Die UN is nie dood nie, maar dit ruik maar kak. Wat as 'n goeie idee begin het is nou so afgewater en useless dat mens dit saam op die hoop met Tom Hanks wil begin gooi. Useless Nole.
Na die Tweede Wêreldoorlog (dis die een met Hitler, die GROOT ene) besluit die wêreld dat dinge nie so kan aangaan nie. Nee jirre, mense skiet en bom en vloek en druk voor jou in op die highway en als. Mense is te goor. Amerika en die Europeërs stig toe die United Nations, wat supposed is om te verhoed dat die kak weer die fan strike as hy op "High" is. Snaaks dat hierdie ook die einste-sameste mense was wat betrokke was by die eerste Wêreldoorloë. Bietjie skuldige gewete. Gelukkig stig hulle toe die UN en toe is daar nooit weer oorlog nie. Die einde. Wat? O ja, fok dit werk toe nie heellemal so fokken maklik nie. Nie eers amper nie. Gaan reguit tronk toe. Nie eers "Kans" of "Gemeenskapskas" of 'n hotel op Eloffstraat nie. Musgrave vir jou pappie. Anyway, die wêreld besluit toe almal moet saam speel al is dit net een ou se bal. En al die lande moet dankie sê as hulle by 'n ander een gaan speel. En so aan. Hulle besluit ook hulle sal saam besluite maak en as iemand een van die maatjies wiks, dan's daar perre en een vir almal en almal moer vir Hasie. Soos Kommunisme is hierdie great in theory maar nie in praktyk nie. So wat het die UN onlangs vir jou gedoen? Not a lot probably. Omtrent about fokkol. Hulle is orals betrokke, maar niemand steur hulle juis aan die ouens nie. Wat eens 'n organisation was wat mense moes beskerm en oorloë voorkom het nou paper pushers en cleanup crews geword. Vat Afghanistan. Die Amerikaners pull in en skiet dat jy net stof en klippe sien trek. Die Taliban drop tulbans, en verkas in die berge of die Ewigheid in. Die H-dealers juig en begin weer lekker besigheid doen. Die US Marines jaag in die berge in, soek vir Bin Laden en harass die locals. Die UN kry die lekker job om die skerwe op te tel, agter Amerika se suf boude skoon te maak en democracy en konstitusies te vestig. Soos die IEC met blou helmets. Gelukkig maak die blou helmets lekker targets vir die warlords en fundamentalists wat nog daar rondloop met 'n rollie in die belt. Wat van Israel? Na oorloë in 1948 en 1967 besluit die wêreld dat dit sommer kak is en dat Israel Palestina se bal gesteel het. "Bad Israel, gee dadelik terug en vra om verskoning," sê die UN en die res van die wêreld. "Jou poes pel!" tune Israel en Amerika staan nader om enige iemand te moer wat aan Israel stamp. En die UN lig 'n wenkbrou en deel eerder kos uit in Afrika. Which is great, ek stem saam. Maar hulle moet dalk hulle positioning verander. "Die UN – Ons voer arm mense en secure free and fair elections. Kan ook konstitusies opstel. $100 per bladsy. Uitvoerbaarheid nie gewarborg. Bang vir Amerika." Die UN se inability en algemene uselessheid in wêreld affairs wat saak maak raak net kakker en kakker. Soms word hulle wit Landies gehijack en die troepe gevang (in Afrika) want hulle het nuwe blou helmets aan en hulle mag nie skiet nie en staan net rond om peace te secure. Hoe tune jy 'n blaar van peace as hy op jou afstorm met 'n grenade in sy tanne en 'n AK om die lyf? Targets sê ek jou. Kyk mooi, hulle logo lyk ook soos 'n target. Maar die ergste fokop onlangs is sekerlik die voortslepende Irak oorlog. Weereens maak die UN kapsie voor die oorlog. George Poes lig sy Stetson, check dit uit en druk 'n lekker vet cowboy pit. Amerika val die plek in, gaan te kere, bom als faktap en hou aan om civilians en alles wat asem het te skiet. Die UN sug, tel sy tassie op en boek in in Bagdad. "Ai Amerika, ek sukkel so met jou, nou moet ek weer agter jou skoonmaak en konstitusies skryf en mieliemeel uitdeel." Die UN is moeg hiervoor maar omdat hy so fokken pateties is, is al wat hy kan doen om sy wenkbrou te lig. Irakese is nie links nie en tune sommer 'n bom by die UN hoofkwartiere. Paar mense sterf asook baie papier en dokumente want dis mos eintlik wat die UN in deal. Bullshit. Die hele filing system is toe ook sommer in sy poes in. Ag nee man. En dis nuwe matte. Nou is die UN uit Irak uit, maar hulle wag om op te tree. Kyk, Amerika gaan een of ander tyd klaar wees. Daar is net soveel Iraqis om te skiet en soveel geboue om te vernietig. Dan kan die UN optree, ons baken van wêreldverteenwoordiging. Dan's dit tyd om daai oulike blou helmets op te sit, die wit Landie te start en Irak te kom opfieks. Ag UN, onthou asseblief om jou ou voorskootjie en besem en skoppie ook te vat. Amerika kan tog so fokken mors… |
Watkykjy staan op 3,112,412 post views in totaal sedert 1 November, 2019.