Na 'n vieslike Nuwejaarspaarty waar ons heeltemal te gespat geraak het en omtrent R600 se drank oppie beach in Sedgefield gelos het, het ek besluit om die volgende dag deur te skiet Kaap toe en te check of ek dit terug ook in drie ure kon doen. Vier ure later klop ek aan by bra Francois Blom van Kobus! om so bietjie kak te praat en so paar happe agter die blad te kry.
grifF: Jirre, is dit 'n normale ding om melktert te vriet as mens Gin drink? Francois: Hey pellie jy's nou in KOBUS!-country. Jy moes hier gewees het die dag met die Klippies en Crème Brule. grifF: Uhm, OK. Wie se Simba Roar With Flavour go-cart hang daaso in die garage teen die muur? Francois:Dis deel van 'n time-machine wat ek besig is om te bou. Ekt 'n sticker van 'n leeu opgeplak in case ek in 'n gevaarlike tyd land waar Ron Perlman grotmanne my dalk wil aanrand, maar dan is ek veilig want hulle sal skrik vir die leeu. Daars nog net 'n paar goeitjies om uit te stryk, soos hoe om dit te laat time travel, maar dis die minste van my probleme. En dan's ek outahere ou pellie. Dan vlieg ek trug in tyd en steel al die Beatles en Elvis en die Stones en Kiss en Sabbath en Robbie Clay se songs voor hulle dit doen en dan raak ek die heer en meester van Rock 'n Roll. Hiers die plan: Ek record al die beste songs of all time en release hulle one shot op 'n 10 vinyl set in 1960. Dan fake ek my eie dood, (dadelik legend status) vlieg terug na die hede en lewe op die royalties en lag vir die rylopers wat in die reën staan. grifF: Hierie melktert is fokken lekker. Het jou ma dit by Spar gekoop? Francois:Nee, ons boikot Spar want ek het nou al derduisende rande by hulle spandeer op Lotto kaartjies en het nog nooit die jackpot gewen nie. grifF: Klink soos my kafee ommie hoek. Jy sê daar is 'n tune op die nuwe CD wat die opvolg van Sondagmiddag (van die vorige Kobus! CD) is. Gaan die liedjie ook oor vleisiebraai of het dit meer te doen met waar jou huis is? Of sê jy so omlat RSG hom ook so baie gaan speel soos die ander tunes? Francois:Dis nie soveel 'n opvolg as wat dit dieselfde feeling is nie. En dis alles waar, dis op feite gebaseer. Dis 'n epic suburbs song. "Bonnie Brae". Daar is 'n hint na vleisiebraai maar ons mention net die skoorsteen. By the way, ons dring daarop aan dat die woord "BRAAIKRAAI" in die H.A.T. opgeneem word. Dis 'n nuwe Kobus!-woord. As daar enige ou toppies is wat hierdie soort goed mee te make het, maak asseblief werk daarvan want ons sal nie rus voor "BRAAIKRAAI" sy volwaardige, regmatige plek in die Afrikaanse milieu en samelewing volstaan nie. Maar ek dink RSG gaan 'Sien Jou Weer' speel. grifF: He-he, BRAAIKRAAI! Hoekom mag ons net in die fokken garage rook? Mens kan mos nie drink sonder om te rook nie man! Francois:Dis goed vir die time machine se duco. Dis soos camo. grifF: Ek is seker. Julle nuwe CD, 100% Skuldgevoelvry word eintlik as 'n DVD iewers in Maart ge-release. Kan jy die gabbas bietjie meer daarvan vertel en what's up met al die freak fokken nagmerrie mannetjies op die cover? Francois:Nie 'n DVD nie. Die CD mag dalk 'n video op hê as 'n bonus feature. Dis of Hoenderman of Boereplaas. Ek weet nogi watr een nie. Daars 15 tracks op die album en elke song het sy eie mannetjie, wat binne in die 20 page booklet in sy eie omgewing is. Voor op die cover staan hulle saam met my en Theo in 'n groepfoto. Die hele album word op die omslag gerepresent. Onthou jy "die goeie ou dae" van vinyl. Jy't 'n plaat gekoop en dan na die cover gekyk terwyl jy dit speel. As ek deesdae ou songs hoor sien ek altyd die albumcover voor my. So, ons CD booklet het 'n karakter vir elke song wat jy na kan kyk as dit luister. Want dis so main. grifF: Was daar enige veranderinge aan die band van laas jaar af? Ek sien byvoorbeeld jy gryp nou lewendige poppe op stage. Dit lyk lekkerder as daai plastic zaberpoppe van Adult World. Francois:Ja ons speel nou met 'n volle band. Wel, so vol soos dit kan kom. Baie van die nuwe songs is volle band-style geskryf, so dit moet so perform word. Ons speel steeds die electronic songs met backtracks, want dis hoe hulle geskryf was. So, 'n live set sal vol band en backtracks wees. Ek weet nie hoeveel ekstra musicians mens moet hê om die puriste tevrede te stel nie, maar ons het 'n drummer en 'n bassist by, hired guns. Ek en Theo is steeds KOBUS! Ek het vir Hannelie weggegee by n birthday party wat ons in Stellenbosch gespeel het. Die birthdayboy wou haar by my koop, toe gee ek haar mar weg as 'n present. Sy was gepuncture in elk geval. So nou het ek nie 'n stage-prop nie, nou gebruik ons maar dames uit die gehoor. grifF: Ja, hulle ruik ook lekkerder. Ek laaik daai tune van die Duiwel en die Engel wat tennis speel oor die muur wat die hemel en die hel verdeel. Is daar future avonture vir hierdie twee laities wat so goed oor die weg kom? Francois:Ja, daar is in fact nog 'n song oor hulle maar die album het klaar 15 tracks plus 'n video, toe besluit ons dat ons hom maar hou vir 'n latere album of 'n download van ons website af. P.S. Net vir die record, dit gaan nie noodwendig oor 'n duiwelkie en 'n engelkie nie. Luister bietjie dieper, Tannie. grifF: Hey, wie's jou tannie? Ek park in Nigeria en dis faktap, behalwe dat mens heeltyd fles vat. Jy sit in Dubai waar dit net so poeswarm is. Wat maak dit so cool daaso? Francois:Dit is nie cool nie. Dis 'n Arabierse Las Vegas sonder die dobbelary. Hier gan fokol aan nie. grifF: So by the way, hoe proe daai sooibrand steakroll van jou? Francois:Lekker saam met die Gin. Hey het jy geweet die chick wie se pen gesteel was is 'n jong Jennifer Aniston? Nou toe daar het jy dit. grifF: Sy was nogal huilerig oor die penne. Daai nuwe song 'Kultuurfeestent' hap nogal kak met die ou gewone faktap SA bands en veral die Afrikaanse groepe wat fokol talent het maar sale (veral skole en kerke s'n) uitverkoop. Wie het julle finaal afgepis lat julle hierie song gedoen het of is daar 'n hele spul roomyskinders gewees? Francois:"Ons is gyselaars in een groot Kultuurfeestent, word vermaak deur mense met meer selfvertroue as talent". Dis deedae baie maklik om iets op te neem, maar moeilik om vrygestel te kry. Toe skryf ek die 'as jou pa die geld het kan jy maar die vonke laat spat' liriek. Niemand het ons finaal afgepis nie, dis maar hoe ek nog altyd gevoel het. Kyk maar na die afrikaanse CD rakke. Ons het meer Afr CD's persentasiegewys teenoor die Afr bevolking as enige ander op aarde! Maar nou ja dis hoe dit is. En om nie te praat van musiekfeeste nie. Daars baie! En vandaar die ander song 'Volk van Main'. "Geniet wat jy luister moenie daaroor baklei en dan sal jy deel wees van die Volk van Main". Mense kan se ons contradict onsself, maar dis die hele punt. KOBUS! is skitsofrenies. 100% Skuldgevoelvry!! grifF: Fokken main! Daar is 'n stuk backward-masking iewers op 100% Skuldgevoelvry en dis fokken snaaks as mens dit terugspeel. Wie't in die messelaai geslaap om so skerp idee te kry? Francois:Nee ek weet nie waarvan jy praat nie, no comment, never heard of it, hey kyk daar's 'n olifant! grifF: Dis my acid wat inskop. As daar drome te bestel was, wat sou jy koop? Francois:Eks klaar besig daarmee. Die Simba Time Machine. grifF: Hoe lyk 2004 vir julle? Is daar lekker toere en performances om na uit te sien? Francois:Ja, die Kaapstad album launch is die 3de April, die Joburg launch is 15 April. Dan doen ons 8 shows in Gauteng en Bloem van 16 to 24 April. Hou die emails en ons website dop vir meer details – www.kobusmusic.co.za . Na die launch shows gaan ons weer Kaap toe. grifF: Julle is die beste Afrikaanse band in die heelal. Wie is die beste Afrikaanse Websait in die heelal? Francois: www.kobusmusic.co.za en die tweede wat hiermee gelykstaan, jy moet jou naaste. nee wag, www.watkyk.co.za grifF: Waar kan mens julle nuwe album in die hande kry en presies min of meer wanneer? Om nou presies te wees. Min of meer. Francois:Hoewel die CD eers 3 April in die winkels sal wees, kan lede van die volk van main dit klaar in die hande kry deur pre-orders te bestel deur ons record label te mail by ent@worldonline.co.za of check op ons website. grifF: Enige laaste gedagte wat jy nie dalk hardop wou sê nie en moet hardop sê? Francois:Ek gee nie om vir vergelykings nie Hou jy van die Mamba? Of hou jy van Steve? Soos die musiekbedryf groei in Afrikaanse tong Voel niks of hierdie cd vir jou cool is of nie Ja 'n blink toekoms wag, 'n wereld sonder vrees |
Watkykjy staan op 3,074,300 post views in totaal sedert 1 November, 2019.