Wat het geword van die wetsuits, die kuiwe die groot choruses ohaaawhoo oohaaawhoo kiss me!
1987, Australië, picture dit… David Dixon gaan vir ‘n sangles (with the benefit of hindsight moes hy dalk vir meer as een gegaan het) en hy onmoet vir liedjie skrywer en keyboard speler Michael Szumowski. Hulle begin ‘n band, nie sommer enige band nie, hulle begin ‘n obsession, ‘n Indecent Obsession. Hulle word ook gejoin deur guitarist Andrew Coyne en Darryl Sims op dromme – hulle is kookwater en hulle eerste single “Say Goodbye” maakit selfs in Amerika.
Die tweede album, Indio (ooowhooo Indio) was die een wat ons in Suid-Afrika geruk het. Dit was die LP in elke sokkie DJ se plateboks en die single “Kiss me” is voos gery op Suid-Afrika se radio golwe. Strawberry Lips is my favourite flavour… fokkenhel TUNE! Kiss me! Wie was hierdie boyband extraordinaire en waar is hulle vandag? Hold that thought want ons groove nou eers op “Gentleman Style” die tweede single van Indio.
Big in Japan
Hierdie is ‘n band wat oor ‘n half miljoen albums wereldwyd verkoop het, hulle het nommer een singles regdeur Asië, Japan en in Suid-Afrika gehad. Hang on, Asië, Japan en SA? Okay waar is UK en Amerika? Alarm bells behoort nou al te begin lui. Big in Japan? Weet jy wie’s nog big in Japan? Kenny G is fokken big in Japan, dis wie, what the fuck? Ek sal binnekort met ‘n Big in Japan feature ook moet begin.
Tussen 1987-1992 toer IO dat die kak indecently spat. Van optredes in pubs in Australië tot crowds van 100,000 mense in Suid-Afrika. Wat!!? 100,000 mense in SA? Ons kannie eens 10,000 op 'n goeie dag by Oppikoppi kry nie. Jinne moenie vir my sê jy was een van daai mense wat saam met jou Kinderkrans of standerd agt klas ‘n Indecent Obsession enjoy het saam met ons eie Little Sister nie? Ja hulle was ook daar as die opening act en weet jy wat’s sad is hulle biog claim nou nog dat hulle
saam met Indecent Obsession gespeel het. Wie’s indecent?
Miskien is die rede vir die 100,000 mense wat in SA opgedaag het vir die konsert hulle TIMING. Jy weet op die regte plek op die regte tyd, die klas van ding. Want jy sien 1994, eerste verkiesing het beteken dat dit die eerste internationally approved musiek toer van Suid-Afrika was. Met ander woorde ons was teen daai tyd so uitgehonger vir iets indecent dat ons helemal die klits kwyt geraak het en ‘n 100,000 van ons het R300 rand ‘n kaartjie spandeer op ‘n obsession wat ons nie vandag hardop wil noem nie. Ek dink die enigste band wat nog meer kaartjies as dit verkoop het in Suid-Afrika was Smokie, who the fuck is Smokie?!
Where is the love?
Na al die toere, die groupies en die mega stardom het ons almal angstig in die onderkant van die wereld gewag vir die volgende IO album. Maar dit het nie gekom nie. Lead singer David Dixon en Andrew Coyne het die band gequit. Dixon wou ‘n actor word en het aangegaan om in baanbreker teater rolle soos Joseph and his amazing technicolour dreamcoat en Les Mis te speel. Sorry, nog nooit daarvan gehoor nie.
Die ander band members, nee actually al die band members is nowhere. Andrew is US toe om dit daar te probeer maak en niemand het weer van hom gehoor nie. Die remaining members het twee pommies gekry en die derde IO album, Relativity uitgebring. Dit was ‘n totale flop – die bietjie talent wat daar was was tot niet.
Daar is gerugte dat Dixon nou ‘n helikopter lisensie het en iewers in Australië rondvlieg en in sy vrye tyd vir ‘n cover me badd groep speel genaamd Jigsaw. Michael Szumowski skryf nog steeds kak liedjies en doen power produksie werk vir die Australiese Pop Idol. Andrew Coyne en Darryl Sims? Sorry hulle het nie eers rerig in die band gefeature nie so ek kan julle nie help met waar hulle vandag is nie. Niemand weet in elk geval wie 'n band se drommer is nie.
Ons hier in Watkykistan weet hoe baie julle van Indecent Obsession gehou het (100, 000de van julle!) en dis waarom ons probeer om van die members op te spoor vir ‘n mean Watkykjy interview om te kyk of ons die ouens nie weer bymekaar kan kry nie.
Watch this space oohaawhooo oo whaahooo!
Watkykjy staan op 3,124,255 post views in totaal sedert 1 November, 2019.