Ek dink dis veilig om te sê dat die AWF ons almal verras het. Wie sou nou kon dink dat daai loser oom van jou meer geld kan maak as jy (wat in IT is), deur swart spandeks aan te trek en elke Saterdagaand op lewendige televisie as Mr Pain te verskyn. Die feit dat nie een van hierdie stoeiers in shape is nie, en so lyk dit vir my, het die Suid-Afrikaanse publiek nog nooit gepla nie. Dis nogal snaaks as mens daaraan dink. Gewoonlik as jy paar rolletjies het dan trek jy 'n bietjie groter klere aan sodat almal nie hoef blootgestel te word daaraan nie. Nie hierie ouens nie. Dit vat guts en determinasie om in daai kryt in te klim en jy doen dit net met ski-pants wat jou knaters van voor tot agter oor jou skouers trek. Respect. Die African Wrestling Federation is definitief 'n federasie om mee rekening te hou. Hierie manne is ernstig, kyk net na hulle outfits. Hierie ouens oefen hard, pomp yster en raak al hoe beter. Volgens my het die WWP nog 'n lang pad om te kom.
Die legacy
Die rede hoekom ek so baie van die AWF hou is omdat daar nie enige tyd of geld is om te spandeer op stupitte asshole skrywers, wat 'n geskiedenis van verhale uitdink agter elke stoeier nie. Ja goed, sekere ouens is bad en ander ouens is goed, maar dis dit. Gee ek regtig om vir Sapphire se reaksie, as Gladiator vir Mr Pain Russian Power Slam? Nee ek dink nie so nie. Dit gaan oor hoe hy hierie move afgepull het en dis al wat tel. Die feit van die saak is dat ondertone die wenresep is. Jy hoef nie agter die skerms kameras te hê om 'n sub-plot in motion te stel nie. Jy kan dit in die kryt doen en met die regte kommentators. Die kommentators is key en ek moet byvoeg dat hulle definitief moet leer om Engels te praat.
Die contestants
Net soos met die WWP het die spreekwoordelike bekers van kreatiwiteit weer oorgeloop toe die tyd aangebreek het om name uit te deel. Ek bedoel: Mr Pain, The Skull, Gladiator, Shaun Koen, Capt. Jacques Rouge, Johnny Palazzio, Ravishing Ray Bourne, Link, Trashman, Chico (wat sy eie make-up doen), Lightning Lodie en natuurlik die ewe beeldskone Sapphire. Nee kom nou regtig. Wie dink hierie kak uit? Is dit daai stupitte asshole skrywers wat die AWF nie oor beskik nie? My afleiding is dat hierie ouens hulle eie name kies. Dis defnitief nie rocket science nie. As jy gaan check wat van hierie ouens na-ure doen, dan maak jy vinnig uit van wat's wat.
Dirk Van Vuuren aka Gladiator hou byvoorbeeld van rave en "dancing for pleasure". No ways! Wie doen nie? Gladiator is 'n man van min woorde en hou daarvan om dinge te doen eerder as om dit te sê. Toe hulle hom gevra het hoe hy voel oor vroue rofstoei, antwoord hy: "It shouldn't happen".
Jan Lucas De Beer aka The Skull het issues met kettings. Hoekom weet die nugter alleen maar hy ry elke keer in die Superbowl in met sy Harley en 'n ketting oor sy skouer. Even die kommentators weet nie helemal wat aangaan met hierie ketting storie nie. Hulle het al eenkeer probeer maar toe word hulle in die rede geval met 'n stoeier wat oor hulle kommentaar tafel gegooi word. Hierie bra is nogal groot so hy doen sy signature move van die 2de ry toue af genaamd "The Skull Bomb from the second ropes (ouch!)". Nou as dit nie creative genius ooze nie, wat doen?
Jacques Van Rooyen aka Capt Jacques Rogue is 'n goeie vriend van die bekende en gunsteling WWP stoeier Tornado en stoei al vandaf 1992. Waar dit orals gebeur het weet niemand nie. Hy en Tornado is die enigste stoeiers wat al ooit geveg het in 'n barbwire wedstryd. Rogue se uitkyk op sy AWF karakter: "My character (captain of a pirate ship) represents the spirit of adventure. My main objective in the ring is destruction at any cost." Jis, dis diep bra. Respect.
Jean Paul Whittacker aka Johnny Palazzio is die smoothy onder die AWF stoeiers. Hy is jonk, lank met donker hare en hy dink hy is hot. Eintlik is hy net fokken creepy met baie borshare. Met signature moves soos die "Pumphandle" en "Sitting Powerbomb", I rest my case.
Ray Leppan aka Ravishing Ray Bourne het 'n identiteitskrisis. Dit is nou maar ongelukkig 'n feit. Daar is sprake van Ray se gatgabba experimente en ondergrondse porn aktiwiteite maar niks van hierie rumours is al bewys nie. Ek verstaan nie waar mense aan sulke goed kom nie, een van Ray se beste past times is dat hy van sepies hou, veral Bold. Sy gunsteling karakter is Ridge. Ridge? Hoekom nie Brooke nie Ray? Jissie, daai Brooke darem. Grrrr!
Shaun Standford aka Link is nogal soortgelyk aan The Undertaker en die vroë Kane van WWE. Link se favourite band is Guns en Roses en ons salute hom daarvoor. Rock on. Alhoewel Link nogal baie in Stilbaai uithang is dit nie sy tuiste nie, en hy leef in dele wat onbekend is aan die mens. Ek het eers gedink dis iewers in die Karoo want hulle sê Link stoei ystervarke in sy spaar tyd en hou daarvan om roadkill bredie te maak maar wie weet.
Chico ek weet nie wat om vir jou te sê nie.
Die show
Wat kan 'n mens sê, die AWF skouspel is uiters kak. Wat dit wel beter maak as die WWP is die pyro's en die plasma's reg om die arena met lekker e-tv animation op. As ek een area kan opskerp in die loop van sake, moet dit die diefwering wees om die kryt om die skare te beskerm. Jy spec, rofstoei is rof. Daar gaan casualties wees. Dit was nie lank gelede toe daar 'n moerse wedstryd in die Superbowl was en die stoeiers buite die kryt begin fight het met stoele en stuff. Alles in die naam van goeie entertainment natuurlik. Maar een van die stoeiers het sy val met 'n haarbreedte verkeerd uitgewerk en op 'n klein dogtertjie geval in die skare. Nou alles sou fine gewees het want niemand het dit gesien nie, dit was nie op TV nie. Die probleem was die security guard wat nie gedink het nie en voor die kamera verby gehardloop het met die klein huilerige dogtertjie in sy arms. As die tralies beter opgestel was, dan sal sulke goed nie gebeur nie.
Final Verdict
Buiten die dogtertjie geval, dink ek die AWF is nog steeds meer aantrekliker om na te kyk as die WWP. Daar is meer chaos, meer ligte en meer sound. Plus die klank word geborg deur EMI so hulle kan nie verkeerd gaan nie.
Watkykjy staan op 3,110,846 post views in totaal sedert 1 November, 2019.