Het jy per ongeluk jou Dish Magazine wegeebliksem? Dalk die TV section uit verlede week se Rapport uitgeskeur om die poedels se poefies op te tel? Moenie stress nie, hieso is die lowdown vir SA se TV vermaak vir die maand en possibly 'n paar maande…
Days of Our Lives – The never ending story wat afspeel in Salem, Amerika. Pasop vir die omnibus.
The Oprah Winfrey Show – Mense in die audience kry persente onder hulle stoele en maak of hulle surprised is. Oprah huil. Die audience huil. Almal kry geld.
Bad Girls – Bleek lesbians nog steeds in tronk. Iemand doen drugs. Iemand gaan dood.
Supersport 3 – Twee spanne speel sokker. Heeltyd.
Jerry Springer – Iemand slaap met sy ma se neef. Bleep! Bleep! Blokkies blur so oor niggie se hangtiete en grilkots sellulietboude.
CNN – Bush, Irak, Kerry, Irak. Weervoorspelling, Bush, Irak, Bush, Bush. En dan die ou van Lion King se stem.
Carte Blanche – Mense met kameras en ongemaklike vrae daag by jou graft op. RRRRrrt! Jy wou mos perlemoen smokkel in bote sonder nommerplate.
The Simple Life – Rykgat meisie van bekende kopkou video's saam met haar oopbeen heroïene vriendin sit nog steeds verveeld op plaas sonder vaste werk. Hoe wyer die bene, hoe kleiner die verstand.
Fear Factor – Brawe mense veg teen al die elemente: Air, water, fire, varkballas. O ja, en Colin Moss se sarcasm.
The Naked Chef – Britse seun met lisp maak kos. Ry soms scooter om bestanddele te koop wat mens net in Londen of dodgy plekke in Tibet kry. SABC Africa – Al die reekse wat jy nooit weer wou sien nie – nou op een kanaal.
Discovery – Extreme Engineering: Die toring van babel. God confess.
Animal Planet – Fokken baie spesies op aarde en gevolglik 'n storie vir elke liewe een.
MTV – Laas maand se music video's word herhaal vir jou gerief. Advertensies deur overpaid twenty-something skateboard kinders wat eenkeer die woord "retro" op coke gehoor het.
Channel O – Sien MTV (minus die overpaid twenty-something skateboard kinders wat eenkeer die woord "retro" op coke gehoor het.)
Barney the Dinosaur – Creepy oom in pers outfit sing en dans met impressionable pre-school kinders wat oor twintig jaar moontlik hulle piepe laat suig deur interns in die White House.
Jay-Jay the Jet plane – Hoogtepunt van die maand. Vliegtuie wat met mekaar kan praat. Kyk veral uit vir die episode waar die Boeing die woord "doughnuts" hoor en en fokken bos gaan.
The Tweenies – Britte in outfits wat van pooltafel materiaal gemaak is. Storietyd raak soos gewoonlik acid. Kyk uit vir hulle groot skoene en die mens-hond.
Power Rangers – Tupperware mannetjies baklei teen euwel en praat in kort sinne sonder dat hulle tupperware monde beweeg. Mediocre karate moves en dissapointing morele lessies.
Egoli – Walco International se mense. Het ses jaar terug die Sonet uitgebring (proto-tipe kar wat na Sonet Vorster vernoem is). Diens al hulle Walco karre en Walco trokke by Toyota (wat blykbaar deel is van Walco). Eet by Bulldogs en drink tee by Liptons in Rosebank. Almal check hulle e-mail by Tisali en vlieg met Nationwide airlines. Daar is wel story-breaks tussen al die advertensies.
Watkykjy staan op 3,049,177 post views in totaal sedert 1 November, 2019.