Dit was die derde keer en die laaste keer (praise several gods) dat ons na Felica se highlights van haar 10 jaar career moes kyk. Dis nou as e-Tv nie die blerrie goed gaan re-run nie. Ons hoop in ons harte hulle doen nie. Ons hoop ook stilletjies dat iemand He-Man sal terugbring. En daai ander show waar daai groot vlermuis met die tande op die wasgoedlyn daai oranje hasie kak gee. "Hasie, waar's jou hoed?" "Fok jou knersus. Wortels-wortels-wortels."
So e-TV het uiteindelik vir Felicia die nommer 11 Nike tekkie gegee. About time. Daai program was utter pyn van die opening theme song tot wanneer die titles rol. Wat is die big idea met 'n koor van sestig tonedeaf mense wat jou naam oor en oor en oor sing vir jou TV show wat jou naam dra met sulke LEKKER GROOT vloeiende troukaartjie letters? Met die highlights show het hulle lekker bos gegaan. "And after the break, some of the saddest moments from the show." Wat sy eintlik probeer sê is: Daar gaan nou daai simpel Nedbank advertensie wees met daai what about the seahorse crap en dan daai advertensie van daai simpel dogtertjie wat vir haar pa sê: "Hello, its called a telephone, dad!". Dit behoort al julle bordeline selfmoord-cases genoeg tyd te gee om jou Gilette Sensor te gaan haal en dan jou polse af te saag waarna jy kyk na mense van Delmas wat hulle kinders zaber of daai ander lekker show van die mense met baie rare siektes. Raar soos hoendertande. Lekker fokken goor. Jirre, laat ons nie vergeet van al die lekker internasionale 70's washout Ameriaanse kunstenaars soos Al Jirre-ou en die ander mopkoppe wat ons TV's met hulle presence ge-grace het nie. Mos lekker cheap om hulle te kry saam met die matriek ballroom dancer finaliste met daai groot Comrades nommers wat op hulle boude ge-staple is. Dan dans hulle so lekker op generic musiek en die live audience klap so hande as die liggies sê hulle moet klap. Ook sommer lekker afleiding van die vorige en komende week se "Ek het my man met 'n tuinvurk doodgesteek deur die eiers" episode. 'n Mens kan ook nie die kenners, fundi's, dokters, herbalists en motivational speakers uitlos nie: "Jy is 'n unieke sneeuflokkie!", sê Mister Yes en almal se "JA!". "You have to, like, connect with your inner-self.", sê die hippy herbalist tannie met die hangtiete en almal sê "OOOOOH! AAAH!". RRRRRRrrrrt! en almal kyk om. "Sorry", sê grifF, "Ek het gepoep. Dit ruik soos Marmite. Nee, wag… Ja, dit ruik soos marmite. Sorry." Een van die belaglikste episodes was nou onlangs gewees. Die ene oor seks. Die groot taboe. Natuurlik het mens kenners hier ook nodig. Chicks wat ouens se broeke terg by Teazers (want almal wat strip naai mos almal), dan die pastoor (wat nog nooit in 'n decent strip club was nie, maar hy dink dis verkeerd) en die bra wat plastic piele, poppe en whathaveyou verkoop van Adult World. Eerste verduidlik die stripper en die Hustler models dat dit hulle werk is en dat hulle monde het om te voer by die huis. Hulle sê nie wie se monde nie. Dan smous die dude van Adult world sy honeymoon reeks komleet met vere en lek-tjoklit-van-jou skêr-se-boude-af tot die ons-zaber-want-ons-is-getroud speelgoed. Eeeeeu! sê die audience. Katchieng! sê die dude vir verniet advertensie. "What is the feather for?" vra Felicia. Waarvoor dink sy? Sy vra ook wat edible underwear is. Hmmm… kom ons dink 'n bietjie. Jy koop dit en hang jy dit op die wasgoedlyn tot dit droog soos biltong is en dan eet jy hom pappie. Jy eet hom! Sy moet seker maar bietjie dom act en dom vrae vra sodat haar gullabe audience moet lessies leer. Soos kleuterskool kindertjies. Die trommietjie maak so doem-doem-doem! Maar sy maak ook goeie verksoning: "I'm a product of Bantu education, please educate me!" Ag shame, al daai blerrie geld. Ek wens ek was ook 'n product van Bantu Education, dan het ek my eie show gehad waar 'n koor van sestig tonedeaf mense kon sing "griffin! griffin! griffin" en dan het hulle my naam met sulke vloeiende GROOT TROUKAARTJIE letters in die intro gesit en dan kan ek met mense praat asof hulle twaalf is en interviews kry met Nicky Greenwall. Maar wat is die kans dat ek 'n show op e sal kry? Ek seker self vir my acid moet betaal. En dan vir die nagevolge … |
Watkykjy staan op 3,083,294 post views in totaal sedert 1 November, 2019.