Ek en bra Worsmasjien bespiegel en redeneer nou al lank oor watter kanaal se rofstoei eintlik die beste is. Ons moet wel sê dat die WWE nie kwalifiseer nie aangesien die piro-teknieks, skerms en kryt hopeloos te groot is. As jou stoeiers nie at least 15kg oorgewig is nie, dan wil ons nie daarvan hoor nie. Tans in Suid Afrika word ons geseën met twee kanale vol adrenalien-belaaide aksie. Die AWF op e-tv en die WWP Thunderstrike op SABC2. Ons kan net hoop dat hierdie twee kragte mekaar sal ontmoet in die toekoms want dit kan net goeie televisie beteken.
Om rofstoei te verstaan moet jy die reëls verstaan, anders is dit net so goed jy breek wind in 'n publike restaurant.
Die basiese reëls
Die CEO staan aan die hoof van die federasie gewoonlik met 'n hot chick aan sy sy. Ons moet sê dat die hot chick stunt nie baie op WWP gebeur nie, so punte vir e-tv. Reg onder die CEO is 'n General Manager (GM) wat in beheer staan van wie teen wie moet veg. Hierie bra is gewoonlik die gabba wat die kwaad stook en belaglike cage gevegte reël.
Dan is daar die wêreld heavyweight titel match. Let wel, "wêreld" titel wedstryd. In hierdie geval is die woord "wêreld" lokaal aan die federasie waarin die belt homself bevind. Allow me to explain. Beide die AWF en die WWP word toegelaat om heavyweight wêreld titel geveg te hê mits hulle spesifiseer watter federasie titel geveg dit is, m.a.w. "WWP heavyweight wêreld" titel. Die persoon wat wen kry dan 'n moerse belt met 'n poes grote goue buckle op, wat bewys dat hy in besit is van daai titel totdat hy weer gechallenge word. Dit hang totaal en al van die kyker af watter titel hy glo is die "wêreld"-heavyweight titel. Nogal oulik nê?
Geen stoeier sal 'n rofstoeier wees as hy of sy nie 'n signature move het nie. Hierie is gewoonlik die beweging wat gebruik word om die gehoor te laat weet dat die bra wat op die grond lê letterlik gaan kak. So nou en dan gebeur dit dat die slagoffer die move in die helfte stop en dan hou die geveg gewoonlik vir nog so rukkie aan. 'n Signature move wat kompleet uitgevoer word kry altyd die 3-pin valbyl. As dit nie gebeur nie is dit net moreel verkeerd.
Dis met 'n swak hart wat ons elke keer na die kommentators van hierdie gevegte luister. Dit maak defnitief 'n baie groot gedeelte uit van rofstoei en is van kardinale belang vir die emosie in so 'n wedstryd. As die kommentaar nie reg is nie, kan die beste stoeigeveg tussen Batista en Triple H 'n totale fokop wees. Die feit van die saak is dat daar altyd twee kommentators is. Good cop, bad cop of te wel twee kampe. Alle rofstoeiers kan in twee kampe ingedeel word, nl. good en evil. Dit sou hopeloos te moeilik wees om objektiwiteit, soos gevind in ander sport kommentaar, in rofstoei te laat blom. Daar gebeur net te veel te vinnig.
Watkykjy staan op 3,083,281 post views in totaal sedert 1 November, 2019.