Nou net weer watkykjy.co.za gelees vir die eerste keer in 'n lang ruk. Kom toe af op 'n storie "Die dag toe die All Africa Games amper begin het… in high spirits". Lees toe daar van 'n situasie wat homself afgespeel het in die Protea hotel. Jou moer man, ek was daardie "Engelse disaster satelliet programmer"! Ek program sommer die satelliet om op Abuja te val en al daardie halfgeboude geboue met hulle honderde hyskrane plat te val (gaan daai mense nooit iets klaarmaak wat hulle begin het nie?)
Joke net, maar ernstig nou, ek het daai volgende week wat ek nog daar was julle 'n paar keer probeer bel, maar die Abuja Protea se skakelboard claim nou nog "No answer at that number". Faktap sê ek jou. Hulle het ook getune ek bullshit hulle toe ek moan omdat hulle nie my room service binne 2 uur kan aflewer nie. Hoe durf ek! Hulle probeer seker ook maar net. So toe sit ek maar in my kamer en kyk Supersport (behalwe as dit so moer hard begin reën dat die sein verdwyn) elke dag terwyl ek nie werk nie vir die res van my tyd daar. Jammer ek kon julle ouens nie weer opspoor nie, ek dink dit kon nogal 'n lekker party geraak het.
Nou ja, nou dat ek weet wie agter watkykjy is sal ek dit selfs nog meer ondersteun en verkondig.
Cheers,
Richard Barry
Die disasterous satellite engineer
Watkykjy staan op 3,085,038 post views in totaal sedert 1 November, 2019.