Baie mense skiem dis moerse glamorous om ‘n WKJ lid te wees. Hulle is doodreg. Maar waarom, wonner die mense dan (in die oggend op die troon) update ons bliksems nooit die websait nie? Dit, vrinne, is ‘n baie goeie vraag wat al talle male gevra is. Net soos “You want upsize?”.
Op aandrang van die duisende watkykertjies daarbuite het ons besluit om diep selfondersoek te doen en uit te vind wat presies hier aangaan.
Kom ons donner sommer gat-oor-kop in die fokken huis in.
Nee, ons rook nie soveel dik skywe, zol, rondkyktwak, dagga, spliff dat ons nie daarby uitkom nie. Ons is nie daai ouens by Cool Runnings met die beret en die Rasta-hare wat uithang nie. Daai Afrikaanse ouens met die leepoë wat die woord “mon” na elke sin gebruik mon. Eesa not us mon. Eesa sad motherfucker, dis wat dit is. Mon. So dis nie zol nie.
"Is ons heeltyd op vakansie?", wil party mense weet. Half ‘n kak vraag want jy kan net op vakansie wees as jy ‘n werk het. Which logically implies dat jy nie heeltyd op vakansie kan wees nie. Sug. Dis nie vakansie nie. Sorted.
Is dit dalk ander drugs? Daar is van julle outies daar buite wat dit smaak om die Nigerian marching powder in julle neusgate op te trek. grifF skiem dis ‘n waste om R300 te betaal vir iets wat soos koeksoda lyk en uit iemand anders se hol uitkom. So sorry, dis ook nie hardcore drugs nie.
Ons is naturally faktap.
Is ons hoërskool drop-outs sonder enige edjemkashin? Fok, ek wonder. Is ons? Is ons ou toppies? As ons heeltyd praat van die 70’s en 80’s kan dit dalk beteken dat ons long-term memory dalk bietjie meer in tact is as jou deursnit bier-belcher. Ons is in die mid-nineties grootskool toe china’s. Die school of hard knocks in Snor City.
Kom ons check nou wat dit moontlik kan wees. Soos met baie dinge in die lewe (CHopper se Palio ingesluit) is dit nie net een ding wat uitfok nie. ‘n Klomp faktore versterk mekaar soos soldate wat teen dieselfde pas op ‘n brug masjeer en dan val dit inmekaar soos mens in Skeinat geleer is. Juis noudiedag weer gelees van nog ‘n brug wat inmekaargedonner het hieroor. Stupid fokken Skeinat. Thanks skool. Thanks vir verkeerde inligting. Thanks vir issues. Thanks vir fokkol. I digress…
Kwaai. So hier’s ‘n paar redes in whatever volgorde jy wil hê dit moet wees.
- * Ons het lewens: Baie hate mail reken ons is losers sonder lewens, of ons is daai sad loser ouens wat nie fris is nie, sonder meisies en sulke tipe goed. Dit maak seer ouens, regtig, maar nie so seer soos die stok wat obviously in jou hol opsteek nie. Ons werk, slaap, naai, eet, suip, praat lelik, swem, kak, baljaar, dans, dink, vermoed, huppel, strompel en braak. Dit vat tyd.
- * CHopper bly nou in Kaapstad: Like wow dude, dis so kief innie Kaap dat CHopper soos in nooit meer uitkom by die sait nie. Sja. No wakkas.
- * Ons sort dumb-ass Rapportlesers uit: Rapport mention ‘n joke straight uit watkykjy en tune die link in die koerant. Fundamentalistiese Kristen-mense vloek ons in e-mails. Ons vloek terug. Hulle dreig met die hof. Ons sug en bel ons lawyers wat ons vir mahala uithelp. Ons tune die beswaardes waar hulle complaints heen kan direct. Dit alles vat tyd. Meer as wat nodig is. Dan hou hulle aan met hulle ‘contacts’ in die Scorpions. Shame. Unieke sneeuvlokkies met contacts. Asof niemand anders iemand ken wat iemand anders ken wie se vriend se pa ook in die Scorpions is nie. Lekker om belaglik te wees. Maar ons smaak dit. Watkykjy trek mos belaglik op homself. Mos.
- * grifFin bly weg. Eintlik oral tussen Suid-Afrika, Nigerië en ander Europese lande as die Franse Revolusionêre Hugenote hom toelaat om op holiday te gaan. Internet she’s not beeg in die hart van Wes-Afrika. Plus die thought police en weird Franse mense het vir grifF onder die soeklig. Ag, maar ons kry darem die e-mails van bra grifF eventually hier.
- * Briekmerk doen globetrotting: Mos lekker mover en shaker. Kaapstad, Joburg, Amerika, Brittanje, Irak… oeps. Amper gee ek nou planne weg. Umm, ek bedoel Briekmerk is baie… uitstedig. En stuff.
- * Die duiwel se oorkussing: Maak jy bietjie ‘n snaakse sait en update dit gereeld. Ek fokken dare jou. Dink mos jy’s fokken main. Toe! Toe, waar’s jou sait? Bring hom.
- * Die duiwel: Uit die e-mails lei ek af dat baie mense reken ons is van die duiwel af. grifF se pel is mos juis Mister Hellboy. Ek check die link. O fok, dan het Rodney Seale my teen myself gewaarsku. O fok, kom weg van my af CHopper. Jy mag my nooit weer sien nie. Jy is van die duiwel. Whatever. Rrrtttt!
- * Maybe is dit soos ‘n groot party? Dis soos om kak te praat voor tydens en na raggas terwyl jy ‘n skuimkoppie deur die nek jaag en toe vergeet ons per ongeluk die electric hek oop en nou trap julle almal ons gras en dahlias stukkend. Cool ding is – jy kan loop net wanneer jy wil. Mar party mense bly en probeer vir ons uit die Bybel uit skree. Sharrap en sit op jou gat! Kyk, daar score die Bulls weer!
- * Algemene apatie: At the end of the game Darren, soos Naas sou reken, gee ons net nie fokken veel om nie. Ja, die sait is nice om te doen en dis lekker as ons oulike e-mails kry of mense wat kwaad is nog meer kan afpiss en al die meisies by partytjies net by jou wil wees en als, maar dis ‘n nice to have – jy check?
So daar het julle dit. Nogal ‘n comprehensive fokken uiteensetting van hoekom die altemit Afrikaanse sait in die heelal so min ge-update word. Maar ek stem saam dat dit heeltemal onregverdig is. Die lewe is taai. Deal with it.
Watkykjy staan op 3,056,584 post views in totaal sedert 1 November, 2019.