Eers was daar die gewonder oor wanneer die verkiesing nou eintlik sou wees. Niemand het geweet nie, want ons eerwaarde president, Tafel-en-Bedjie het mos die pampiertjie met die datum in sy broeksak vergeet. Toe die datum bekend gemaak word sien jy ewe skielik net posters orals op lamppale en daar is debatte op TV en 'n kakgegooiery tussen partye en ons moet noodgedwonge na al hierdie stront kyk omdat daar sulke kak flieks en programme op TV is.
Die campaign advertensies rakende die verkiesing laat ook 'n kak smaak in die mond. Julle weet waarvaan ek praat. Daai faktap cartoons van diere en die muis en die olifant wat gaan stem. Dit maak net mooi fokkol sin. En dan is SABC3 Education se logo so aan die einde. Wat – pray tell – de fok is dit? Soos ek die advertensies verstaan lyk dit my of kinders ook nou mag stem. Hey…wag so bietjie, dan gaan ek 'n party stig vir die kinders. Ek trek soos 'n Teletubbie aan en maak daai Teletubbie geluide: "Blu-ba-blu-bie. Tatta Fienkie!" Free ice-cream vir almal! Nee wag, die ander partye maak al klaar daai Teletubbie geluide. Fokkit. Sal ander plan moet maak. Omdat ons land so lekker demokraties is kan enige Piet Piel en sy pel wat zak het 'n party stig. Ek dink byvoorbeeld aan die Soccer Party van laas keer se sirkus (bestaan hulle nog?) wat dagga wou legalise. Wat fokken dink die mense? Ek ken actually mense wat vir hulle gestem het. Hulle rook steeds dagga en kyk nog steeds soos meerkatte rond in vrees dat die Kase hulle gaan bust. Mooi so Soccer Party. Hfffffpp…ahh..pffffff. Mamma, daai akkedis loer vir jou. Die Vreiheidsfront het so 'n lekker koue front van voor af gekry. Sanlam deel mos skille uit vir al die partye want Sanlam het mos lekker baie geld. Toe kry die VF R10000 en begin baie huilerig word en gee die geld terug omdat dit 'n klap in die gesig is, want Sanlam is mos op Afrikaner sentiment gebou of so iets. En dit is natuurlik nog steeds 1960 met daai Sanlam hande wat die blou bol klei in Afrikaans rol. Plaas hulle hou die geld en koop 'n paar mirowaves om die boereworsbroodjies in die kantore te nuke. Nog iemand wat sukkel met geld is daai tannie van die KISS party. Sy moet maar wegbly van Rodney Seale af, anders vertel hy dalk die land se hoërskole dat dit staan vir Kids In Service of Satan en dat die tannie eintlik die land wil oorvat met heavy metal. En dan bliskem die matrieks al die standerd sesse wat Creed met tippex op hulle tasse geskryf het. In la-la-land sou sy my stem verseker kry as heavy metal die geval was, maar ek verwys julle weereens na die bogenoemde dagga-paarty. Hffffp…ah… "You are fucking up the rotation! Puff-puff give!" Dan sal ek na Rodney myself aan die kinders voorstel: "Blu-ba-blu-bie. Tatta Fienkie!" Die ACDP wil die land op 'n religious basis lei. Kom ons kyk na ander lande waar dit soos 'n bom werk: Mmmm… Israel… Nigerië. Albei baie mooi stabiele lande. So gaan trek jou kruis by die kruis sodat Danie Botha al die gay mense in die see in kan jaag soos wat die KP van ouds dit met die non-whites wou doen. Mbeki het mos blykbaar eenkeer laat kwytraak dat die ACDP 'n "silly party" is en toe is hulle kwaad. Ek wonder wat is meer silly, om R55 bil te blaas op duikbote, helikopters en groot shiny fuck-off vegvliegtuie of om te weier om te glo dat AIDS 'n reality is. Bradford Wood van Big Brother het ook sy eie party. Maar dis volgens hom nie 'n politieke party nie. No fuckin way, bru, want polititians lieg en bedrieg. Ja, Brad. Mooi ene. Jy neem deel aan PO-LI-TIEK. Maar gaan drop maar maar die Defence Force in die Cape Flats met daai duur choppers laat hulle almal wat verdag voorkom platskiet en dan kan die top professors van die private sektor 5 jaar later die AIDS probleem oplos. Dis nou as hy president word. Toni Leon se party belowe 1 mijoen jobs. Dis nice. As hulle regtig wil stemme werf, hoekom het hulle nie liewer die 1 miljoen jobs lank voor die verkiesing begin uit dish nie? Hoekom wag tot 'n maand voor die verkiesing en dan sulke plakkate opsit met mense se gesigte wat lyk of mens hulle nie moet trust nie? Daai plakkate is mos duur. As ek die Green Party was, het ek al die parties se posters afgehaal reg deur die land en dit ge-recycle. Sommer lekker job creation ook. Verder probeer al die kleiner partye op die mense se emosies staat maak vir stemme: "Vang hulle en hang hulle!". JA, bring die doodstraf terug want ek kan nie my gat roer nie of die ou langs my word vermoor. Hulle kan liewer saamspan en 'n nuwe ambassade stig en posters orals opplak wat sê: "Ek haat my land, kom ons fokof!" Dit sal nie erg wees as hulle eers weg is nie, want dan kan hulle huilerige briefies skryf vir Huisgenoot oor hoe hulle die vaderland en veral Afrikaans mis, maar dat hulle 'n nuwe lewe begin en dit so deur die trane geniet. Dis net bietjie koud en daar is nie biltong en blatjang nie. Dan kom hulle op Watkykjy se websait af en is so bly om Afrikaans te lees, maar dan lees hulle verder en dan kan kry ons weer briewe oor hoe ons die taal verloën en woorde soos "kak" en "poes" gebruik. Hoe dit ook al sy, jy het die kans om 14 April te gaan stem vir wie ook al jy wil. 'n Ander bonuspunt is dat jy daai dag nie hoef te werk nie, so jy kan gaan fles vat die Dinsdagaand en met 'n seer kop jou demokratiese besluit neem. Viva! |
Watkykjy staan op 3,089,799 post views in totaal sedert 1 November, 2019.