so useless in die eigthies was. Hoogtepunte:
Die Huisgenoot het in die nineties êrens so exposé gehad oor Kelly McGillis wat na die movie vet en lelik geraak het en brille gedra het. Dit was nogal snaaks. Moerse baie flieks en goed het toe ook begin die hoender ruk met Top Gun. Mad magazine het "Top Gunk" gehad, Charlie Sheen was cool in "Hot Shots" en "Naked Gun" het ook 'n joke of twee gehad oor die fly boys. So checkkkit as jy nog nie het nie. Hou 'n bottel sterk dop naby en suig maar hard daaraan. Die fliek vat so bietjie olje om te loop, maar is snaaks op plekke. Mens moet vir jouself in die eighties kan lag. |
Watkykjy staan op 2,154,291 post views in totaal sedert 1 November, 2019.