Na 28 jaar in Gauteng skiem ek en die Prinses om uit te skiet. Ons gatte jeuk om in 'n nuwe possie te loop kakmaak. Kwaai, besluit ons, Kaapstad is die jol. Once.
My Palio is 'n lightweight maar hy speel 'n kapteinsbeurt as hy moet. Dadelik wor die Italiaanse contours opgefok met 'n Bosal exhaust wat lekker punt in die wind staan. "Met 'n stertjie van agter," dink ek wrang. Nou vir die treiler. Joburg Central en ek sukkel met die treilermense. Die tannie hou aan jammersê dat sy my in Afrikaans bedien. "Maar ek is Afrikaans," tune ek. "Being very much sorry sir," begin sy weer. "Whatever," skiem ek, "gee my net die treiler." En nie watse treiler nie pappa. Sy point na so geel 3.5m halftonner gecustomise en drie keer my kar se weight in pure yster wat nie luister nie. Ek begin oorweeg hoe cool dit sal wees om te wheelie tot in die Kaap. Kyk, ek maak uit van wheelie maar 14 ure is pushing it. Nou-nou skaaf ek die nuwe Bosal deur. Gelukkig kom die manager uitgehardloop en waai met sy arms. Hy verduidelik dat my Palio te lightweight is vir ou Groot, Geel & Gruwelik. My punt presies. "I'm being apologise for spoking Afrikaans," begin die tannie weer maar ek stop haar halfway. "Het julle 'n Venter?" gooi ek in wat ek reken my beste Afrikaans is. Moes seker klaar soos 'n Stellenboscher begin klink want sy reken toe ek probeer net braaf wees en stry dapper voort in vieslike gebroke Engels. "Ek moet regtig my hare sny," dink ek terwyl ek wag dat sy klaar maak. "Hy moet regtig nie sy hare sny nie," dink die Prinses. 10 minute later bokspring 'n parmantige treilertjie op die N1 Pretoorsdorp toe. Op 140 km/h spring 'n Venter so meter en 'n half as jy pothole-pothole speel op die highway. Ek begin worry want ek wil nie Kaap toe pis nie. 'n Man wil half beweeg. Gelukkig check ek vinnig die antwoord. Jy slaan daai Palio seats plat en stack die cabin tot teen die dak. Dan pak jy al die swaarste goed in die sleepwa en haak vir Hasie. Nou kan jy die karretjie klits. Al die gewig meen jy fokken suig aan die pad vas. Die bumper vat bietjie punishment in die potholes maar dit help jou darem onthou hoe kak plek die fokken Noord-Kaap is. Vinnig tel ons op wat om te doen en wat nie. Mens moet byvoorbeeld bietjie verder ry as jy verby vat. Anders moet trokke ankers gooi en dan gooi jy die vinger en by die volgende Star Shop dan stap die cowboy van Kroonstad in reg om jou vinger in jou eie hol op te druk. Net soos in die Wille Weste. Stel ook jou ligte af. Omdat jou gat op die pad sleep tune jy 'n ma se beam straight in die truckers se kykers in. Dan gooi hulle brights.en jy wys jy's nie op brights nie. Dan glo hulle jou nie. Dan wys jy weer. Repeat process tot jy later met brights agter sonopkoms aanjaag teen 160 kilo's 'n uur. Banzai! Briek met jou ratte in die passe af. Daai treilertjie wil-wil die kar overtake as jy nie pasop nie. Nie goed vir jou lightweight kar se ego nie. En moenie probeer reverse nie. Veral nie in Beaufort-Wes waar jy probeer ontslae raak van arme beggars wat jou harass en jou hart breek nie. Moet nooit reverse nie. Dit werk nie. Die aand vroeg slaat ons Slaapstad met 'n moerse gejuig. Na die Groot Trek in reverse is ons moerse bly om die Ma se poes-stad te check. Fokken bly. Hier kan ons 'n lewe maak. Hier kan ons kinders baar, die grond bewerk en 'n lappie grond besit. Op skuld natuurlik. We're good for it Mother City. Have a heart. |
Watkykjy staan op 3,073,920 post views in totaal sedert 1 November, 2019.