Afrikaans het van die Voortekkers se tyd af al iets in gemeen met cowboys. Albei groepe het met waens in 'n nuwe land ingefok en die natives van die gras afgemaak. Cowboys het van rollies, dop, perde en fight gehou. Voortrekkers ook alhoewel hulle lang, slap guns verkies het – iets soos 'n Mauser of Sanna.
Vandag nog dink baie Afrikaanse mans hulle is cowboys. Dra selfs cowboy hoede en loop met bakbene in bars in om vir moeilikheid te soek. Maar 'n interessanter link is die ding met perde en hoe dit steeds in ons vocab rondlê. As 'n cowboy in 'n bar jou uitcheck dan weet jy daar kom perre. "Sorry ou perd," tune jy vergeefs, die ou gaan jou betrek. En dis nie asof jy bang is vir fight nie, maar hierdie ou is 'n perd van 'n ander kleur. Tot iemand vir jou 'n tot glas gooi… Kyk, 'n tot glas 'n kak wapen maar 'n man moenie 'n gegewe perd in die bek kyk nie. En so aan… die storie gaan anyway net een pad. Toe ek klein was het my pa by die Tattersalls perde gespeel. Dis ook hy wat my getune het dat trou nie perdekoop is nie. Anton Goosen het ons getune van die ysterperd slaan en vriend grfF moet na 'n paar skuimkoppies altyd gou 'n man oor 'n perd loop sien. Liewe Heksie kon net 'n perd toor – Ou Griet. As jy kak aanjaag of bullet punt twee eerste doen dan span jy die kar voor die perde in. Wat obviously die verkeerde manier is. Maar jy weet hoe dit gaan, jy kan 'n perd tot by die water bring maar nie maak drink nie. Verder is die Cats buiteperde om die Super 12 te wen, en baie Hollanders en Engelse het perdetanne. As biltong poef proe dan skiem mens dis perdevleis en 'n perdedokter is sommer 'n poesneus. Aan die ander kant is 'n perrepiel nogal 'n meneer en 'n gat soos 'n boerperd is groot en gerieflik. Hoekom op aarde sou die ou Afrikaanse bliksems so behep met perde wees? Miskien was dit die intieme relationship tussen 'n man en sy perd. Ek meen, plase was ver uitmekaar en na dese was baie ouens lekker jags gegalop. |
Watkykjy staan op 3,083,270 post views in totaal sedert 1 November, 2019.