Pronunciation: 'mod-l&n
Function: adjective
Etymology: alteration of Mary Magdalene; from her depiction as a weeping penitent
1 : drunk enough to be emotionally silly
2 : weakly and effusively sentimental
Die dag toe Johnny Cash dood is laat ek die mense weet. Ek kry daai aand vir Slyt in Sidewalk. Beswaard en boonop hoogs dronk. 'n Paar keer vertel hy my hoe hy amper die kar omgegooi het toe ek die tyding gebring het. Voorwaar 'n donker dag dink ek wrang.
Ons reël 'n wake vir daai Saterdag. Afskeid neem kan lank vat en 'n mens raak dors. En Johnny Cash is nou een artist waarvan mens afskeid moet neem in paaiemente. Definitief een van die good guys. 'n Ware original.
Ons slaan uit by Sidies die middag se kant al. Die "ons" waarvan ek praat is ek en die Prinses. 'n Wake moet in die middag begin. Altyd. Dis net ons wat daar is behalwe vir een of twee ander mense en die outjie by die bar. Ons ken nie die outjie by die bar nie. Dis weird want ons is locals. Koop 'n bier, strike effe conversation op. "Jy weet van die Johnny Cash wake?" waag ek oor 'n bier. "Ja, Stefan het my gesê," kom die antwoord terug.
Hy klink nie juis impressed nie.
'n Paar dreigoproepe later en bra Slyt wys gesig. Laat vir die wake, maar daar en alreeds ge-olie so dinge is fyn. Ou Danster is ok daar en het 'n Johnny Cash t-shirt aan. We break out the booze. So begin ons drink en gesels en dan meer gesels soos ons begin drink. Dis bietjie obvious om net oor Johnny te sit en gesels so ons trek sommer ander country dinge ook in.
Die outjie agter die bar kry 'n paar Cash CDs om op te gooi en nou loop die wake sommer lekker. Daai oggend juis die "American IV" album gekoop. Shooters word uitgedeel en selfs die barman word betrek. Dis lekker stil so hy sit sommer by ons op die tafels en raak getrek.
Dit raak donker en ons skuif binnetoe. Ander regulars begin oprock. Party mense is verbaas oor die country tunes wat sonder ophou deur die bar trek. Slyt ruk 'n Internet artikel uit en ek probeer dit lees in die lig van die cigarette vending machine. Nogal 'n nice artikel wat JR Cash se hele lewe cover van sy cotton-picking dae tot sy eerste band met 'n lot mechanics tot by SUN studios saam met Jerry Lee Lewis en Elvis. Verby sy marriage, drug addictions en involvement met die Carter Family en sy vrou June wat hom op die straight en narrow help.
Teen hierdie tyd gaan dit al so bietjie hierdie kant toe en dan daardie kant toe. Ek, Slyt, en die Prinses maak 'n lys van die top 10 Cash songs agterop 'n flyer wat ek plegtig belowe om te gebruik vir 'n Wat kyk jy? artikel. Die note is natuurlik promptly verloor na die event.
Die arme barman moet nou (half-dronk) deal met ander mense wat "gewone" musiek request en 'n spul hoogs dronk bliksems wat skree vir Johnny Cash en af en toe emosioneel agressief raak. Nie ons beste oomblik nie, ek admit maar jirre man die "Man in Black" is dood.
Ewe skielik is die video vir sy rendition van "Hurt" (oorspronklik deur Nine Inch Nails) soveel meer chilling meen ons almal present. En ons koop nog bier en sing dronk saam met van die liedjies se choruses. Baie mense skud bloot hulle koppe. Amper so sad soos 'n klein Japanese man laataand by 'n karaokemasjien.
Dronkheid begin vinnig aflos hardloop met goeie smaak en ek begin bier oor almal spuit. Party mense aanvaar dit gelate, party tree in die bresse en blitsvinnig tree ek op. My t-shirt word 'n lap en die tafel en klaers word vinnig drooggevee. Die stale bierreuk laat my amper gooi toe ek die klam lap weer aanttrek en toe besef ek dis tyd.
Ek en die Prinses gather ons CDs, down ons laaste drinks en sê baai. Dis al laat en ons is moeg wake gehou. Alles wat moes uit is uit en at least het ons nou finaal gegroet. Mooi loop Johnny, en stuur groete sover jy gaan. Erens word 'n dop aan jou opgedra.
Watkykjy staan op 3,064,443 post views in totaal sedert 1 November, 2019.